Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Rubrieke | Columns > Suzette Kotzé-Myburgh: Fliekvlooi

Flikker: The Adjustment Bureau – ’n intrige-belaaide wetenskapfiksie-liefdesverhaal


Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30

Untitled Document

The Adjustment Bureau
Regisseur:
George Nolfi
Kamerawerk: John Toll
Rolverdeling: Matt Damon, Emily Blunt, Anthony Mackie, John Slattery, Terence Stamp
Looptyd: 105 minute





’n Bloedjong politikus (Matt Damon) se briljante verkiesingsveldtog om senator te word, ly op die laaste oomblik skipbreuk. Terwyl hy sy verloorder-toespraak in die manstoilette oefen, ontmoet hy ’n vrygeestige danseres (Emily Blunt). Daar is ’n onmiddellike aantrekkingskrag tussen hulle – en dis net mooi waar die manne met die hoede intree om te sorg dat hulle uitmekaar gehou word (geen verdere verduideliking oor die hoede nie – dit sal te veel van die storie verklap).

 Hierdie intrige-belaaide wetenskapfiksiefliek, wat werk met die oorbekende konsep van parallelle werklikhede, is in wese ’n liefdesverhaal. Dit stel die vraag: Hoeveel vrye keuse hét ons as mense nou eintlik? Wat my selfs meer interesseer, is die veelkantige voorstelling van “die opperwese” (’n pragtig simpatieke vertolking deur Anthony Mackie) wat dit bied.