Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Ek het gewonder ...


TellMe - 2011-07-14

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek onthou dit soos gister. Ons was albei 18.

"Ag kom nou ... dit sal jou goed doen om bietjie uit te kom. Ons het albei bietjie ’n goeie kuier nodig, man. Dit gaan lekker wees. Ag asseblief!" Sy het net aanhou met smeek en pleit. Dit het nie saak gemaak hoe ek geprotesteer het nie.

"Ag ok ... Hoe laat begin dit en wat moet ek bring?"

"Agtuur, ’n vleisie en eie drinkgoed."

Toe ek aflui, het ek my gat geskop omdat ek ingegee het, maar het gedink dit sou my dalk goed doen. Dawid het my twee maande gelede gelos en ek was nogal menssku en bedruk. Miskien sal dit ’n goeie idee wees om die Gray's DVD-reeks vanaand te skip en bietjie uit te kom, het ek gedink. Daai rusbank het my in elk geval die afgelope paar weke heeltemal te veel gesien.

Toe ek halfnege by Shancha kom, was die gekuier al goed aan die gang. Ek het die gelag en gepraat deur die huis gevolg tot agter, waar almal al heerlik gesit en kuier het om die geroeste braaier. Daar was hope sexy ouens daar, maar ek was nie daai aand lus vir mans nie. Ek wou net lekker kuier saam met my girlfriends.

En ons het. Die wyn het gevloei en êrens tussendeur het ons ’n paar shooters ook gehad. Ons het saam gelag oor die onderwysers by die skool, die simpel terte en die koeke. Ons het gedans en gedrink en gekuier. Alhoewel dit heerlik was, het ek Dawid langs my bietjie gemis.

Soos die aand aanbeweeg het, het ek redelik track verloor met tyd en toe ek weer buite kom, was die meeste van die mense al weg. Dit was net ek, Shancha en ’n paartjie wat gelyk het asof hulle mekaar gaan insluk soos hulle gesit en vry het. Maar na Shancha se "Ag, just go and get a room" het die twee verkas. Ons twee het ons tuisgemaak voor die laaste van die warm vlamme. Stefan het haar ook omtrent die tyd gelos toe Dawid my gelos het en dit het haar ook so hard gevat soos vir my. Dronkverdriet was ons voorland.

En kom het dit gekom. Toe ek weer sien, sit ons in mekaar se arms en huil. Lang trane. Ek het opgekyk na haar. Haar groot groen oë het geblink in die laaste vlamme se lig. ’n Groot begeerte om haar te soen het my oorval. Ons lippe het mekaar ontmoet en ons het gesoen. Haar sagte rooi lippies teen myne. So sag, so sensueel.

Maar dis vinnig verbreek deur haar foon wat lui.

"Ek weet nie wat oor my gekom het nie," was al verskoning waaraan ek kon dink.

"Toemaar, ek weet ook nie hoekom ek jou ook wou soen nie. Moet die wyn wees," het sy dit skaam afgelag.

"Ek dink ek moet ook maar spore maak."

"Ek dink nie dis ’n goeie idee nie. Dalk moet jy oorslaap. As jy afgetrek word, is dit reguit tjoekie toe met jou."

Sy was reg. Ek het heeltemal te veel gedrink en het ingestem. Ons is toe in en het ’n krismisbed sommer daar voor die TV opgemaak.

Daar was ’n tipe ongemak tussen ons.

Terwyl sy gaan uittrek het, het ek vinnig tot in my onderklere gestrip en onder die komberse ingespring. Soos ek in die donker lê en wag het, het ek gewonder of die soen haar ook so lus gemaak het. Maar ek het my antwoord gekry toe sy langs my kom inkruip. In die flikkerende lig van die TV kon ek haar stywe nippels deur haar rooi satyntoppie sien.

"Het jy dit al voorheen gedoen?" het sy gevra terwyl sy stip na my gestaar het.

"Wat?" vra ek toe ewe onskuldig.

"Jy weet ... ummm ... ’n girl gesoen?" Sy het half gefluister en ek het intens bewus geword van haar liggaamshitte langs my en die vuur wat brand in my onderlyf.

"Nee, maar –" het ek myself kortgeknip.

"Nee maar wat?" was haar antwoord blitsig terug.

"Ek ... ek ... het al gewonder," was my biegende antwoord terug.

"Ek ook. En dit was baie lekker," was die skokantwoord wat ek ontvang het.

En toe stilte ...

Ek kon voel hoe sy stadig naderskuif. Ek kon haar asemhaling teen my oor voel en toe kom dit: "Wil jy weer?" en sy sit haar sagte hand op myne. ’n "Ja" is al wat ek kon uitkry voor ek haar sagte lippe weer op myne gevoel het. Dit was so sag, so sensueel, en soos ons tonge mekaar se monde verken het, het dit meer en meer lustig geword. My lyf het in auto-pilot gegaan. Ek het haar nadergetrek. Haar borste teen myne. My hande het haar sagte lyf begin verken onder deur haar satyntoppie. Stadig oor haar magie tot by haar sy. Ek het stadig opbeweeg al teen haar sy op en sy het in hoendervleis uitgeslaan en my meer hartstogtelik gesoen.

Al hoër en hoër, totdat ek haar borste se rondings gevind het. My hand het dit omvou en begin masseer. Haar hande het terselfdertyd my bra losgeknip en sy het my nippel tussen haar vingers geneem en saggies geknyp. Dit was uit die wêreld en my lyf het geskreeu van jagsheid. Sy het ons soen verbreek en my tone het gekrul toe ek haar sagte lippe op my nippel voel. So sag, so sensueel. Ek het haar toppie oopgeknoop en weer haar borste en nippels begin vertroetel.

Haar hand het verder afgegly tot by my sopnat swart g-string. Sy het my binnebeen eers saggies gestreel met haar vingerpunte voor sy hulle oor my heuwel gestreel het. Sy het die materiaal eenkant toe getrek en haar lang vingers in my sopnat gleufie laat ingly. Dit het my laat snak na my asem. Haar vingers het my klit gevind. Sy het saggies daarmee gespeel asof sy my lyf ken. Dit het gevoel asof my sappe uit my uitborrel toe my lyf geruk is deur ’n heerlike orgasme.

Die damwal het finaal ingegee en my hand het in haar satynbroek ingegly. Onder haar g-string in tot by haar nattigheid. Sy was papnat en vuurwarm. Sy het saggies gemoan toe my vinger haar klit begin streel. Ek het saggies met hom gespeel soos ek met my eie een doen. Elke beweging het haar net nader aan die afgrond gestuur. Toe die golwe van plesier haar lyf laat ruk, het sy saggies my onderlip gebyt. Ons het mekaar weer gesoen.

Ons het so half kaal in mekaar se arms aan die slaap geraak.

TellMe

(Enige kommentaar oor dié storie of enige van my ander kan gestuur word na s99091497@tuks.co.za.)