Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Oper(h)asie City Soiree


Bibi Slippers - 2011-07-14

Die week in woorde


Dis nooit lekker as jou verlede jou onverwags inhaal nie, maar dis haas onmoontlik om dit te vermy.

Dié week stuur Jaco Barnard-Naudé vir ons ’n verslaggie aan oor die City Soiree by die Book Lounge in Kaapstad, en wil jy meer: ek, my geliefde én my verlede maak ’n appearance in die verhaal.

Nou is dit seker maar tyd om vorendag te kom met die sak patats, om die verlede vierkant in die oë te kyk en om my geheime op die lappe te bring. Laat ek dit nou in die publiek erken: ek het ’n haas-ding. ’n Ding vir hase. ’n Obsessie of sorts. My ding neem die vorm aan van ’nintense belangstelling in alles wat enigiets met hase te make het – van boeke (soos Watership Down) tot films (soos Donny Darko) tot haas-parafernalia (soos my haasbedekte scatter cushions.) Ek hou van haas-gedigte (soos dié een ) en teken haasprente (soos dié klomp). En nou en dan, as die haas-gees my behoorlik beet het, verskyn ek in die publiek in haasoortjies, soos hier:

Hoe Jaco Barnard-Naudé van my haas-ding te hore gekom het, weet ek nie. Ek vermoed tant Meisie het hom vertel. Sy het haar mes in vir my – moontlik omdat sy jaloers gevoel het op my takbokborsspeld, of dalk het sy ’n oog op my boyfriend. Hoe dit ook al sy ... My haas-ding het nou aan die lig gekom en ek het dit erken. Dis mos die eerste stap na rehabilit-hasie? (’Skuus.) Nou hoop ek ek kan voortgaan met my literêre lewe sonder dat hierdie ou haasgeraamtetjie ooit weer uit die kas hoef te val.

Intussen kan jy die foto’s wat ek so vervaard geneem het hier sien.

As jy die geleentheid misgeloop het, kan jy van Loftus se gedigte hier lees. En as jy self wil sien hoe oulik is my boyfriend (die einste een op wie tannie Meisie haar oog het), klik hier. Of lees van sy gedigte hier. En as jy nou (met reg!) genoeg gehoor het van die hele ou self-behepte storietjie, haas jou af na die onderste deel van hierdie bladsy: daar is hierdie week weer ’n groot klomp ordentlike inhoud in die Nuwe Skryfwerk sp-hasie. Kug.

Oor en uit tot volgende week.

Naskrif: Eckhard Cloete besit nie ’n kamera nie, en Jaco Barnard-Naudé het nie sy artikel in opdrag van LitNet geskryf nie – maar ons verwelkom graag kreatiewe, verbeeldingryke reportage van poësie-geleenthede. :)

Splinternuut op LitNet


 

Nuwe verse op LitNet deur: