Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Kennisgewings | Notices

Stellenbosch wynplase open hul kelders tydens Stellenbosch Wynweek


2011-07-12

Untitled Document


Warwick Wynplaas

Stellenbosch Wynweek
Paul Roos Sentrum
28 tot 31 Julie
Besprekings: www.webtickets.co.za

Jou amptelike kans om die beste van die Stellenbosch Wynlande te ervaar

Die 150 plase wat lede is van die Stellenbosch American Express ® Wynroetes maak reg vir ’n vet vaatjie vol pret om hulle 40ste bestaansjaar en die 10de Stellenbosch Wynfees tydens die laaste week in Julie te vier. 

Die fees wat by die Paul Roos Sentrum vanaf 28 tot 31 Julie plaasvind, is een van die Kaap se grootste en oudste kos- en wynfeeste onder een dak en word weer vanjaar voorafgegaan  met die gewilde Stellenbosch Wynweek propvol warm Wynland-gasvryheid. Besoekers kan hulle vanaf 22 tot 31 Julie op deelnemende plase van Suid-Afrika se oudste en mees gesiene wynroetes verlustig aan hope spesiale Wynweek kelderattraksies.

Die unieke Stellenbosch Wynweek bied ’n kleurryke reënboog van familie-vriendelike aktiwiteite insluitende opwindende speletjiesaande,’n filmfees, spesiale restaurant aanbiedinge, eksklusiewe wynmakersetes en onkonvensionele wynproeë.

Delheim skop die Stellenbosch Wynweek af met ’n aand van uitstekende wyne, kos en musiek om die Stellenbosch Kinderwelsyn te ondersteun. Die hoogtepunt van die aand is ’n enkelvertoning van Ariel Ramírez’ oeuvre ‘Misa Criolla’ deur die Suid-Afrikaanse Jeugkoor wat deur André van der Merwe begelei word saam met mezzo sopraan Minette du Toit-Pearce. Almal wat hierdie konsert bywoon word aangemoedig om ’n kombers saam te bring as ’n donasie aan die Stellenbosch Kinderwelsyn.

Simonsig, die leiers van Méthode Cap Classique in Suid-Afrika wat ook vanjaar die 40ste herdenking van hulle ikoniese Kaapse Vonkel vier, bied ’n in-diepte proe en ontdekkingsreis oor die land se heel eerste bottel gefermenteerde vonkelwyn. Hierdie uitmuntende Cap Classique ervaring sluit in ’n vertikale proe van Kaapse Vonkel en die vergelyking van hulle basiswyne gevolg deur ’n 2-gang maaltyd by Simonsig se glansrestaurant, Cuveé.

As jy ’n vonkelwynliefhebber is dan is Die Huis van J.C. Le Roux wat hom heeltemal aan vonkel- en Méthode Cap Classique wyne toewy, beslis ’n stopplek op die Stellenbosch Wynroetes. Wees verseker om die eksklusiewe Scintilla proe, wat die verskillende oesjare van hierdie keldertrots Cap Classique, te geniet. Die proe gaan gepaard met ’n verskeidenheid heerlike happies in die luukse Scintilla-sitkamer vir die tydperk van die Wynweek.                                                                                                
Met al die passie van die wynlande in een geweef, vier Stellenbosch Wynweek die pragtige verhouding tussen kos en wyn met ’n towerspel van spesiale etes. Die Ratcliffe familie en hoofsjef, Mark Springhorn, nooi 30 gaste uit na ’n intieme kos en wynaand op Warwick Wynplaas.

Neethlingshof met gasvrou, Katinka van Niekerk, die moeder van kos en wynparing in Suid-Afrika, sal interessante stories deel terwyl gaste aan ’n heerlike 3-gang wintergunstelingspyskaart kan smul. As wildsvleis jou ding is op ’n koue wintersdag, dan moet jy ’n draai by Vergenoegd gaan maak om hulle klassieke wyne met vier verskillende tipes wildsvleis carpaccio te beleef wat deur Mike Isreal van Pomegranate Restaurant voorberei is.

By Rust en Vrede kan jy saam met Jean Engelbrecht en wynmaker Coenie Snyman ’n 4-gang aandete geniet met Sjampanje met die aankoms en ’n wynproe van uitgesoekte toegekende oesjare.                                     

Stellenbosch Wynweek het ook baie om vir wynliefhebbers te bied wat na ’n meer intieme ervaring saam met die wynmakers hunker. By Clos Malverne kan jy jou eie Kaapse wynversnit maak en dit bottel saam met wynmaker Suzanne Coetzee en ’n onvergeetlike kos en Kaapse wynversnit paring geniet in hulle restaurant tussen die wingerde. As jy lus is om ’n bietjie te ontspan na jou harde dag in die kelder, kan jy jou lyf en siel pamperlang met ’n Cabernet en Pinotage druiwesaadliggaamskrop by Clos Malverne Spa.


Waterkloof

Waterkloof, die asemrowende “kelder in die hemelruim” op die buitereike van Somerset Wes met sy pragtige berg- en seeuitsigte bied tydens die Stellenbosch Wynweek gratis wynproeë rondom die oop vuurherd in die moderne proekamer. Toegespin in ’n koekon van kontemporêre glas en ’n betonsfier, kan besoekers kom wegval aan heerlike Franse uiesop of mossels en skyfies by die knetterende vuur.

Pinotage liefhebbers moet eenvoudig die eenmalige vertikale proe van 10 Kanonkop Paul Sauer oesjare kom beleef gevolg deur ’n tradisionele snoek braai. Vriesenhof sal ’n oesjaar- en vaatjieproe van Jan Boland Coetzee se beste en oudste wyne aanbied. By Le Riche kan jy rare oesjare van hulle uitsonderse Cabernet Sauvignon geniet of kom deel in ’n intieme wynproesessie saam met David Trafford by De Trafford Wyne.



Kanonkop

Daar is iets vir ’n ieder en elk insluitend families met kinders. By Middelvlei, kan ma en pa lekker wegval aan ’n fees van wyn en wildsvleisbederfies terwyl die kinders vermaak sal word met goeie tradisionele boeresportspeletjies soos eier-en-lepel, drie-been en kruiwa-resies, meelduik en vele meer.                                          

Vir iets meer ontspanne met die kinders, gaan maak ’n draai by Chabivin vir ’n pret belaaide piekniek en hope kinderaktiewiteite insluitend kuns en kultuur. Terwyl die kinders besig gehou word om die plaas te verken, kan ma en pa aan uitstekende Sjampanjes en stylvolle Suid-Afrikaanse Cap Classique teug met hul fynproewerpiekniekmandjies terwyl hulle na musiekvertonings luister.

Diegene wat ’n voorliefde vir kunsfilms het, kan gerus by Le Bonheur gaan aanklop vir ’n reeks van outydse flieks van stilflieks tot meer morderne, internasionale films wat in die herehuis aangebied word. Jy kan ook uitsien na ’n kleurspel van heerlike tapas.

Uitkyk maak speletjies van die winter met ’n Ete en 30 Seconds aand tydens die Stellenbosch Wynweek. Gryp jou jas en kry jou 30 Seconds maat vir ’n pretbelaaide aand van laghisterie gevolg deur heerlike wintersoppe met dik snye tuisgebakte brood en lekker ryk plaasbotter.

Gholf-entoesiaste moet nie die putjiekompetisie by Ernie Els Wyne misloop nie. Daar is lekker pryse om te wen vir die tydperk van Stellenbosch Wynweek. Jy hoef nie ’n voorspeler te wees om die afslaanboks  te betree nie – dis hope pret!

In ’n poging om vanjaar se Stellenbosch Wynweek en Wynfees meer toeganklik vir  besoekers van regoor die land te maak, is daar ook aanloklike verblyfspakette in en om die historiese dorp van Stellenbosch saamgestel wat wissel van sakpasverblyf op ’n werkende wynplaas tot ’n luukse oornag in ’n boetiekhotel.

Kaartjies vir die Stellenbosch Wynfees is beskikbaar vanaf R120 per persoon per dag as jy aanlyn bespreek, of R140 by die deur, terwyl ’n goue kaartjie van R350 jou toegang tot die hele fees bied. Toegang tot die opening van die fees – ’n eksklusiewe Wynkenner-aand vanaf 16h00 tot 21h00 op Donderdag, 28 Julie – beloop R160 per persoon vir aanlyn aankope, of R180 by die deur, en sluit heerlike versnaperinge in. Maak seker jy trek vroegtydig voordeel uit hierdie spesiale aanbiedinge vir aanlyn aankope deur www.webtickets.co.za te besoek.

Besoek www.wineroute.co.za of skakel Tel: 021-886 4310 vir besprekingsbesonderhede en meer inligting oor die 2011 Stellenbosch Wynfees, Stellenbosch Wynweek en spesiale verblyfpakkette.