Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2011-07-12

Untitled Document


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Julie:

DIY vir Divas, Dryfhout, Die groen strook, Sloet alleen, Tamara.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Formaat:

215 x 280 mm, Sagteband
ISBN:
9780799349719
Prys:
R160,00



Klik en koop

DIY vir Divas
Skrywer:
Janice Anderssen

Ek doen dit sommer self

DIY vir Divas is ’n eenvoudige gids vir die vrou, uit die oogpunt van ’n vrou. Dié nuttige boek leer jou meer oor die verskillende soorte gereedskap en toebehore wat nodig is vir basiese huisherstelwerk en doen-dit-self-projekte. Daarna lei dit jou stap vir stap deur ’n aantal projekte. Begin met klein projekte en opknappingstakies en kort voor lank sal jy die vertroue hê om groter en moeiliker take aan te durf!

DIY vir Divas is ook in Engels beskikbaaras DIY for Divas. Beide boeke is beskikbaar by toonaangewende boekwinkels asook direk vanaf die uitgewer. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek www.lapa.co.za.


Formaat:
129 x 198 mm; Sagteband
ISBN:
9780799348828
Prys:
R190,00

Klik en koop


Dryfhout
Skrywer:
Chanette Paul

Die magiese realisme wat onderliggend aan Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer was, word voortgesit en voltrek in Dryfhout. Dit is ook die laaste boek in die Gys Niemand-reeks. Die legende van die visvrou, Annie Niemand, word uiteindelik ontrafel aan die hand van dagboeke wat die hoofkarakter, Aengel, van haar voorsaat Angelique d’Avignon erf.

Hoewel daar heelwat subplots is, knoop alles uiteindelik aan die hooftema: die vloek wat Annie Niemand oor die Niemands en hulle nasate uitgespreek het, en die gevolge daarvan. Dit is hierdie vloek wat gelei het tot die eienaardighede van die Niemandsdorp-omgewing en sy mense soos dit in al die Gys-boeke na vore kom.

Die volledige Gys Niemand-reeks, met splinternuwe voorblaaie, bestaan uit Springgety, Boheem, Fortuin, Meetsnoer en Dryfhout, en isbeskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Formaat:
190 x 235 mm; Sagteband
Prys:
R245,00
ISBN:
9780799349566  

Klik en koop

Die groen strook: ’n Suid-Afrikaanse gids vir ’n groen leefstyl
Skrywer:
Michelle en Riaan Garforth-Venter

Begin vandag groen leef!

Die groen strook: ’n Suid-Afrikaanse gids vir ’n groen leefstyl
skop af met ’n volledige lys terme wat jou reis tot ’n groener leefstyl sal vergemaklik. Die boek word verder in drie afdelings ingedeel, naamlik:

  • Die wêreld waarin ons leef: Skets ons huidige situasie en waarom dit nie meer onderhandelbaar is om ’n groen leefstyl te kweek nie.
  • ’n Groener leefstyl:Verskaf praktiese raad en idees om jou alledaagse lewe groen aan te pak.
  • Die groter prentjie: Verskaf inligting oor die probleme wat ons tans het met die lug wat ons inasem, grond, die diereryk, ons flora en die kuslyn en gee praktiese oplossings vir in en om die huis, die kantoor en oral elders vir die onderskeie aspekte.

Michelle en Riaan gee raad oor hoe hulle hul eie huishouding en leefwyse groen aanpak. Dit sluit onder meer in hoe om jou eie skoonmaakmiddels en kosmetiese middels te maak, asook jou eie komposhoop en wurmplaas, en die voordele daaraan verbonde om hoenders op jou erf aan te hou.

Die boek is ook beskikbaar in Engels as The green line. Beide boeke is beskikbaar by toonaangewende handelaars, op The green line TV-webtuiste, en ook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700 of ons webblad by www.lapa.co.za.


Formaat: 
129 x 198 mm;
Sagteband
ISBN: 9780799351101 Prys: 
R150,00




Klik en koop


Sloet alleen
Skrywer: Paul C Venter

Sloet Steenkamp, sy Annette, grapjas PJ Buys, Cornelia, James Kerwin – saamgeweef in 'n storie vol lag en seer en spanning wat die krag en menslikheid van die Arende-reekse na 'n verstommende nuwe hoogtepunt voer.

Dis die Tweede Wêreldoorlog en Sloet en sy vriende probeer nog steeds om die Engelse uit die Republiek te verdryf. Saam maak hulle ’n plan wat deur die Duitsers ondersteun word – hulle stuur selfs ‘n duikboot na die kus van Duitswes om te kom help! Maar intussen gebeur daar dinge met mense wat Sloet laat wonder oor wat werklik belangrik is ...

Sloet alleen isbeskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.


Formaat:
129 x 198 mm; Sagteband
Prys:
R165,00
ISBN:9780799351453




Klik en koop

Tamara
Skrywer: Chanette Paul

Die Davelvroue
Die historiese liefdesroman in sy suiwerste vorm.
Sewe vrouens se belewing van die liefde van 1899-1938


Op aandrang van lesers is die eerste boek van die heruitgawe van die Davelvroue-reeks, Tamara, so pas gepubliseer - met ’n splinternuwe voorblad!

Tamara (1899–1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense wat grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?Tamara is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.