Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Nuusbrief: Vrye Woord

Vrye Woord-nuusbrief – 04.06.2011: Weer tyd vir burgerlike verset teen die muilbandwette


2011-06-29

Untitled Document


04.06.2011

Weer tyd vir burgerlike verset teen die muilbandwette

Ons veg saam met die versetstryders

Vrye Woord was een van die talle organisasies wat van die begin af saam met die pers teen die muilbandwette en –praktyke van die ANC gekant was. Ons het mnr. Zwelinzima Vavi persoonlik gelukgewens toe hy onverskrokke standpunt daaroor teen COSATU se alliansievennoot die ANC ingeneem het en hy het sy waardering betuig. Hoe belangrik sy verset simbolies was en is, blyk uit die uitwerking van die “Vavi-effek” waaroor Beeld hieronder berig. Hy ontvang ons nuusbrief en ons wil dus weer sê: Bravo, Zwelinzima! Die stryd vir vryheid was nie verby toe ons ’n demokrasie gekry het nie – die stryd vir spraakvryheid lê nog voor.

As die ANC hom dan doof vir die breë publiek wil hou, is dit duidelik dat sy heethoofde nie kritiek uit eie kring so maklik gaan ignoreer nie. Mnr. Ronnie Kasrils, ’n vorige minister van intelligensie, en SAMWU is nog kragtige stemme van verset wat hieronder bygevoeg word. Terwyl hulle die klem op die Grondwet laat val, moet ons miskien aanvaar dat ons die geveg tot by die Grondwetlike hof sal moet voer. Die ANC sal nie toegelaat word om sy Polokwane-beloftes te vergeet nie.

Vrye Woord het ook ’n webtak WikiLigni in die lewe geroep sodat verklikkers/fluitjieblasers anoniem daar kan vertel wat elders in die doofpot gestop word. Ons het al verskillende insiggewende wenke gekry en is besig om veral die gekonkel van groot oliemaatskappye soos Shell op te volg. Ons gereelde kommentator Herman Toerien laat die kollig op die posisie van hierdie moedige groepie verklikkers binne die voorgestelde muilbandwetgewing val. Gaan hulle monde toegeklap word?

Dit is inderdaad so dat talle individuele organisasies magte teen die tirannieke wette monster. Ons nuwe redaksielid, Theresa Papenfus, vra egter tereg waarom daar nie ’n algemene openbare protes is nie. Sy kry reeds reaksie daarop op Vrye Woord se Facebook-blad. Gaan neem gerus deel.

Moenie die petisie teen omgewingsplundering op LitNet vergeet nie! Gaan teken dadelik by die blou hart.

And what about the Constitution?

Ronnie Kasrils sounds a very stern warning: “The issues under discussion are complex and sensitive and we need to ensure the proposed legislation does not undermine our Constitution and Bill of Rights. Discussions at parliamentary committee stage so far have not inspired public confidence that the issues have been sufficiently canvassed and considered. (. . .) To this end it is noteworthy that the Bill recognises the harm of excessive secrecy.”

SAMWU puts it clearly: The proposed bill undermines the Constitution. "The parliamentary caucus must stop and listen to what civil society is saying, and engage them to find a democratic solution to the challenges they believe the current and inappropriate bill will address.”

Vrye Woord/Free Word will help keep up the battle of civil society until the Constitutional court hands down a verdict, which will probably happen.

Redaksionele veranderings

Ons verwelkom Theresa, hoof van Litera Publikasies, as lid van ons redaksionele raadgewers. Daarmee verstewig ons ook verder die band met woordwerkers se bondgenote, die uitgewers. Sy het onlangs baie aandag getrek as skrywer en uitgewer van Pik Botha se ongemagtigde biografie.

Nog ’n welkome toevoeging tot die redaksie is Johann Rossouw wat lankal by die publiek as skrywer, filosoof en redakteur bekend is. Hy het veral ’n groot lesertal opgebou met sy rubriek “Glasoog” en ook die filosofies-estetiese diskoers verstewig met sy redaksteursbetrokkenheid by Die Vrye Afrikaan en Fragmente.

Ons neem met ’n swaar hart afskeid van ’n stigterslid, John Miles, wat al talle dekades lank ’n vaandeldraer vir die vrye woord was. As skrywer en mededirekteur by Taurus het hy nog altyd die politieke maghebbers se verdraagsaamheid met sensuur uitgedaag. Naas ons twee se deelname aan die Afrikaanse Skrywersgilde as versetorganisasie teen spraakonderdrukking en apartheid, het ek sy verbanne roman Donderdag of Woensdag  by die Appèlraad op Publikasies gaan verdedig – dit is daarna ontban. John was van die begin af ten gunste van rotasie by die redaksie en ons gun hom meer skeppende skryftyd. Baie dankie aan die man wat nie van doofpotte hou nie.



‘Vavi-effek’ tref inligtingwet

Pieter du Toit

(Beeld, 2011-06-03 – uittreksel)

Kaapstad. – Die “Vavi – effek” is besig om sy tol te eis.Die ANC het gister vir die soveelste keer gevra dat die leeftyd van die parlementêre ad hoc-komitee oor die voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting verleng word.

Boonop vergader dié party se leierskorps die naweek met hul ampsgenote van Cosatu nadat die vakverbond die ANC met die konstitusionele hof gedreig het as “grootskaalse” veranderings aan die wetsontwerp nie aangebring word nie.

Cosatu en mnr. Zwelinzima Vavi, sy hoofsekretaris, was die afgelope week skerp krities oor die ANC se benadering van die wetsontwerp en het dit as ’n bedreiging vir Suid-Afrikaners se demokratiese regte bestempel.

Dit is opgevolg deur soortgelyke kritiek deur die Treatment Action Campaign (TAC), die burgerlike organisasie Section 27, die Helen Suzman-stigting én oudmin. Ronnie Kasrils, wat die wet in 2008 vir die eerste keer voorgelê het. AfriForum is ook besig om ’n regsmening na die wet se grondwetlikheid in te win.

Me. Dene Smuts (DA) het die voorstel om die keerdatum uit te stel waarop aan die Nasionale Vergadering (NV) verslag gedoen moet word, verwelkom.

“Dis duidelik die ‘Vavi-effek’ is besig om ’n invloed te hê,” het sy op ’n komiteevergadering aan ANC-LP’s gesê.

Cosatu het die voorstel ook verwelkom en in ’n verklaring gesê hy hoop die tyd word gebruik om die verskeie “problematiese wetsbepalings” te heroorweeg.

Die komitee was veronderstel om sy werksaamhede teen 17 Junie af te handel en op 24 Junie aan die NV verslag te doen.

Mnr. Luwellyn Landers het namens die ANC gesê dit is vanweë die parlement se vol wetgewende program moeilik om genoeg tyd aan dié wet af te staan. “Ons het egter nie ’n spesifieke datum in gedagte nie, dalk twee weke nadat die nuwe parlementêre sessie in Julie begin het. Die huidige datum is onvoldoende en gee ons te min tyd om die wetsvoorstel na behore te oorweeg.”

Mnr. Cecil Burgess (ANC), komiteevoorsitter, het gesê dit beteken nie die voet word van die versneller gehaal nie. Hy het aan LP’s gesê hulle het ’n verantwoordelikheid om die wet spoedig af te handel, maar dat hy ’n nuwe sperdatum aan die parlement se voorsittende beamptes sal voorlê en ’n nuwe komiteeprogram sal saamstel.

Die ANC se versoek is ’n drastiese ommekeer van die afgelope twee weke se vasberadenheid om die wetsontwerp so gou moontlik afgehandel te kry. Burgess het verlede week aan LP’s gesê daar kan nie eindeloos oor gedebatteer word nie en die ANC het sy meerderheid gebruik om bepalings goedgekeur te kry.

Daar was ná Cosatu se kritiek Dinsdag ’n sigbare versagting in die ANC se benadering en die party was blykbaar ontvankliker vir opposisievoorstelle.

Mnr. David Maynier (DA) het gesê sy party is optimisties dat daar genoeg hoop en ruimte vir sinvolle debat en betekenisvolle aanpassings is.

Die wetsontwerp is steeds giftig en onenigheid bestaan nog tussen die DA en die ANC oor kritiek belangrike definisies en die wenslikheid van ’n openbare-belang-verweer.



Inligtingswet – Wat van die verklikkers?

Herman Toerien

Die ANC se woordverbreking en ongekende haas om ’n hoogs omstrede wetsontwerp deur die parlement te stoomroller, kry nou algaande weer teenspoed in eie geledere. Cosatu dreig die regering nou met die grondwethof sou belangrike konsessies nie gemaak word nie, en die oud-minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, spreek bedenkinge uit. Kasrils is ’n lid van die SAKP, en die kommuniste is nie juis bekend dat hulle menings – en persvryheid baie goedgesind is nie. Maar hier sit hy sy voet neer.

’n Baie interessante stertjie wat algaande ’n kernelement teen die beoogde wetgewing begin word, is die posisie van verklikkers, ook bekend as fluitjieblasers.

Ten spyte van omvattende wetgewing wat veronderstel is om verklikkers wat korrupsie en ander wanpraktyke in die ope bring te beskerm, bevind hulle hul in die praktyk dikwels as vry buit, en bly hulle in die slag.

Dit gebeur ondanks ’n uiters belangrike en rigtinggewende saak in die arbeidshof waarvolgens ’n minister, Panuell Maduna, in die slag gebly het.  In 2006 het ’n afgedankte adjunk-direkteur-generaal van die Justisie, MM Tshishonga, die destydse Minister, Maduna, en direkteur-generaal, Vusi Pikoli arbeidshof toe geneem en gewen.

Die feite van die saak is dat Tshishonga besef het Maduna bevoordeel ’n vriend met likwidasietenders, en het dit sonder sukses eers by Pikoli, en later by dr. Essop Pahad, minister in die presidensie aanhangig gemaak. Toe al sy amptelike opsies uitgeput is, en hy self verskuif is, het hy die saak na die media geneem. Maduna se kop moes noodwendig rol, maar Tshishonga is afgedank. Die arbeidshof het egter beslis dat hy geen ander opsie gehad het nie. Pikoli het geweier om hom weer aan te stel, en het uiteindelik weer bloedneus gekry en Tshishonga het ruim kompensasie gekry.

Die probleem waarmee verklikkers te kampe kry, is dat hulle, om korrupsie aan die kaak te stel, dikwels van vertroulike inligting van hul werkgewer gebruik moet maak. Die uitlek van vertroulike inligting, bly volgens die arbeidsreg egter steeds een van die gronde waarop ’n werknemer ernstige teenspoed kan kry en selfs ontslaan kan word, en so ’n proses ontaard dikwels in ’n baie moeilike en tegniese opweeg van regsbeginsels en belange. Openbare belang weeg byvoorbeeld swaar.

Die gevaar van die nuwe wetgewing is dat baie inligting nou amptelik geklassifiseer kan word. In ’n hipotetiese geval, is daar ’n korrupte ooreenkoms tussen ’n staatsdepartement en ’n privaat maatskappy wat vir die maatskappy ’n groot tender besorg. Om te keer dat dit op die lappe kom, klassifiseer ’n gemagtigde in die departement die inligting hieromtrent, en ’n verklikker wat dit uitlap, kan tot 15 jaar agter tralies beland. Hy kan hom nie meer op openbare belang beroep nie.

In die praktyk gebeur dit dikwels dat verklikkers eers sukses behaal met die aanspraak van korrupsie as hy, soos Tshishonga, die media nader. Dié soort sake is die kos van die al skaarser wordende ondersoekende joernaliste van formaat. Maar ook hy kan sy ou dae agter tralies sluit.

Heel waarskynlik is Cosatu reg in sy aanname dat die grondwethof sulke wetgewing ter syde sal stel. Dit neem egter nie die kommer weg dat die regerende party so vasbeslote is om donkerwerk te verskans nie. Voeg hierby dat daar steeds deurlopende oproepe uit die ANC kom om die mediatribunaal in te stel.

Dit is nie heeltemal ’n verrassing nie – iemand moet die blaam vir die ANC se effens swakker vertoning in die afgelope verkiesing kry, en die media is maar te dikwels ’n gerieflike slaansak. Hierdie geveg geniet werklik baie aandag.

Wat egter nie minder belangrik is nie, is dat fluitjieblasers behoorlik en ordentlik beskerm moet word. Die Wêreldbank beskou korrupsie as die diefstal van ’n land se toekoms, en die land kan nie ’n kleptokrasie by sy – soos dr. Jakes Gerwel dit geleentheid gestel het – vrotsige regering bekostig nie.



Waar is die sterk openbare protes?

Theresa Papenfus

As daar iets is wat my onrustiger maak as die regering se voorgenome mediawetgewing, is dit die afwesigheid van sterk openbare protes daaroor. So asof die voorgenome inligtingswetgewing 'n koerantding is wat die res van die samelewing nie raak nie, asof die mediaplanne nie uiteindelik die vryheid van die individu in 'n demokratiese bestel wil en sal aantas nie. Klaarblyklik was 'n vrye pers skadelik vir die regering vlak voor die verkiesing.Te veel mense het te veel van sy vergrype te hore gekom, dus is die media tot vyand verklaar en wil die ANC die wetgewing nou so gou moontlik deurjaag. Die openbare beskermer het haar stem gevoeg by dié wat die planne kritiseer, want "die doeltreffendheid van my kantoor berus op die publiek se vermoë om toegang tot inligting te hê." Wat meer hoef gesê te word? As die gelate stilswye veel langer voortduur, kan bekhou ons voorland word. Behoede ons!



Ronnie Kasrils warns on Secrecy Bill

Ronnie Kasrils

01 June 2011

Former Intelligence Minister expresses concern at rush to pass legislation

Protection of Information:

Letter from Ronnie Kasrils, 1 June 2011

Even at this late stage, one would remind our legislators of the adage, "more haste less speed."

The rush to complete the Protection of Information Bill by the parliamentary committee is worrying and will lead to huge problems and unnecessary tensions in the future. I hate to envisage the unforeseen consequences. It will certainly undermine public trust in the intelligence and security services at a time when confidence needs to be built.

The issues under discussion are complex and sensitive and we need to ensure the proposed legislation does not undermine our Constitution and Bill of Rights. Discussions at parliamentary committee stage so far have not inspired public confidence that the issues have been sufficiently canvassed and considered.  All agree that the outdated 1982 Act must be repealed and that a democratic state has the need to protect sensitive state secrets.

To this end it is noteworthy that the Bill recognises the harm of excessive secrecy. However what is of concern is that the proposed legislation is excessively broad and unfocussed; certain of the penalties (other than that relating to espionage) are consequently extremely harsh; and the crucial need for a "public interest" defence clause is ignored.

The legislation should be primarily concerned with concrete acts which could cause genuine and real national security damage: such as attempts by civil servants to sell state secrets to foreigners or anyone else; the creation of false and deliberately misleading information by civil servants; the wilful identification of secret service employees; photographs of classified government installations. 

Since freedom of expression is a dearly won principle of our liberation struggle it needs to be treated as sacrosanct outside the narrow national security sphere. This must allow the public to gain access on a "public interest" argument as a successful way of the media uncovering government incompetence where it may occur.

In any democratic society worthy of the name there needs to be a clear understanding that government has no right to limit media coverage of stories that are embarrassing – or in the end shown to be only partly true. This is why a "public interest" defence is so crucial to any such security legislation.

It is for this reason that there needs to be flexibility to protect "whistleblowers" where a public interest defence is applicable. Such allowance in the legislation by no means need protect those with a mischievous or sinister intent. Its absence is anathema to freedom of information and of expression.

It is imperative that this principle be fought for. It is not only a matter of media freedom. The requirements of the poor and needy – of those who are cheated by the powerful, the wealthy or the officials who squander the public purse or who fail in service delivery – can only be supported by a free press, by investigative journalism and research, by lively civic organisations.

A pertinent aim of this legislation from its original conception, has been the creation of a system to enable the declassification of masses of government documentation. The system envisaged is so complicated and so hampered by lack of clarity that government will be creating a bureaucratic nightmare. This will act as a regression both from the public right to access   information and to freedom of expression. Civil society is absolutely correct to ask government to think again and not rush in where angels should wearily tread.

Ronnie Kasrils – former Intelligence Minister.

Source: Right2Know, June 1 2011



SAMWU: Bill undermines Constitution

SAMWU


We wholeheartedly endorse the position of our federation, the Congress of SA Trade Unions, in criticising the current state of the protection of information bill," Samwu spokesperson Tahir Sema said in a statement.

Numerous organisations and individuals have criticised the special committee on the bill, accusing it of trying to rush the proposed legislation through Parliament in its present form.

"We are also alarmed that the ANC parliamentary caucus is using its majority to ensure that no significant improvements and safeguards against abuse of the bill are being taken into consideration," Sema said.

"If the protection of information bill goes ahead, it will not only enable a whole range of municipal documents to be classified as secret, but will also serve to protect those who are misusing their positions for private and nefarious gain," he said.

Sema said that once information was classified, anyone found in possession of it would be liable for prosecution.

‘Undermines Constitution’


"In other words, if a municipal employee discovers corruption taking place and seeks to report the matter, they will not only be deemed to have exceeded their powers, but could be dismissed, and if they publicly disclose the documents can be prosecuted [leading to] whistleblowers and concerned citizens [being] criminalised," he said.

"If this bill is passed in its current form, there are likely to be more service delivery protests, not less. There is likely to be more corruption, not less, and there is likely to be more disenchantment with our democratic society and its institutions."

Sema said the bill was ill-considered and undermined parts of the country's Constitution.

"Section 32 of the Constitution states that everyone has the right of access to (a) any information held by the state and (b) any information that is held by another person and that is required for the exercise or protection of any rights.

"Furthermore, Section 16 states that everyone has the right to freedom of expression, which includes freedom of the press and other media," he said.

"In the interests of our democracy and the freedom of our people to access information and use it to ensure that their rights are protected, this bill must be stopped in its tracks.

"The parliamentary caucus must stop and listen to what civil society is saying, and engage them to find a democratic solution to the challenges they believe the current and inappropriate bill will address.

"Failure to do so will be a serious disservice to the people of this country," Sema said.
– SAPA