Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2011-07-05

Untitled Document

Nuut by NB-Uitgewers dié Julie:

Kos vir die kenner, Abel se lot, Talia vat grond, Kyk my in die oë, As jy 'n ster sien verskiet en The Write Stuff

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798154802
Prys: R230


Kos vir die kenner
C Louis Leipoldt

Hierdie boek, ’n aangepaste herdruk van C Louis Leipoldt se Kos vir die kenner van 1933, bevat meer as 2 000 resepte wat self deur dié meestersjef en -digter getoets is; eindnotas vir Nederlands in Afrikaans; meer as 20 rysresepte, meer as 80 appelresepte, en resepte vir Suid-Afrikaanse en internasionale geregte.

 


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798152921
Prys:R190


Abel se lot
Chris Karsten

Boek twee in die Abel-trilogie.

Ella Neser is met verpligte siekverlof ná haar noue ontkoming aan Abel Lotz se skalpel. En sy is vasberade om hom te vang voor hy weer moor. Wanneer ’n inbraak uitloop op ’n sterfgeval, keer Ella terug om die skuldiges aan die pen te laat ry. Is Abel Lotz terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?

Klik hier en koop jou eksemplaar van Abel se lot nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Queillerie
ISBN:
9780795800238
Prys: R175



Talia vat grond
Melissa Scharneck

ISBN: 9780795800238 | R175|
Ná 10 jaar is genoeg genoeg, besluit Talia – die man moet gaan. Maar dis makliker om te skei as om klaar te kry. As dit nie vir goeie mense, wortelkoek en rooiwyn was nie … Daar’s nie tyd vir skottelgoed was nie, maar tyd vir grondvat, dit máák ’n mens.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Talia vat grond nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624048916
Prys: R180


Kyk my in die oë
Elsabé Brits

Elsabé Brits was ’n ervare misdaadverslaggewer, vir wie moordtonele daaglikse roetine was – maar dit was veel makliker om te hanteer as bipolêre siekte. Hier praat Elsabé openlik – oor die kil gange van ’n psigiatriese saal, haar verlatenheid van vriende, hulp, en uiteindelik van haarself. Maar dit is ook ’n storie van oorwinning.

Klik hier en koop Kyk my in die oë nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624052869
Prys:R120


As jy ’n ster sien verskiet
Maya Fowler

Die sestienjarige Riekie Taylor is tydelik uit die skool geskors, haar broer lê sterwend aan Vigs-verwante oorsake by die huis, en haar ma cope glad nie. Sy kan dit nie meer uithou nie en besluit om haar pa in Kaapstad te gaan soek. Op pad is sy in ’n ernstige motorongeluk betrokke en beland sy in ’n klein dorpie, heeltemal afgesny van haar “vorige lewe”.

Klik hier en koop As jy 'n ster sien verskiet nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Pharos
ISBN:
9781868901210
Prys: R157,95


The Write Stuff: The Style Guide with a Difference
DJ Dykman, JDU Geldenhuys & EE Viljoen-Smook

“Happy new year” or “happy New Year”, “ATM’s” or “ATMs”, “contents” or “content”, “advise” or “advice”, “you and I” oryou and me?”, “08:00”, “08h00”, “8:00” or “8 am”? This new and expanded edition of The Write Stuff makes it even easier to communicate meaningfully and effectively in every situation.

Die heruitgawe van The Write Stuff maak dit nog makliker om effektief in Engels te praat en skryf. Die uitleg is meer gebruiksvriendelik, en aktiwiteite met antwoorde agterin die boek help met vaslegging en toepassing.

Klik hier en koop The Write Stuff nou van Kalahari.net!