Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Kort-kort


Bibi Slippers - 2011-06-24

Die week in woorde


Rachel Zadok tydens Short Story Day South by The Book Lounge. Klik hier vir foto's van die geleentheid.
Hierdie week hou ek dit heel kort.

Dinsdag 21 Junie was die kortste dag van die jaar, en om dit te vier het Rachel Zadok die Short Story Day South-inisiatief gereël.  Short Story Day South was ’n viering van die verhaal in sy kort vorm en het lesers, skrywers en leerlinge aangemoedig om weer opgewonde te raak oor kortverhale. Ek het die geleentheid by die Book Lounge bygewoon en dit was, kortliks beskryf, groot pret! Lauren Beukes, wenner van die Arthur C Clarke Award, het ’n kort rokkie aangehad en drie kort-kortverhale voorgelees, terwyl Carla Potgieter, uitgewer by Umuzi, haar gunsteling-kortverhaal deur JD Ballard effens moes verkort om vinniger by die einde aan te kom. John Maytham van Cape Talk FM het ’n kortverhaal van Edgar Allen Poe voorgelees/voorgedra en Henrietta Rose-Innes se voorlesing het die gehoor kort-kort aan die giggel gehad. Abraham de Vries, die Afrikaanse koning van die kortverhaal, het een van die oudste kortverhale in Afrikaans voorgelees.

Janita Holtzhausen, uitgewer by Human en Rousseau . Klik hier om my onderhoud met haar te lees.

Van die koning van kortverhale gepraat: Human en Rousseau is op soek na die kroonprins (of -prinses) van die kortverhaal. Ek het met Janita Holtzhausen, uitgewer by Human & Rousseau, oor hul Nuwe Stories-kortverhaalkompetisie gesels. ’n Hele klomp bekende kortverhaalskrywers het ook ingestem om raad met jong skrywers te deel. Hou LitNet oor die volgende klompie weke dop vir die reeks raad-artikels wat jou sal help om kortpad te vat na ’n goeie, afgeronde kortverhaal wat dalk net die groot prys mag wegdra.

Verder is hier onder ’n klomp leesstof oor kortverhale, kortverhaalskrywers en Cortinas om jou ten minste vir ’n kort rukkie kortasem van opgewondenheid te maak oor al die talent in ons land. 

Ns: Die “Cortinas” was net ’n grappie, maar as jy ’n idee kort, is ’n storie oor ’n Ford Cortina dalk net die plek om te begin.

Tot volgende week!         

 

 

Kort en kragtig: Nuwe materiaal oor kortverhale op LitNet


Klik hier vir inligting oor die Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd.

Klik hier om die inskrywingsvorm af te laai.

Klik hier om die advertensie op YouTube te kyk.

 

 

Kort gelede: Alles-en-nog-wat oor kortverhale wat vroeër op LitNet verskyn het.


Lees Arja Salafranca se mening oor die kortverhaal as genre hier.

Kortverhale
Skrywers
Leer

Lees resensies van onlangse kortverhaalbundels:

Lees onderhoude met skrywers op LitNet:

Kortverhaalskrywers se ATKV-albums:

  • Klik hier vir LitNet Skryfraad.
  •  

    Self 'n skrywer? Stuur jou kortverhaal aan netfiksie@litnet.co.za