Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Kennisgewings | Notices

Simonsig vonkel gedurende 2011 Stellenbosch Wynweek en Wynfees


2011-07-12

Untitled Document


Simonsig proelokaal

 

Simonsig Cap Classique ‘meestersklasse’ 
Van Niekerk Kamer, Simonsig landgoed
22 en 27 Julie
Toegang:  R350 (aandete ingesluit)

Simonsig, ’n baanbreker as dit kom by Méthode Cap Classique, sal ekstra sprankel aan die 2011 Stellenbosch Wynweek en Stellenbosch Wynfees verleen, siende hierdie legendariese landgoed vanjaar die 40ste bestaansjaar van sy ikoniese Kaapse Vonkel herdenk.

Simonsig vier hierdie mylpaal saam met die Stellenbosch American Express ® Wynroetes, wat ook vanjaar 40 jaar oud is, en sal aan entoesiaste ’n in-diepte proe en ontdekkingsreis oor die land se heel eerste bottel gefermenteerde vonkelwyn gedurende die laaste week van Julie bied. Dit vorm deel van vele besonderse Wynweek kelderattraksies wat by deelnemende wynplase gelëe op Suid-Afrika se oudste en mees gesiene wynroete vanaf 22 tot 31 Julie sal plaasvind gedurende die aanloop tot die jaarlikse Stellenbosch Wynfees.

Simonsig sal twee uitmuntende Cap Classique ervarings – op 22 en 27 Julie – aanbied wat insluit ’n vertikale proe van Kaapse Vonkel en die vergelyking van hulle basiswyne asook  ’n sensoriese 2-gang aandete in die landgoed se Van Niekerk Kamer.


Simonsig se wynmakers: Hannes Meyer, Debbie Thompson & Johan Malan

 

Gaan loer ook in by Simonsig se proekamer waar ’n informele wynproe van vyf landgoedwyne vir R25 aangebied word. Elke wynproe sluit ’n gratis proe van die Kaapse Vonkel in.

Wynliefhebbers kan ook aandring op ’n private wynproe in die gemak van hulle eie tafel wat R45 per persoon kos en ’n keldertoer en sabrage demonstrasie insluit. ’n Minimum van tien persone word verlang vir ’n private wynproe.

Tydens die Wynweek bied die landgoed ook ’n omvattende vonkelproe aan wat insluit die Kaapse Vonkel; Kaapse Vonkel Brut Rosé; die effe-droog Encore, en hul vlagskip Cap Classique, Cuvée Royale – teen R40 per kop.

Ander attraksies op die plaas sluit in Simonsig se Wingerddoolhof – die wêreld se eerste produktiewe wingerd wat in die vorm van ’n doolhof op Simonsig pronk – asook ’n kultivartuin van al die verskillende druifvariëteite op die landgoed.

Maak ook seker jy besoek Simonsig se stalletjie by die wynfees, wat by die Paul Roos Sentrum vanaf 28 tot 31 Julie plaasvind, wanneer keldermeester Johan Malan en sy span hulle jongste kelderskatte met besoekers sal deel.

Die Simonsig Cap Classique ‘meestersklasse’ kos R350 per persoon wat ook jou aandete insluit. Besprekings is noodsaaklik. Elke proesessies kan slegs 30 gaste akkommodeer. Om jou plek te bespreek skakel Simonsig by Tel: 021-888 4900 of stuur ’n epos aan: (lcronje@simonsig.co.za).

Besoek www.wineroute.co.za of skakel Tel: 021-886 4310 vir meer inligting oor die 2011 Stellenbosch Wynweek en Stellenbosch Wynfees.

Simonsig Wynlandgoed is geleë buite Stellenbosch op die Kromme Rhee pad tussen die R44 en R304.