Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Sing ’it > Bands

Sing 'it: Karen Zoid


Karen Zoid - 2011-07-12

 

TIME magazine en die US News & World Report het haar rol as ’n ikoon in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf beklemtoon. Eerstejaarstudente aan verskeie universiteite bestudeer haar skryfwerk as deel van hulle akademiese modules.

In 2003 is aanhangers bekendgestel aan liedjies soos “Beautiful” en “Ons soek rock & roll” op die album Chasing the Sun, en in 2005 het “Small Room” een van die mees gespeelde liedjies op Suid-Afrikaanse radio geword. Al drie hierdie albums het goue status bereik. “Aeroplane Jane” (Postmodern World, 2007) is die song wat vir die afgelope drie jaar die meeste op die lug versoek word. In 2008 wen sy het ’n SAMA-toekenning vir Beste Vroulike Kunstenaar in Suid-Afrika.

Oor die afgelope 10 jaar is Karen Zoid gevestig as ’n onmisbare kunstenaar - met ses grensverskuiwende albums, byna 20 000 shows agter die blad, verskeie toekennings (Beste Musiekproduksie, Beste Vroulike Kunstenaar, Beste Rock-album, Beste Liedjieskrywer, Beste Kontemporêre Album, ens), en optredes met Metallica, Annie Lennox, John Mayer, Seal, Collective Soul en Hothouse Flowers.

In Augustus skop sy af met haar 10-jaar-herdenkingstoer, Die Afrikaners is Plesierig Toer – 10 stede, 10 shows ...