Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

om ’n digter te dood


Adriaan Coetzee - 2011-07-12

Untitled Document

om ’n digter te dood

maak hom sy ossewawiel alleen opneem,
die wiel met die koraalhoutnaaf
wat vir hom bestem was.
laat hy dit by die hoogste mynhoop buite die dorp op rol.
daar sal ons hom aan die speke vasbind
vir kraai se kind
en as hy iets te drinke vra
dan doop ons die spons in sy taal.