Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Nuusbrief: Vrye Woord

Vrye Woord-nuusbrief – 27.05.2011: Hier gaan ons al weer: spook van muilbandwet weer lewend


2011-06-29

Untitled Document


27.05.2011

Hier gaan ons al weer: spook van muilbandwet weer lewend

Uit die geledere van Vrye Woord is daar reeds voor die verkiesing gewaarsku dat die uitgeslape ANC-regering net tot daarna gaan wag om weer met hulle twee muilbandwette vorendag te kom. Profetiese dog voorspelbare woorde.

In sy hoofartikel vandag vra Beeld soos talle ander belanghebbendes dringend weer dat die inligtingswet deur gewone mense en burgerlike instellings beveg moet word. Hulle berig hoe samesprekings tussen die ANC en die opposisie ewe voorspelbaar op niks uitgeloop het nie. Die groot ANC-stem sal eenvoudig alle ander stemme doodskreeu.

Die verset teen die aanslag op die media beteken nog nie dat hulle vlekkeloos objektief toekyk nie. Vrye Woord-kommentator Herman Toerien toon onder aan hoe kleiner partye in beriggewing “uitgerangeer” word.

Beteken deel van die ANC se oorwinningsvreugde dat hulle vaandeldraers nou ook kan aandring dat ’n koerant soos die gerespekteerde The Herald afgebrand kan word? Dit is blykbaar wat in Port Elizabeth gebeur het.

Vrye Woord stel besondere belang in die maniere waarop tegnologie soos Facebook, Twitter en Youtube “alternatiewe” vorme van die vrye woord buite beheerde mediastrukture versprei. Hier is ’n getuieverslag van die rol van Twitter in die verkiesingshitte.


  • Het jy al die petisie oor omgewingsverwoesting geteken? Gaan teken by die blou hart op LitNet. Gaan neem ook op Vrye Woord se Facebook deel vir jou blitsmening oor hierdie sake.

 

Samelewing moet wet tot elke prys keer

Hoofartikel, Beeld, 2011-05-26

Die wetsontwerp gaan vryheid van spraak en die vrye vloei van inligting drasties inkort. Dit kan beskou word as die grootste bedreiging vir Suid-Afrika se demokrasie sedert 1994.

Voor die munisipale verkiesing was daar tekens dat die ANC die wetsontwerp op die lange baan wou skuif.

Totdat mnr. Cecil Burgess, ANC-voorsitter van die ad hoc-komitee wat die wet bespreek, vandeesweek uit die bloute aangekondig het dat die debat daaroor nie “vir ewig” kan duur nie. Hy het te kenne gegee dat daar eenvoudig gestem sal word oor klousules waaroor nie ooreengekom kan word nie. Al wat dit beteken, is dat die ANC met sy groot meerderheid die wet sonder wysigings sal deurvoer.

In die aanloop tot die verkiesing was die ANC tjoepstil oor die wet omdat hy geweet het dit sal hom nog stemme kos.

’n opdrag van bo, van Luthuli-huis?

Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het juis in die verkiesingstyd gesê die media is die ANC se grootste opposisie.

Die ANC beskou die media, en veral die gedrukte media, as sy vyand. Want dit is grootliks hulle wat sy korrupsie en gekonkel met tenders blootlê, sy swak regering en dienslewering.

Met dié wet sal burokrate van alle staatsdepartemente en selfs semi-staatsinstellings met ’n penneveeg inligting geheim kan verklaar.

Die media, en landsburgers, wat die geklassifiseerde inligting in hul besit het, sal tronk toe kan gaan.

Die wet sal die media muilband, maar dit gaan gewone mense die ergste raak.

Húlle sal sonder geloofwaardige inligting oor die regering wees of net inligting kry wat die ANC wil hê hulle moet weet.

Die wet moet aan ’n breë front deur gewone mense, opposisiepartye en burgerlike instellings beveg word.



ANC, opposisie vergeefs byeen

Anesca Smith

Beeld, 2011-05-25 (uittreksels)

–’n Vertroulike etensuur-vergadering van die ANC en opposisiepartye oor die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting het gister op niks uitgeloop nie.

Dr. Mario Ambrossini van die IVP het dié vergadering byeengeroep nadat die regerende party eergister uit die bloute in die parlement aangekondig het hy kan nie toelaat dat debat oor die wetsontwerp “vir ewig” voortduur nie.

Mnr. Cecil Burgess, voorsitter van die ad hoc-komitee wat die wetsontwerp bespreek, het eergister aangedui daar sal eenvoudig gestem word oor klousules waaroor daar nie ooreengekom kan word nie.

Dít nadat die ANC die laaste maande herhaaldelik gesê het daar sal later geleentheid wees om sensitiewe aspekte van die wetsontwerp grondig te debatteer voordat in geheel daaroor gestem word.

Die wetsontwerp stel onder meer swaar vonnisse voor vir diegene wat skuldig bevind word aan die besit van geklassifiseerde inligting. Dit sluit ondersoekende joernaliste en verklikkers in.

Gister se etensuur-vergadering het die hoop laat opvlam dat die ANC en opposisiepartye tot ’n vergelyk sou kon kom oor die proses vorentoe, maar volgens me. Dene Smuts, DA-LP, het dit op niks uitgeloop nie.

( ... )

’n poging om die vryheid van veral die gedrukte media aan bande te lê.

Intussen het die nie-regeringsorganisasie Right2Know, asook die Kaapse Persklub, gister luidkeels beswaar gemaak teen die ANC se ommeswaai.

Mnr. Murray Hunter, Right2Know se nasionale koördineerder, het gesê die wetsontwerp is nie in Suid-Afrika se belang nie en druk op die komitee sal voortgesit word om die spertyd vir debatvoering uit te stel. “Die komitee beoog om dit voor 24 Junie deurgevoer te kry, maar dis buite die kwessie dat hulle die reeks onopgeloste kwessies teen daardie tyd deurgetrap sal hê.

”Die ANC wil eenvoudig sy meerderheidstem gebruik om dit deur te druk sonder dat kwelpunte gepak word.”

Volgens Hunter gaan Right2Know vandag burgerlike organisasies en alle partye weer vra om die wetsontwerp in sy huidige vorm te beveg – selfs tot in die konstitusionele hof. “Ons sal egter verkies dat dit in die parlement gestop word.”

Hunter glo die ANC het net gewag totdat die verkiesing verby is voordat hy die wetsontwerp probeer deurvoer uit vrees dat dit hom stemme sou kos. 



Om in die duister gehou te word

Herman Toerien

Die verkiesing is skaars afgehandel of blou moord word geskree dat die ANC teruggaan op sy woord oor die weglating van konsessies in die wetsontwerp oor toegang tot inligting.

Verslaggewers Sonder Grense het reeds voor die konsessies Suid-Afrika laat tuimel op die persvryheidsindeks, en dié wetsontwerp as een van die redes daarvoor aangegee. Die ander redes was die voorgenome mediatribunaal en Julius Malema se optrede teenoor ’n BBC-joernalis.

Mediavryheid bly een van die hoekstene van demokrasie, en is ’n belangrike maatstaf om ’n land se verbintenis tot die stryd teen korrupsie te meet. Daar is egter ’n mate van pikantheid oor die oorde waaruit die grootste ontsteltenis nou kom.

Juis omdat die media so ’n integrale deel van die demokrasie is, word strepe ontledings ook nou gedoen om te kyk watter rol die media gespeel het om veelparty-demokrasie te bestendig. Of, soos die regering dit graag stel, ’n diversiteit menings in nuusdekking te bied. Die internet maak dat dit ook nie so danig moeilik is om veral die gedrukte media te ontleed nie.

Sonder om bevindings vooruit te loop is dit duidelik dat kleiner partye gereeld goed gesnoep is. Een van die groot koerantgroepe het selfs bo-aan sy politieke beriggewing op sy internet-weergawe ’n lysie van partye, asof dit al is wat deelgeneem het. Van die partye op die lysie het egter swakker gevaar as partye wat nie die lysie gehaal het nie, dus word vrae gevra of iets soos ideologie, eerder as vermeende steun, ’n rol gespeel het by daardie keuse.

’n Christen-party, wat effektief deur daardie groep geïgnoreer is, het wel swak gevaar, maar anders as die ander klein partye nie steun ingeboet nie. Dié party het met sy mediaverklarings gereeld SAPA gehaal, en selfs die media in die buiteland, was gereeld op radiostasies onder meer danksy die feit dat al hul mediaverklarings van Afrikaanse teks voorsien is, en het ook met reëlmaat groot koerante in ander groepe gehaal. Dié party het selfs meer dikwels – via SAPA – dekking in Son gekry as die Afrikaanse koerante in dieselfde omgewing.

Dit is uiteraard hierdie mediagroep, synde in privaat besit, se reg om partydig te wees.

Dit spreek vanself dat kleiner partye – ook wat die aanwending van hul beperkte fondse betref – hulle sal toespits op die media wat hulle nie stief behandel nie, en die internet asook verwante tegnologie. Min partye sal dit waag om die media met wie hulle ongelukkig is aan te durf, want niemand wen ’n geveg teen hulle wat hul ink by die vat aankoop nie. En hoe meer mense hulle na ander nuusbronne wend, hoe meer begin vra hoe dit moontlik is dat Suid-Afrikaners in die duister is oor verwikkelinge rondom moontlike Skotse onafhanklikheid, dat die liberaliste in Kanada op hul baadjie gekry het, en vele meer. Te midde van Afrikadagvieringe was nuus oor noordelike Soedan se besetting van die Abyei-streek, en die gevaar wat dit vir die skikking inhou, wêreldwyd reeds groot nuus voor dit op beperkte skaal die Suid-Afrikaanse media gehaal het.

Die media wat ideologiese selfsensuur toepas, of soos Rhoda Kadalie dit stel, meedoen aan die diktatuur van die liberalis – politieke korrektheid – is dit aan die stryders vir persvryheid buite die media verskuldig om nie net persvryheid te koester nie, maar dit wat daar reeds of steeds is uit te leef. Anders beteken persvryheid niks. Dan word demokrasie deur ’n idiotekrasie vervang waar kiesers in onkunde hul kruisies gaan trek en ander besluite neem. Dan sal hulle vatbaar bly om stemvee te word vir rasse-opsweping soos wat die ANC nou gedoen het, eerder as om sinvol vir beter dienslewering of selfs hul eie beginsels te stem.

Terwyl partye nou hul dankies in massaversending aan die media stuur oor nuusdekking tydens die verkiesingsveldtog, is daar sommige media wat spesiale, persoonlike oproepe van dank kry. In hierdie demokrasie is almal gelyk en ongelyk tegelyk.



Analysis: The many reasons why ANC's Nceba Faku wants to burn down The Herald

Michelle Solomon

The Daily Maverick (excerpts)

Though South Africans have become accustomed to irrational, knee-jerk and often dangerous rhetoric from politicians of all persuasions, the ANC’s regional boss in the volatile Eastern Cape metro of Nelson Mandela Bay (Port Elizabeth), Nceba Faku’s apparent recent call to commit arson transcends most. It has now emerged that Faku, a former mayor, may have good reasons to want to see The Herald in ashes.

Press freedom and freedom of expression in South Africa took some hard knocks last week, adding to a litany seldom seen in 17 years of democracy. On the eve of local elections last week it was revealed that Anton Hammerl, a South African photojournalist thought to be captive in Libya for six weeks, had been killed while with the Libyan rebel movement 40 days prior to the news.

Then at an ANC victory rally, less than 24 hours after news of Hammerl’s death surfaced, Nelson Mandela Bay ANC chairman Nceba Faku attempted to incite supporters to burn down the offices of The Herald, one of the country’s elder and most respected newspapers. Standing in front of the Port Elizabeth City Hall, only a few hundred meters from The Herald’s office, the former PE mayor reportedly told the gathered crowd: “Burn Herald, burn; pasop [beware] Herald, pasop!” and “We’ll fight bullet with bullet”. This was according to journalists working for The Herald and the Cape Argus, who both ran stories on Friday about Faku’s comments. They reported there were between 100 and 400 ANC members and supporters, who cheered when Faku not only threatened to torch The Herald, but said black citizens that vote for “white parties” should go “to the sea, or to Europe”.

Heather Robertson, The Herald’s editor, said this week the newspaper’s staff were “shaken up” when they first heard of the threats. “When the journalists returned from the rally we decided to lock the security gates,” she said, “and we’ve even had additional security meetings.” Robertson added she was concerned for the safety of her staff in the field.

( ... )

This week, ANC spokesman Jackson Mthembu said if Faku had made the threats, they were “unacceptable”, while secretary general Gwede Mantashe condemned Faku's statement – with the qualification – “if [Faku] did make it”.

On Tuesday, The Herald published a full-length open letter written to them by Faku, which he had posted on his Facebook page on 23 May. In his letter, Faku claimed he had never made the statements attributed to him, and blamed “mischievous” journalists for the alleged inaccuracy.

( ... )

Faku was mayor of Port Elizabeth between 1994 and 2006, and has been mired in controversy in the city for some months now, if not longer. According to Herald reports, in 2009 the Eastern Cape provincial local government department commissioned a lengthy investigation into the operations of the apparently troubled Nelson Mandela Bay metro, and a report was completed in 2010. The Herald has attempted to gain access to the full “Kabuso Forensic Report”, by using the Promotion of Access to Information Act, but has been denied. ( ... )



Analysis: Twitter, a @realpoliticalpowerplayerSA

Stephen Grootes

The Daily Maverick (excerpts)

Twitter is not just about technology, it’s also about how some people have really begun to find their political voice on Twitter. Some people are using it to their great advantage. Some are not. And some will rule the country’s Twitter roost in the years to come.

Freedom Day 2011. The Union Buildings. Thousands of people. Election time. Add party T-shirts and you have an intriguing mix. In my radio studio things were getting, as they say, a little bit real. There was a script missing a page, a technician in heated conference with another and the sound of The Midday Report drumroll in my ears. The red light went on. Showtime. First up, live to our reporter in the middle of a massive surging loud crowd in Pretoria. Where they were booing the DA’s speaker. Except you couldn’t quite make that out because it was that loud.

But Twitter knew exactly what was going on. It was right in front of me, people at the back of the crowd, some actually on the stage itself were tweeting. Giving a running commentary, and my first question to Eyewitness News reporter Phakimil Hlubi was, “How many people are booing there?” Suddenly, instead of a boring set-piece moment of national unity, we had a real political story.

It didn’t end there, several party spokespeople were lined up for the first 20 minutes of the show, Jackson Mthembu condemned the booing, the DA person was in another city, but @HelenZille had shown how angry she was at what had happened. The story led on all the bulletins after that, mainly because of the juice Zille had put into her 140-character comments.

That’s just one example of the real political power of Twitter.

( ... )

And then we have the ANC Youth League. We’ve said this before, but we are going to say it again because we really do believe it. They are going to own Twitter. In the end, it’s going to be theirs. Hundreds of thousands of young people. Smart phones. Virtually free communication. Hello! Macfly! They will own it. They just need to get their ducks in a row. Someone in the League is trying. But Julius Malema and Floyd Shivambu haven’t quite got it yet. Twitter is easy to make theirs, to make fully African. It will be a communication channel that will allow them to engage with all their supporters and members. The political debates will be fantastic, in shorter form than Marx perhaps, but literate nonetheless. It will be the best way to get a sense of the ebb and flow of opinion, or how “facts” become facts and how they can be rebutted.

The other point about Twitter that governing parties around the world haven’t quite realised, is that it can be a great way to get out information you don’t want interrogated. In other words, if you’re in a difficult position and there are hundreds of phone calls for comment, just put out one line of comment an hour. The broadcast news organisations will be kept busy, you’ll own the news cycle and you won’t have to answer a single question. Really, spin isn’t hard people, just use it. Sure, some people will get irritated, but they will still have to read what you say. Imagine if Jimmy Manyi (who’s on Twitter, but hasn’t actually tweeted) was in a hole over his comments. A simple “Sorry” on Twitter from an account everybody knew to be his would have ended it then and there. Without him having to ever actually face questions (at least for 24 hours or until the next press conference). Mark our words, once media spin doctors get this, they are going to use it big time.

Twitter has become a force to be reckoned with in our political sphere. It is what sets the tone for much of the coverage that follows. It will inevitably be taken over by something else one day. But those who master it will now have a huge advantage over those who don’t. And in politics, sometimes that’s all that matters. DM