Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

’n Handsak vol woorde


Bibi Slippers - 2011-07-06

Die week in woorde

Ek was einde verlede week by die bekendstelling van Fourie Botha se digdebuut, Donkerkamer. Dié week is die boek in my handsak, sodat ek dit maklik kan bykom om te lees. En te kyk. Dis ’n bundel wat die verhouding tussen woord en beeld op verskeie vlakke ontgin.

Fourie beskryf die lees van die bundel as volg: “Jy stap in ’n donker kamer in – dit maak nie saak waar jy begin of eindig nie.” Vir my is dit soos om in ’n handsak rond te krap – ’n baie opwindende en classy handsak, let wel. Ek vind allerhande skatte. As jy my nie glo nie, kyk my foto’s. Foto’s lieg mos nie. Of wel?

Kry Fourie se bundel as jy kan. Dit sal jou ’n ding of wat oor foto’s en oor woorde leer.

Splinternuut op LitNet


Nuut op PoësieNet:

Herwonne-woorde-poësiekompetisie

 

Maak ’n digterlike draai


Loftus Marais lees Vrydag voor uit nuwe werk by The Book Lounge. Klik hier vir inligting.