Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans

Kreatiewe Skryfkursus by La Creuzette, Frankryk


2011-07-13

Untitled Document

Kreatiewe Skryfkursus
Château La Creuzette in Boussac, Frankryk
26 Mei – 2 Junie 2012
Fooi: €2 750 pp
Bookings: (021) 461 2519

’n Oorgawe aan woorde, wyn en kuns

Algemene Inligting

’n Skryfkursus in ’n inspirerende ruimte op die Franse platteland.  Ontluikende skrywers kry die geleentheid om hul vir ’n week lank toe te wy aan hul kunstenaarskap, onder die bekwane leiding van een van ons voorste skrywers.

Hierdie unieke  Skryfkursus word aangebied deur dr Riana Scheepers, bekroonde Afrikaanse Skrywer, by Château La Creuzette in Boussac, Frankryk.  

Besoek  die webwerf by  www.lacreuzette.com – en maak jou gereed vir ’n kreatiewe avontuur!

Koste:  €2 750 per persoon wat deel, en sluit in :

  • Vervoer van Charles de Gaulle lughawe na la Creuzette . (Gasheer, Hardy Olivier,  ontmoet die groep op die lughawe in Parys) en treinrit terug na Parys aan die einde van die kuier,
  • Luukse verblyf met alle etes en drankies by La Creuzette (en restourante), 
  • Alle ekskursies (bv kastele, markte, tuine) asook toegangsfooie
  • Die Skryfkursus
  • Kookdemonstrasies
  • Kreatiewe oggend in die kunsateljee van Louis Jansen van Vuuren
  • Bo en behalwe die koste van die toer, moet jy net begroot vir jou vlug na Frankryk, die Schengen visum, asook jou eie sakgeld vir persoonlike inkopies.

Inhoud:  Die kursus sal nié net ’n skryfkursus wees nie, maar sluit ook in  ’n klas in  die skone kunste (aangebied deur Louis Jansen van Vuuren) en die kulinêre kuns (aangebied deur Hardy Olivier)  in die pragtige ruimte en tuine van Château La Creuzette.

Die kursus het ’n oorkoepelende tema:  die romantiese, avontuurlike skrywersloopbaan van George Sand (pseudoniem van Armandine Aurore Dupin). Sy was veel méér as net die muse en minnares van Chopin, sy was die suksesvolste skrywer van haar eeu (en besoeker aan La Creuzette).  Ons besoek  onder andere plekke waar sy gebly en gewerk het, in Boussac  en elders.

Die skryfkursus se doelstellings:

  • Om kursusgangers bekend te stel aan voortreflike tekste in ’n groot verskeidenheid belletristiese en joernalistieke genres,  natuurlik met ’n Franse tema.
  • Om kursusgangers te lei in die kritiese beoordeling van hierdie tekste, en die belangrikste:  
  • Om die skryfkuns van kursusgangers te ontwikkel en kreatiewe denke te stimuleer.

 
Hierdie kursus is dus nie slegs vir die literêr-begaafde persoon nie, maar vir almal
wat betower word deur die wonderwêreld van woorde.

Die temas van die week:

  • Tema 1:    Die Masker  (George Sand x Armandine Aurore Dupin)
  • Tema 2:   Klink die vokale van die bokaal …  (kos en wyn)
  • Tema 3:   Die sewe sluiers van  Parfuum       
  • Tema 4:   Die mistiek en religie van die kloostertuin  
  • Tema 5:  Die kunstenaar as minnaar   

Hierdie toer is ’n unieke simbiose van al sintuie.  Kom saam en laat jou oorrompel deur  die romantiese sensualiteit van die Franse platteland.

Slegs enkele plekke is nog beskikbaar vir die 2012 Skryfskool. 

Kontak vir Hardy Olivier by olivier-hardy@wanadoo.fr  of
Riana Scheepers by  rianas@mweb.co.za