Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

toets


2011-07-19

In ’n onlangse onderhoud oor haar debuutbundel, Die lekkerste perske is ’n vy, praat Anne-Ghrett Erasmus oor die verhouding tussen skilderkuns en digkuns:  “Daar moet verseker kruisbestuiwing plaasvind, maar ek dink dis meer in die onderbewuste dat die kwas en die pen met mekaar gesels.” 

In plaas van nog ’n onderhoud oor die bundel het ek besluit om Anne-Ghrett se onderbewuste ’n bietjie na die oppervlak te tart, en vir hierdie kunstenaar-digter krummeltjies woorde en beelde op die water gewerp. Die uitnodiging was om in woord of beeld (of beide) op my lokaas te reageer.

Die onderstaande tweegesprek is die gevolg van hierdie spel/eksperiment.

Bibi Slippers

Anne-Ghrett Erasmus

Anne-Ghrett, by wyse van “ontmoeting” – as jy enige visuele simbool kan uitkies om jouself voor te stel – wat sou dit wees?


Witvrou in Afrika
Olie op doek

(Klik op die beeld om ’n groter weergawe te sien.)

Stillewe met druiwe, pruime, vye en ’n spanspek – Willem van Aelst

(Klik op die beeld om ’n groter weergawe te sien.)

Oordaad en dekadensie.
Bologne.
Umberto Echo On Beauty en The Name of the Rose.
Artisjokke en ryk risotto.
Piero della Francesca.

En veral ...

...Guiseppe Arcimboldo se Summer (1585). Hierdie skildery is vir my die begin van die surrealisme.

“ons drink die wyn en eet die brood
en tjoef tjaf is ons albei dood” – Breyten Breytenbach

 

Op my beurt laat hierdie skildery my nou weer dink aan daardie artisjok-gedig van Henning Pieterse ("Artisjok" uit Die burg van hertog Bloubaard). En dit verskyn mos ook op die voorblad van sy bundel Alruin.
“I decided that it was not wisdom that enabled poets to write their poetry, but a kind of instinct or inspiration, such as you find in seers and prophets who deliver all their sublime messages without knowing in the least what they mean.” – Socrates

Poësie is nie filosofie  nie, dis intuïsie wat in taal verwoord word. En dis die woord waaragter die digter loop, die woord wat hy/sy soek. Maar die soeke is nie ’n bewuste proses nie: ’n reël kom by jou op – nie noodwendig as reaksie op iets nie. Net woorde wat hulleself aanbied – en dan van daar af kom ’n vormgewing. Soms kan dit seker uitloop op ’n “waarheid”, maar dan is dit die woorde wat dit aanbring. Dis die woord wat lei; en dis die totale kennis van’n spesifieke taal (soos ’n moedertaal) wat die woord vrymaak om denke te genereer, en ’n estetiek te bring, en selfs soms ’n bewustheid van moraliteit.



CA 653335

deur Retha Ferguson

(Klik op die beeld om ’n groter weergawe te sien.)

 

 

 


99 Red Balloons deur Diek Grobler

(Klik op die beeld om ’n groter weergawe te sien.)


Magiese realisme.
Like Water for Chocolate deur Laura Esquivel (een van my gunsteling-boeke!)

Breyten Breytenbach – Detail uit Goree Memory

Breyten gee vlerke.  Letterlik en figuurlik.
Ons het by hulle gekuier in Spanje. Dit was ’n wonderlike somer. Hulle het ons oral rondgeneem: Barcelona (uitstallings van Picasso ens), Dali se vrou, Gala se kasteel in Pubol. Yolande is ’n fantastiese kok. Ons kon nie ophou eet aan al die wonderlike en interessante kos nie ... Hoenderpote geskroei oor die vlam vir die hoenderbredie … knoffel-en-tamatie-broodjies vir ontbyt … en nog baie meer.

Maar die grootste geskenk was – nee, daar was twee - Frida Kahlo se dagboek langs my bed.

Die tweede was die middag na die stiergevegte. Ons het buite gesit. Dit was laatmiddag. Nagtegale het al begin roep.

Breyten lees toe vir ons Lorca se “Lament for Ignacio Sánchez Mejías”.

(Klik hier om die gedig te lees.)

En dan die ongelooflike laaste strofe :

Lily-trumpet in the verdant groin
at five in the afternoon
The wounds burned with the heat of suns
at five in the afternoon
and the throng burst through the windows
at five in the afternoon
At five in the afternoon
Horrifying five in the afternoon!
The stroke of five on every clock.
The dark of five in the afternoon.

Ongetitelde foto - Bibi Slippers

Ek haal die eerste strofe aan van “Die moeder” deur Elisabeth Eybers:

Die vreemde oorsprong van jou lewe het
soos lig deur kristal deur my gevloei
in al die maande toe ek één was met
die stil geheim van jou verborge groei.

Swangerskap. Die lewe word ’n onderstebo en agterstevoor baadjie. ’n Ma leef binnetoe, veral as die kind in jou begin skop en jou buik ’n buik vol wriemel word.
 
(Onthou ’n oomblik toe ek by Musica ingestorm het. ’n Dringendheid het my laat smag na fluite. Vanaf daardie dag is kind en ek mal oor Vivaldi se 6 fluite-konsert OP 10. Luister hier.)

Blue Nude - Matisse

Matisse is bevryding in die dinge en doene van die lyf:
die wegbreek van grense, ’n uitbraak van lewe, kleure wat soos vrugte oopbars en oorloop in oorvloed lus.

My antwoord is...

...Matisse se Dans. Die sterk rooi en kontrasterende groen is so lewendig en gil van vreugde.


Willem Boshoff – Garden of Words

Pink Floyd se lied “The post war dream” op die album The Final Cut.

Languages are like cats: You must not stroke their hair the wrong way. – Yehuda Amichai

Taal is gevaarlik. Buiten die feit dat taal ’n kommunikasiemiddel vir die mens is,  kan dit ook ’n belemmering wees. Omdat mens verkeerd kan kommunikeer. Vanselfsprekend. Die ergste gevaar van taal is dat konstrukte daarmee geskep word waardeur valse werklikhede ontstaan, soos bv in die geval van ideologieë.

Op ’n persoonlike vlak kan jy vir jouself konstrukte skep waaraan jy self naderhand glo.

Sonder taal kan daar geen denke wees nie. As mens die belangrikheid van die moedertaal negeer, kan dit ook denke benadeel.

Alice in Wonderland, illustrasie deur Arthur Rackham

“Jabberwocky” deur
Lewis Caroll.

Klik hier om die gedig te lees.

Van kleintyd al ’n gunsteling.

Beeldhouwerk deur Ron Mueck

Dis gruwelik. Moet die werklikheid so enorm en eksplisiet weerspieël word? Waar is die verbeelding van die werklikheid?

Dit herinner ’n klein bietjie aan, en net in ’n mate, Lucien Freud: 

 

Benefits Supervisor Sleeping, 1995
Olie op doek, 150 x 250 cm
Privaat versameling

Tekening deur Kathe Kollwitz

Angs, dood, beskerming van ’n kind.
Austerlitz van Sebald (een van my gunsteling-boeke).

Paul Celan se "Deathfugue", vertaal deur John Felstiner.

Hierdie is die laaste strofe:

Black milk of daybreak we drink you at night
we drink you at midday Death is master aus Deutschland
we drink you at evening and morning we drink and we drink
this death is ein Meister aus Deutschland his eyes it is blue
he shoots you with shot made of lead shoots you level and true
a man lives in the house your goldenes Haar Margarete
he looses his hounds on us grant us a grave in the air
he plays with his vipers and daydreams der Tod ist ein Meister aus
       Deutschland

den goldenes Haar Margarete
den aschenes Haar Sulamith

Was jy al ooit by die Holocast-museum in Kaapstad?

Ons is sewende in die wêreld as dit by spanning, angs en vrees kom. Dit kan net sowel ’n ma in ’n voorstad in Suid-Afrika wees. Ek dink aan Horrelpoot deur Eben Venter en Disgrace deur JM Coetzee.

Ek haal aan uit Horrelpoot:


“Hy hef sy hoof magtig en uiter ’n laaste basuin: ‘Die horrel, die horrel’” – bl 310.


(Dis natuurlik gebaseer op Conrad se Heart of Darkness se Kurtz wat sê: “The horror, the horror!”)

I have nothing to give you, nothing to carry,
some words to make me less afraid, to say you gave me this.
Memory insists with its sea voice,
muttering from its bone cave.
Memory wraps us
like the shell wraps the sea.
Nothing to carry,
some stones to fill our pockets,
to give weight to what we have.

Uit “Memoriam” van Anne Michaels

My intuïtiewe lees hiervan  is die assosiasie met woord en geheue. Kan die woord geheue dra? Of is dit net ’n sak vol klippe? Is dit nie die magteloosheid van die verwoording van geheue nie?

Ook TS Eliot se “Rhapsody on a Windy Night.” Lees dit hier.

 

Ou foto van museumwerksers wat ’n olifantvel skoonmaak.


Andries Botha se olifante. 
Hoe laag kan  die mens nog daal?
Gaan kyk gerus na die volgende video.
Hoe ouer ek word hoe meer stel mense my teleur.

 

(Stilgreep uit video – kyk gerus na die skakel.)

Ek dink onmiddellik aan Birdy, die film deur Alan Parker. Dis gebaseer op ’n roman van William Wharton. Mathew Modine en Nicolas Cage het daarin gespeel. Peter Gabriel het die musiek gekomponeer. Dit was ’n ongelooflike film. Ek het dit as student gesien in die tagtigs en dit het ’n blywende indruk gemaak. Onthou nog steeds van die dialoog.

Rock
Paper

die reël
die gedagte
die aan en om skryf
dan die knip:
die wegskryf

scissors  

af·ter·thought
  [af-ter-thawt, ahf-] –noun

1.
a later or second thought; reconsideration.

2.
reflection after an act; an appropriate explanation, answer, expedient, or the like, conceived of too late for the occasion.

3.
something added,as a part or feature, that was not included in the original plan or design: The vestry was added to the church as an afterthought.

’n Gedagte na ’n hoofgedagte. Die hoofgedagte het dus aanleiding gegee tot die daarna-gedagte. Kan dit lei tot die na-gedagte wat ’n ander hoofgedagte bring?   So sou mens miskien gedagte en na-gedagte kon dekonstrueer?

Byvoorbeeld: wanneer die na-gedagte die hoofgedagte verdring, is daar nog iets soos ’n hoof-en-nagedagte? Is daar dan nog iets soos ’n gedagte?  

“If the vestry was added to the church as an afterthought”  was there a church then?
Die einde.