Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfraad

Nicole Jaekel Strauss gee raad aan voornemende kortverhaalskrywers


Nicole Strauss - 2011-07-05


Nicole Jaekel Strauss se raad aan voornemende kortverhaalskrywers


My (beskeie en versigtige) raad aan kortverhaalskrywers is:

  • Die belangrikste is om te begin. Kom aan die skryf. Moenie te veel dink oor wat jy wil skryf nie; later gaan jy in elk geval baie daarvan weer verander. Moet veral nie te veel praat oor wat jy wil skryf nie, skrýf dit net.
  • Kies ’n tema en werk daarvolgens.
  • Verbeel jou in jou verhaal in.
  • Eksperimenteer met verskillende stemme.
  • Vermy sentimentaliteit.
  • Sodra jy aan die gang gekom het, is dit die slot wat die belangrikste is – ’n slot wat nie werk nie, verg dikwels ’n nuwe begin.
  • Skryf oor en oor, en weer oor.
  • Lees baie, en lees krities; wees net so puntenerig oor ander mense se werk as oor jou eie, en leer daaruit.
  • Maak notas deurentyd.
  • Hou van wat jy doen. Anders sal niemand daarvan hou om dit te lees nie.