Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Die mediese sy van die skryfbedryf


Bibi Slippers - 2011-06-30

Die week in woorde


Ek lees onlangs ’n kort onderhoud in die New Yorker met Jonathan Safron Foer, skrywer van Everything is Illuminated en Extremely Loud and Incredibly Close. Hy sê daarin dat hy gereeld twyfel oor sy keuse van beroep:

For a long time, I thought I would like to be a doctor. Such a good profession. So explicitly good. Never a waste of time. No obstetrician goes home at the end of a long day and says, “I delivered four babies. What’s the point?”

Party weke wil ek ook voel ek doen iets waardevol. Dis daarom dat ek my hierdie week op die mediese sy van die skryf-bedryf toegespits het. Klik hier en besoek LitNet se Kortverhaalkliniek, die enigste baba wat ek dié week die lewe ingehelp het.

Hoe kan ek jou help? As daar iets is wat jy graag wil weet oor die skryf van gedigte of kortverhale, stuur jou vraag aan gedigte@litnet.co.za of netfiksie@litnet.co.za, en ek sal kyk of ek iemand slim kan vind om jou vraag te beantwoord.

Tot tyd en wyl hoop ek almal is druk besig om geboorte te skenk aan gesonde klein pennevruggies om die woordwêreld te bevolk. En ingeval jy twyfel: dit is waardevol!

Splinternuut op LitNet


 

Nuut op PoësieNet: twee gedigte deur Celeste Fritze.

Herwonne-woorde-poësiekompetisie

 

Maak ’n digterlike draai


Loftus Marais lees binnekort voor uit nuwe werk by The Book Lounge. Klik hier vir inligting.