Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

’n Maanlignag


Netekke - 2011-06-30

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek moet bieg ek geniet die lewe en my drange en begeertes – weet nie of dit altyd so eerbaar is nie, maar ek geniet die gevoel daarvan.

Ek is al bietjie meer as 30 jaar getroud en het saam met manlief goeie wedervaringe beleef. Ons het altyd eietyd gemaak in ons huwelik; dan het ons ’n rustige tydjie af gehad, net ek en hy.  Op een so ’n geleentheid is ons die naweek weg na ’n warmwaterbron – dié met hidroliese spuite in die swembad.  Ek weet nie of julle al die sensasie beleef het as jy reg voor die spuit gaan staan en die gevoel op jou klit ervaar nie (wel, dit is hemels). 

Die aand voor ons vertrek terug huis toe het ons gou ’n laaste swem gaan vat. Daar was bitter min mense in die swembad, want dit was al redelik laat in die aand.  Soos gewoonlik het ek in ’n donker, stil hoekie vir my een van die spuite uitgesoek, my broekie weggetrek en my klit reg voor die spuit  gedruk vir ’n lekker komsessie.  Manlief het ’n ent buite die swembad op ’n stoel gesit en my dopgehou – hy hou daarvan om vir my te kyk as ek myself bevredig.  Terwyl ek so in vervoering besig is, voel ek skielik ’n hand van agter af deurkom; saggies en onseker begin hy my klit saam met die water masseer.  Ek kyk op en sien dit is nie manlief nie – dié sit met ’n grinnik op sy gesig en een massiewe knop in sy broek. Hy trek toe maar die handdoek daaroor.  Wel, hy het nie ’n probleem nie en daar is nie veel mense so laat in die swembad nie, toe gee ek my oor aan die oomblik en geniet dit.  Met die warm asem wat in my nek blaas, die styfheid wat van agter af teen my skuur en die vreemde hand by my vinger saam met die gespuit van die water op my mees sensitiewe deel, kry ek ’n orgasme wat my hele lyf lam laat, en my laat kreun van genot.  So met die lê teen die kant van die swembad vat ek my hand na agter en haal ’n klipharde paal uit die vreemde man se swembroek. Ek  trek my broekie weg, gaan sit so half op hom en druk sy manwees in my waar my lippe hom diep insuig tot agter in my genotstonnel.  Dit is net waarvoor hy gewag het – ons ry mekaar tot ons saam ’n klimaks bereik; hy skiet sy saad binne-in my, ons kreun van lekkerte, my tone krul en ons liggaame ruk saam van genot.  Met ’n laaste rukbeweging trek hy sy meneer uit em met ’n soentjie in my nek en ’n dankie vir ’n wonderlike ervaring in my oor swem hy weg.  Met bewerige bene klim ek uit en stap na manlief toe, waar hy nog steeds met die handdoek oor hom sit – dit help nie veel nie, want sy meneer druk met alle mag daarteen. Ons maak ons goedjies bymekaar en begin aanstap na ons blyplek toe. 

Dit is volmaan –  die maan gooi helder strale uit die hemelruim; in die stilte is net die gekwaak van paddas en die geskree van krieke om ons.  Manlief sit sy arm om my en druk my styf vas terwyl ons loop; met ’n seksbelaaide stem vertel hy my die jagsheid drup uit hom uit – die toneeltjie by die swembad het hom ongelooflik jags en hy gaan nou net hier onder die hemelruim met my seks hê.  Ons soek die naaste bosse, gooi die handdoeke oop en laat waai met die klere – twee naakte liggame in die maanskyn wat hunker na mekaar. Ons gee nie om of enigiemand ons kan sien nie, sak neer op die handdoeke en sy lippe vind my klit, waar hy my suig tot ek kerm van genot en hom smeek hy moet ophou. My tong vind sy piel en die pêrels word van die klipharde kop afgelek; hy word diep binne-in my mond gedruk en ek suig sy klipharde genot; met my hande streel ek sy koeëlronde balle totdat hy hom met moeite vinnig van my mond bevry.  Ek word omgedraai tot op my knieë en hy penetreer my van agter af, waar hy met ruwe bewegings tot binne-in my druk. Saam bereik ons ’n wonderlike klimaks; ons liggame ruk orent; spastiese bewegings druk ons dieper in mekaar totdat ons later uitgeput langs mekaar neersak, onder die helder maanlig met die geur van seks rondom ons.  So  staan ons op en loop met ons naakte liggaame langs mekaar terug na ons blyplek.  Wat ’n ervaring om so in ’n openbare plek rond te loop sonder enige klere aan, nippels wat nog kliphard uitstaan met ’n meneer langs my wat maar nie pap wil word nie en liefdesap wat uit my drup en teen my bene afloop.

Die volgende oggend was dit oppak en huis toe gaan. Ek het bly wonder of die vreemde man weer na my gaan soek het by die swembad.  As hy dalk op hierdie webwerf lees – hy sal weet wie hy is – baie dankie, dit was wonderlik.