Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die veiling


Ian Hendrix - 2011-06-30

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Die wentelrestaurant waarin die veiling plaasvind, is op die 55ste verdieping van die Magic Sun Hotel in Magic Street op Lantau-eiland, waar Hongkong se Disneyland duisende toeriste en besoekers lok.

Die geleentheid is as “black tie” geadverteer, en toegangskaartjies kos $500 elk. Dit het darem ’n glas vonkelwyn en vingerkossies ingesluit. En vanselfsprekend ’n geleentheid om met die crème de la crème van die sosiale gemeenskap in Hongkong uit te hang en met ’n vol beursie te spog.

Opbrengs van die veiling is ten bate van die fonds wat veronderstel is om die oorstroomde dorpe en stede in Japan op te bou. My uitnodiging het ’n handgeskrewe nota ingesluit dat een van die plaaslike gemeenskapsorganisasies waarby ek betrokke is, ook by die veiling se opbrengs sal baat.

Ek sien haar toe ek die lokaal uit die hyser-portaal binnestap. Sy is petit, met raafswart hare en ’n engel-gesig. Haar hande is opvallend mooi, en haar styfpassende uitrusting voltooi die aantreklike prentjie.

Sy sien ek staar na haar, betas haar hare met een van haar pianis-hande en glimlag asof dit spesiaal vir my bedoel is.

Ek neem ’n veilingskatalogus by die fyn mannetjie wat dit uitdeel. Ek bekyk die veilingsitems en maak notas op die katalogus.

Die klokkespel roep die gaste en kondig aan dat die veiling oor ’n uur sal begin. Gaste word genooi om hulle aan drankies en eetgoed te help. Altesaam 99 items is op die veilingslys aangedui, en langs nommer 100 verskyn die kriptiese uitdaging: “She will be announced.”

Wie “She” is, is duidelik ’n geheim.

Ek bekyk die eerste skildery op die lys. “Annemone en papawers” is die titel. Die skilder se naam is vir my onbekend, maar ek kan seker nie verwag om elke skilder op aarde te ken nie.

Toe ek agteruit tree om die skildery van verder te beskou, praat ’n engelstem agter my. In Afrikaans, maar met ’n herkenbare Italiaanse of Spaanse aksent. Die stem kom van die pragtige vrou wat ek voorheen raakgesien het.

“Riana Capri,” hoor ek die stem aankondig. “Jy is Brink Breda? Ek herken jou van jou foto in die laaste uitgawe van Hong Kong Art Scene.”

My mond gaan oop, maar my stembande laat my momenteel in die steek. “Aangename kennis, Riana. Capri is ’n Italiaanse naam, maar Riana klink asof jy ’n Vrystaatse nooi is?”

Haar mooi mond glimlag mooi, en haar groot bruin kykers vonkel toe sy antwoord: “Korrek, Brink. Vader Luigi is Italiaans, en moeder Toinette is ’n Vrystaatse nooi wat my na haar matriek-onnie vernoem het. Toemaar, ek verwelkom die geleentheid om my Afrikaans te oefen – al is dit in Hongkong. Kyk jy om te bewonder, of om by jou indrukwekkende versameling te voeg?” Sy glimlag weer, en die twee rye perfekte spierwit tande laat my drome droom en gesigte sien.

Voordat ek kan antwoord, neem sy my arm en lei my na nommer 21. “Wat dink jy hiervan?”

Dit is ’n groot en indrukwekkende werk. Postimpressionisties, blokgemonteer sonder sigbare raam. Die kleure speel teen ligstrale in die driedimensionele agtergrond. Die skildery vang my vas en ek raak eers weer bewus van die pragtige vrou by my toe sy aan my arm vat en vra: “Is jy oorbluf?”

Ek soek na die besonderhede op die katalogus, maar Riana neem die dokument vriendelik uit my hand. Terselfdertyd sien ek die skilder se naam ontbreek in die linker-onderste hoek.

“Kom, ek wys jou nog ’n verrassing”, en daarmee stuur Riana my na die teenoorgestelde kant van die uitstalruimte. Sy gaan staan voor item #99. Ek onthou dat die katalogus verwys na #100, en dat “She” later bekend gemaak sal word.

Ek vra: “Wat het van #100 geword?”

Riana neem my hand, druk dit en glimlag weer haar glimlag wat ’n skare sal ontsenu. Sy kyk op haar horlosie.

“Kom, as ons gou maak, is ons betyds terug vir die veiling.” Asof ek geen seggenskap het nie, stuur sy my in die hysbak se rigting.

’n Paar geruislose minute later stap ons uit die hysbak op die 39ste verdieping. Die bordjie wys na Suite 3901 en ek word sonder eie wil ter slagting gelei.

Die deur na Suite 3901 was skaars agter ons toegemaak, of Riana gaan tot aksie oor. Eers waai my baadjie met die handige hulp van die petit meisie. Dan my das, en dit word gevolg deur haar sy-bloes wat met een strik om haar middel vasgeknoop is.

En ek ... protesteer ek nie?

“Riana, hoe het jy geweet ...?”

Sy beantwoord my vraag deur haar hande om my nek te slaan en my gesig nader te trek. “Sjuut ... moenie die oomblik skaad nie.”

Ons lippe ken die pad. Ons tonge het nie advies nodig nie. Haar lyf brand teen myne. My onderbroek raak ’n paar nommers te klein.

Riana se klere het op pad na die slaapkamer op die vloer beland. Myne het op die groot gemakstoel in die kamer beland. Die bed in Suite 3901 is groot, en die beddeken is sag en luuks.

“Kom, Brink, ons het nie baie tyd nie. Ek moet jou ervaar en beleef voordat jy oor 30 minute op een of meer van die kunswerke gaan bie.”

Sy het my mond na haar mooi borsies gelei, en haar hand het die pad na my nederwaartse dele gevind. Haar vel is sag onder my lippe, en die paar ligbruin haartjies wat strategies oorgebly het tydens ’n algehele ontharing, was reeds vogtig van ’n eiesoortige aandoening toe my vinger die welgevormde lippies en opening verken. Sy gryp my hand en plaas dit op haar strategiese plekkie. “Vryf my asseblief Brink, vryf my tot die sappe loop.”

Ek gehoorsaam, en elke keer nadat my handpalm afwaarts gevryf het, vind dieselfde hand se voorvinger die vogtige glybaan na genot. Riana hyg toe ek my hand stilhou, en eers twee en toe drie vingers laat inglip. Terselfdertyd slaan sy haar bene om my middellyf voordat die uitnodiging kom.

“Brink, as jy my nie nou penetreer nie, spuit ek jou buitendien papnat. Moet my nie verder martel nie. Ek is gereed ...”

Van my planne om die res van die koppeling stadig en rustig te laat gebeur, het niks gekom nie. Riana se sluitspier is effektief en met die rol van haar gebruikersvriendelike heupe het sy die pas aangegee. Asof sy geweet het dat my oorbel ’n voorspelbare effek het, het sy aan die regterbel begin lek en suig. Tien stote later het sy gegil, en ek het tegelykertyd gespuit.

Ons het vinnig gestort en aangetrek en was net betyds in die veilingslokaal om die verkoopsvoorwaardes te hoor.

Ek het #29 gekoop – weliswaar ten spyte van entoesiastiese kompetisie van ’n lid van die blousel-brigade. Die skildery het ’n ereplek in my studeerkamer.

By #99 het Riana haarself verskoon. Die afslaer verduidelik dat ’n spesiale skildery uit die stoorkamer gebring sal word en as #100 opgeveil sal word. Daar is egter ’n vreemde voorwaarde aan die verkoop verbonde. Op versoek van die kunstenaar moet die skildery onder haar toesig gehang word. Die suksesvolle koper moet onderneem om die kunstenaar se vliegkaartjie en akkommodasie te betaal wanneer sy die hangery sal bestuur.

Twee handlangers stoot ’n waentjie die lokaal binne. Daarop is ’n skildery, maar dit is onder spierwit lakens toegemaak. “Number 100 – Self-portrait” pryk op ’n bordjie. Die lakens word verwyder en die skildery wat in sagte beligting vertoon word, slaan my asem weg.

Dit is ’n naakstudie van Riana Capri – deur Riana Capri.

Ek kyk rond, maar sien haar nie. ’n Selfoon vibreer in my baadjiesak, en ek is verbaas, want ek het nie my selfoon saamgebring nie. Ek haal die vreemde instrument uit en beantwoord die oproep.

“Onthou die voorwaarde, Brink. Ek sal self die skildery kom hang. Terloops, die volle opbrengs uit die verkoop van #29 en #100 sal geskenk word aan die Brink Breda Studiefonds vir Belowende Jong Kunstenaars wat in die laaste uitgawe van die Hong Kong Art Scene aangekondig is. Ek wag vir jou in Suite 3901. Moet my nie teleurstel nie.”

Die afslaer kondig aan dat die reserweprys vir #100 ’n stywe $100 000 is. Ek ignoreer die wenk, en bie $30 000. ’n Paar minute later is die bod $235 000, waarop ek reageer met $390 001 om met Suite 3901 te klop. Die afslaer wag nie vir meer aanbiedinge nie, en slaan die bod op my toe.

“The successful bidder is Dr Brink Breda, who is particularly well-known as the owner of Madiba 2, the racehorse that won the One Million Derby last Saturday. Dr Breda is also known for the Young Artists Study Bursary that was launched a few weeks ago. After his horse won the One Million Dollar Derby last week, Dr Breda announced that he would donate a large portion of his prize money to the bursary fund named after him.”

Toe die toejuiging bedaar, het ek my vinnig uit die teenwoordigeheid van die uitgelese gaste verskoon. Die hyser was gelukkig reeds in posisie.

Ek het sag aan die deur van Suite 3901 geklop. Die deur is onmiddellik oopgemaak. Ek kon opnuut bevestig dat die skildery en model dieselfde persoon is, want Riana het my poedelnaak ingewag.

Vir die volgende twee uur het Riana Capri en Brink Breda elke posisie in die Kama Sutra probeer, en vervolmaak.

Humorsin is ’n nuttige en effektiewe seksstimulant. Humorsin, en die besef dat jy jou lewensmaat op die mees onverwagte tyd en plek raakgeloop het.

Daar word egter ook beweer dat geld, mag of gevaar mans se seksuele prestasie voordelig beïnvloed.

As gevaar met vrees vervang word, pas dit my gedagtes daar in Suite 3901 van die Magic Sun Hotel in Hongkong. Ek was bevrees ek skrik wakker en besef dat Riana Capri net ’n droom is.

Die skildery is volgens voorwaarde deur die kunstenares gehang. Ons dubbelbed is so geplaas dat die lieflike naakstudie altyd deel is van ons eie herlewing van daardie eerste aand se gebeure.

Ek het nie ’n sleutel vir die voordeur van ons huis in die luukse voorstad van Hongkong nie. Riana maak self die voordeur oop wanneer ek liggies klop. En ons klere waai gereeld stuk-stuk voordat ons in die slaapkamer “ontspan”.