Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Kennisgewings | Notices

Waterkloof vuur en vlam vir 2011 Stellenbosch Wynfees en Wynweek


2011-07-13

Untitled Document

Waterkloof wynproelokaal

Stellenbosch Wynweek en -Wynfees: Waterkloof
Waterkloof wynproelokaal
23 – 31 Julie: 10h00 vir 17h00
Toegang:  R70

Landgoed kóók met klassieke wyn-en-kos verlustigings by die kaggel

Waterkloof, die indrukwekkende kelder buite Somerset-Wes wat spog met sy kontemporêre argitektuur en asemrowende arendsblik oor Valsbaai, smeul met intieme kos-en-wyn ervarings,  knus by die kaggel in hul wynproelokaal, gedurende die 2011 Stellenbosch Wynfees en voorafgaande Wynweek vanaf 23 tot 31 Julie. 

Omhul in ’n kontemporêre glas-en-beton-koekon, kan vriende en familie snoesig kom voete opskop vir elegante Europese-styl wyne en heilsame verlustigings gedurende daaglikse gratis wynproeë in dié gesellige vertrek met sy deurdringende uitsig oor Waterkloof se amfiteater van wingerde en fynbos. Hier wink die groot oop kaggel wat omring word met gemaklike sitplekke jou nader vir informele, intieme wynproeë wat jy kan geniet met ’n Franse uiesop of mossels en skyfies – beskikbaar teen R70 per persoon vanaf 10vm tot 5nm.

Elke gratis wynproe sluit vyf van Waterkloof se jongste kelderskatte in.

Die Waterkloof restaurant bedien middag- en aandete vanaf Dinsdae tot Saterdae en slegs middagete op Sondae. Wat hierdie wynlandbestemming so besonders maak, is die groot oop spasies geraam met ’n nimmereindigende uitsig oor Waterkloof se amfiteater van wingerd en fynbos, wat mens ten alle tye in pas en deel van die natuurprag laat voel, maak nie saak of jy buite op die balkon sit of binne, heerlike kos en wyn geniet nie.

Vir meer inligting oor Waterkloof se feesaanbiedinge en om vir ete by die restaurant te bespreek skakel die landgoed by Tel: 021 858 1292 of stuur ’n epos na restaurant@waterkloofwines.co.za.

Besoek www.wineroute.co.za of skakel Tel: 021-886 4310 vir meer inligting oor die 2011 Stellenbosch Wynweek en Stellenbosch Wynfees.

Waterkloof Landgoed is geleë buite Somerset-Wes op die M9 Sir Lowry’s Pass Village pad.