Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Lééf bring ’n gesonde porsie sielsverryking na die Vryfees


2011-06-30

Untitled Document

Sielskalender-bekendstelling
Die Kunstetrust Odeion, Bloemfontein
13 Julie 2011: 09h30
Toegang: Gratis (Besprekings noodsaaklik)


Sielskalender, die nuwe inspirerende geskenkboek uit die pen van Elize Parker word op 13 Julie 2011 in samewerking met Lééf-tydskrif by die jaarlikse Vryfees in Bloemfontein bekend gestel.

Vir enige reis is padkos een van die eerste dinge waarvoor ons sorg. ’n Happie energie is noodsaaklik om te verseker dat mens gefokus en wakker bly totdat jy veilig by jou bestemming aankom. Wanneer dit kom by jou lewensreis is daar geen uitsondering nie en is padkos net so belangrik.

Sielskalender bied daaglikse inspirasies vir 52 weke. Die boek bestaan uit verskeie temas, wat wissel van gebedsvoorstelle, maniere oor hoe om na ander uit te reik asook boodskappe van motivering, bemoediging en vertroosting.

Die hardeband boek is volkleur en elke boodskap gaan gepaard met treffende fotografie. Sielskalender is nie datum vas nie en dus kan jy jou jaar van verryking op enige dag en datum begin. Gebruik die boek in jou alleentyd of in ’n groep saam met vriende.

Elize Parker is ’n gesoute skrywer van verskeie romans waaronder liefdesverhale, familiesages en ’n tieneroman. Sy het grootgeword in die Vrystaat maar woon tans in Kaapstad waar sy haar brood en botter as joernalis en medewerker by Lééf tydskrif verdien.  

Geen mens is ’n eiland nie en soms het selfs die gehardste selfstandige genie ook ’n woordjie van ondersteuning nodig; of dit ’n inspirerende woordjie of ’n bemoedigende gebed is, almal het sielskos nodig om die lewensreis met panache aan te pak. Sielskalender is die perfekte gebalanseerde porsie om jou eetlus vir sielskos te bevredig.

Meer inligting oor die bekendstellingsfunksie:

Elke gas ontvang ’n Lééf-pakkie om huistoe te neem. Daar sal gelukkige trekkings plaasvind  waarin Lééf intekeninge en Struik geskenkpakke gewen kan word. Hoewel bywoning gratis is, is besprekings noodsaaklik. Vereseker jou plek deur vroegtydig by Angelique Naude te bespreek. Kontak haar op 011 263 4706 of stuur ’n epos aan Angelique.naude@leef.co.za  

  • Leef word uitgegee deur Media24 Vrouetydskrifte, uitgewers van SARIE | FAIRLADY | IDEAS | SHAPE | SEVENTEEN | LÉÉF | TUIS | SA GARDEN | YOUR PREGNANCY | YOUR BABY | BABA&KLEUTER