Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Onderhoude | Interviews

Nine artists and one curator on what it means to be an "Afrikaner"


Steyn du Toit - 2011-06-23

A compelling exhibition that deals with the dichotomy of the historical baggage intrinsically tied to being Afrikaans, Ik ben een Afrikaner (I am an African) is currently on at Artspace. Steyn du Toit chatted to Teresa Lizamore, the curator of the exhibition, as well as each of the artists involved about this ambitious exhibition.

Why the decision to title the exhibition in Dutch, Ik ben een Afrikaner?

“Ik ben een Afrikander” was uttered by Dutch settler Hendrik Biebouw in 1707 when he had been in South Africa for some time. It was the first recorded use of the word Afrikander meaning “African” and is credited with being the forerunner to the term Afrikaner. It is interesting to note that this phrase, “Ik ben een Afrikander”, is an echo of Mbeki’s famous speech “I am an African”, which was used centuries later. The term as a title for the exhibition allowed us to broach the contentious issue of “What is an African?” – and “What is an Afrikaner?”.

What does the term mean today in the broad sense of the word?

As alluded to in the first question, this term opens up a wide arena of interpretation. The concept of Afrikaner has come to mean many things in contemporary South Africa, as has the term African. These two terms now sit at opposite ends of a political spectrum and ironically the coining of the term Afrikaner in fact has its roots in someone’s expression of their identifying as an African.

How did you go about selecting the artists involved in this project?

I looked at Afrikaans artists working in the realms of the Afrikaner tradition and historical Afrikaner history, such as Cobus van Bosch, Hannelie Coetzee, Clare Menck, Francki Burger, Mea Ox and Pauline Gutter, as well as a few others I wanted to include, such as John Murray, Henk Serfontein, Reney Warrington and Johann du Plessis. I also selected artists from across South Africa; thus five artists from Cape Town, one from Pretoria, one from Bloemfontein and three from Johannesburg.

 


Onder die Belt

What brief did you give them?

The first person recorded to have identified himself as an Afrikaner was Hendrik Biebouw, who, in March 1707, stated, “Ik ben een Afrikander” (“I am an African”), and did not want to leave South Africa.

Afrikaans identity has become all but subsumed by the legacy of Afrikaners’ political position in a racially divided South Africa.

A rising voice of new Afrikaans artists, poets and literary thinkers have been grappling with the concept of an Afrikaner identity that is not merely a now shameful label from a time the country is trying to forget.

Photography artist Richard Strydom states, “If there is a crisis of representation for the Afrikaner male, it is the inability to speak. Not the inability to speak using words, or language, but to speak in an authentic tongue – the inability to orate a folklore that a next generation may treasure, or at the very least find meaningful.”

The new voices in Afrikaans culture are rejecting the enforced culture of their political inheritance and media positioning – looking outside of the narrow, and unpopular, box that they have been put in during the transition to the new South Africa. They are revisiting their heritage and cultural roots and finding a way to be an Afrikaner that is about more than politics.

We are looking to curate an exhibition of a collection of individual artworks that reflect your own personal response to the statement in the title Ik ben een Afrikaner (I am an African).

We are looking for a body of works by individual Afrikaans artists that propose a new way to frame what it means to be an Afrikaner in South African 2011.

Elkeen van die kunstenaars is ook dieselfde vyf vrae gestuur.



Hannelie Coetzee


Vreemdeling

Wat beteken dit vir jou om ’n "Afrikaner" te wees?

Ek’s ’n Afrikaner in Afrikaans net soos ek ’n African in Engels is. Ek dra my herkoms trots maar swaar.

Is jy trots om dit genoem te word?

Ja en nee. Wat ek binne voel, is ek trots op, maar die algemene publieke persepsie word dikwels skeef gedraai. Wat Alan Paton van Afrikaners gesê het, dat ons getrek het, in die Groot Trek, ’n nuwe taal ontwikkel het, verpletter is in ’n oorlog en ’n politiese identiteit opgebou het (vertaal uit Pomp 11, p 108) ... as ek in hierdie lig daarna kyk, is ek trots. Regses en verkramptes gee egter ’n negatiewe assosiasie.

Vertel bietjie meer oor jou werk in die uitstalling – wat kan ons sien?

Dis deel van ’n reeks werke wat aan my herkoms grawe. Dis in publieke spasies opgerig in spesifieke terreine waar my familie van die ontdekking van goud spore gelos het. Die werke verteenwoordig ’n wyer trots van ander Afrikaners wat verslaan is in ’n oorlog, ’n eie taal ontwikkel het en ons wortels hier hou. Soos onlangs in die joernaal Pomp 11 gesê is.

Wat was die boodskap wat jy hiermee probeer uitstuur?

Afrikaners met wie ek uithang, is in Afrika gewortel en van plan om saam met die res te groei.

Hoe pas die term in met betrekking tot die toekoms van Suid-Afrika?

Afrikaners is ’n integrale komponent van ons diverse komposisie as ’n nasie.



Henk Serfontein


Parkade, Christiaan Barnard II, 2011

Wat beteken dit vir jou om ’n "Afrikaner" te wees?

Ek dink enigeen wat Afrikaans praat is ’n Afrikaner. Ek het ’n absolute renons daarin as dit veronderstel dat dit ’n homogene groep is, want volgens my is ons nie. Veral die Engelse pers beeld ons dikwels so uit, as hierdie maklik penbare cliché. Ek weet byvoorbeeld glad nie wie die rugbykaptein is nie, besit nie ’n Kurt Darren-CD nie, kyk nie 7de laan nie, en dink Julius Malema en Steve Hofmeyr is ewe belaglik. Ek is ook gay en glo glad nie aan die Here nie, maar identifiseer myself wel as ’n Afrikaner.

Is jy trots om dit genoem te word?

Ek kom stelselmatig oor die baggage van die term. Ek is trots op die feit dat ek al die nasionalistiese idees wat ideologies in my ingeprent was deur die kerk en skool, kon dekonstrueer as volwassene. Ek skaam my wel soms vir sommige Afrikaners se onkritiese bestaan, hul engheid en misplaaste nostalgie vir ons apartheid-verlede. Ek is ook trots op die feit dat ek ’n variasie op die term Afrikaner kan bied en selfs die verwagtinge daaromtrent bietjie kan omverwerp.

Vertel bietjie meer oor jou werk in die uitstalling – wat kan ons sien?

Ek stal twee realistiese skilderye van parkeergarages in Kaapstad uit.


Parkade, Christiaan Barnard III, 2011

Wat was die boodskap wat jy hiermee probeer uitstuur?

In my werke word werklike ruimtes as metafoor vir identiteit aangebied. Die fisiese plek word getransendeer tot psigologiese ruimte in die werk. Die titel van die werk, Christiaan Barnard,gee wel ’n leidraad waar hierdie ruimte is, maar wek miskien ook assosiasies van “emergency rooms” op. Dis miskien wat ek probeer kommunikeer met die werk: dit suggereer ’n identiteit in nood en oorgang. Ander moontlike assosiasies met die beeld is vervreemding, isolasie, antisipasie en diskonneksie.

Hoe pas die term in met betrekking tot die toekoms van Suid-Afrika?

In Suid-Afrika is daar ’n beheptheid met ras en groepering. Alles word deur die bril daarvan gelees en dadelik verpolitiseer. Selfs in ons interpretasies van kuns gryp ons dikwels na sosiopolitiese verduidelikings daarvan. Daar behoort vir my, soos vir enige ander, ’n plek te wees in die toekoms van hierdie wilde woeste land of jy my wil label al dan nie.



Reney Warrington


Voorbeeld

Klik op die prent vir ’n groter weergawe.


Wat beteken dit vir jou om ’n "Afrikaner" te wees?

Ek weet nie of ek ’n Afrikaner is nie. Dit is juis die punt van die uitstalling vir my – om ’n bietjie te grawe. Ek het foto’s met gedeeltes uit die HAT gekombineer oor Afrikaans die enigste faset van Afrikanerskap is waarmee ek kan identifiseer. Toe ek in Skotland gebly het, was die enigste gedeelte van Suid-Afrika wat ek gemis het, behalwe my ma, om Afrikaans te praat.


Smart
Klik op die prent vir ’n groter weergawe.


Is jy trots om dit genoem te word?

Dit sal ek eers weet as ek kan uitpluis of ek wel ’n Afrikaner is.

Vertel bietjie meer oor jou werk in die uitstalling – wat kan ons sien?

Ek het foto’s en gedeeltes uit die HAT uit gekombineer – aan die linkerkant van die kunswerk is foto’s van plastiekspeelgoed en aan die regterkant ’n aanhaling uit die HAT. Met die eerste oogopslag pas die “luim” van die foto en die woorde bymekaar. Die gevoelens wat ek hoop die foto’s by mense sal oproep, is “troosteloos”, “verinneweer”, “smart” en “verlate”, die woorde wat ek gekies het.

Maar as mens dieper grawe, het die plastiekspeelgoed aan my susterskinders behoort. Dit is al wat ek van hulle oor het, aangesien my voorliefde vir vrouens volgens my suster aansteeklik is. Die teks verwys dan ook na my verbintenis aan Afrikaans, iets wat ek dink onbetwis deel vorm van hierdie ontwykende Afrikaner-identiteit.


Troosteloos
Klik op die prent vir ’n groter weergawe.


Wat was die boodskap wat jy hiermee probeer uitstuur?

Met die foto’s wil ek aan my susterskinders bewys dat ek hulle nie sal vergeet nie.

Met die teks wil ek ’n spasie skep waar die omvang en beauty van Afrikaans waardeer kan word.

Hoe pas die term in met betrekking tot die toekoms van Suid-Afrika?

Afrikaans sal nie vergaan nie. Kyk na die sukses van Afrikaanse rock, Afrikaanse romans. Ek dink die Afrikaner, hier gedefinieer as die groep mense wat hulself sien as Afrikaners, het nog altyd ’n plan gemaak. Na die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog het hulle uit niks uit ’n lewe gebou. Hulle sal dit weer doen.



Cobus van Bosch

Wat beteken dit vir jou om ’n "Afrikaner" te wees?

Ek het grootgeword in ’n milieu waarin Afrikanerskap grootliks beskou is as ’n identiteit wat gevorm is teen die agtergrond van stryd en bedreiging – Oos-Kaapse grensoorloë, Engelse oorheersing aan die Kaap, die stryd van Afrikaans, die gevare tydens die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die "armblanke"-jare, die Rooi Gevaar, die Swart Gevaar, die Bosoorlog, en nou plaasmoorde en grondeise. Die meeste beïnvloeding was, ten minste in my geval, van buite die huis: die onderwysers, die Voortrekkers, die NG Kerk, die Afrikaanse media, ens. Vandag sien ek ’n Afrikaner as ’n blanke Afrikaanssprekende persoon wat glo dat bogenoemde gebeurtenisse sy of haar identiteit gevorm het.

Is jy trots om dit genoem te word?

Ek is vandag minder trots daarop as toe ek ’n tiener was. Toe was ek beïnvloed deur die heroïsme daarvan om "op te staan" teen oormagte (Donker Afrika, die Britse Empire, die dreigende Kommunisme, ens). Die denke van regse groepe soos die AWB en ander word vandag gesien as ekstreem, maar in die sestigerjare en vroeër was dit vierkant binne grondvlak-Afrikaner-ideologie. Ek is vandag ongemaklik met hoe die Afrikaner met die verlede omgegaan het, dinge verdraai en waarhede bekook, en ander dinge verswyg het om ’n ideologie te skep. Dis of die Afrikaner-ideologie en dus ook -identiteit op valse (of ten minste erg wankelende) fondamente staan.

Vertel bietjie meer oor jou werk in die uitstalling – wat kan ons sien?

My kunswerk is ’n tradisionele uitbeelding (olie op doek) van die Orlam-kaptein Jan Jonker Afrikaner en sy raadslede in 1876. Hierdie Orlam – (oftewel Baster-) groep het vroeër jare as die Afrikaners bekend gestaan en het in die 18de en 19de eeue groot dele van die Noord-Kaap en later Namibië beheer. Die Afrikaners het met die dood van Jan Jonker in 1889 verbrokkel en tuistes by ander Orlam-, Nama – en Baster-groepe gevind.

Wat was die boodskap wat jy hiermee probeer uitstuur?

Ek wil met die werk die aandag vestig op sekere minder bekende (dikwels verswygde) historiese feite en dat die woord Afrikander en later Afrikaner dalk ’n ander herkoms en ook ander ideologiese betekenis gehad het as die een waarmee ek grootgeword het. Daarby sien ek in die verbrokkeling en verstrooiing van die oorspronklike Afrikaners ’n voorspooksel van wat met die huidige Afrikaners kan gebeur – die verlies aan politieke mag, gevolg deur emigrasie en uiteindelik assimilasie deur ander gemeenskappe. ’n Mens hoef net na emigrasiesyfers te kyk om te sien in watter mate hierdie fisieke en ideologiese verstrooiing reeds plaasgevind het.

Hoe pas die term in met betrekking tot die toekoms van Suid-Afrika?

Op die oomblik sien ek nie juis ’n rooskleurige toekoms vir die tradisionele Afrikaner en sy denke in Suid-Afrika nie – nie solank Afrikanerskap (in die oë van ander groepe) gedefinieer word deur Orania, AWB en ander regse groepe nie. Die rigting – en leierloosheid onder die hedendaagse Afrikaners is omdat daar nie leiersmateriaal is wat glo in Afrikanerskap, of glo dat dit ’n toekoms het, nie. Die Afrikaner het in die verlede al sterk persoonlikhede as leiers gehad, maar weinig goeie leiers. Miskien is dit weens die "silence of the reasonable voice", maar te oordeel aan die negatiewe, stremmende en rassistiese trant van soveel argumentvoering deur die Afrikaanssprekende publiek op Media 24 (veral die Afrikaanse koerante) se blogs, is daar nog baie te leer. As die Afrikaner nie radikaal, en positief, deel word van die toekomstige Suid-Afrika nie, sal dit uitsterf in Afrika, en in Australië, Nieu-Seeland, Engeland, Kanada en die res van die wêreld geassimileer word.



Mea Ox


Detail of work

Wat beteken dit vir jou om ’n "Afrikaner" te wees?

Toe ek die uitnodiging ontvang om deel te neem aan die uitstalling, moes ek my eers afvra wat dit beteken om te sê: Ik ben een Afrikander. En verder, is dit dieselfde ding om te se: “Ek is ’n Afrikaan”, “Ek is ’n Afrikaner” en “Ek is ’n Afrikaanssprekende”? Is dit my ideologie of my taal wat my definieer as Afrikaner? Daar is vir my egter nie ’n eenvoudige lys kriteria of kenmerke wat bepaal hoekom ek ’n Afrikaner is nie. Juis daarom wou ek onderskeidelik “identiteit as Afrikaner” en “identiteit as Afrikaanssprekende” in my werk ondersoek.

Is jy trots om dit genoem te word?

Dit is vir my makliker om met die meer neutrale term Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner te identifiseer as die term Afrikaner. Miskien juis omdat ek nie in ’n huis grootgeword het waar Afrikaner-identiteit sterk beklemtoon was nie, maar waar ek eerder geleer het om krities in Afrikaans te dink – om in Afrikaans vrae te vra.

Trots? Nee. Skaam? Ook nie.

Vertel bietjie meer oor jou werk in die uitstalling – wat kan ons sien? Wat was die boodskap wat jy hiermee probeer uitstuur?

In stede daarvan om identiteit uit te beeld deur middel van die portret, het ek gebruik gemaak van die Afrikaanse Taalmonument, asook die Voortrekkermonument, as die verpersoonliking van onderskeidelik identiteit as Afrikaanssprekende en identiteit as Afrikaner. Ek het my kunswerke gegrond op die gedagte van die monumentale en die verlies van die monumentale as agtergrond waarteen ek myself as Afrikaner, of eerder Afrikaanssprekende kunstenaar, (her)definieer. Met “die monumentale” verwys ek na die ideologie van die Afrikaner. Die ideologie van die Afrikaner neem nie meer ’n monumentale posisie in die bewussyn van my as Afrikaanssprekende kunstenaar op nie, maar is vervaag tot buitelyne, byna onherkenbaar.

Ek het verskeie handwerktegnieke, soos naaldreliëf, gebruik om ’n reeks werke te skep gebaseer op komplekse gelaagde patrone van die buitelyne van die bogenoemde monumente. Die patrone kom ooreen met klankgolwe, die lyne op ’n hartklopmonitor, of die “white noise” van ’n televisie sonder sein.

Hiermee wil ek uitbeeld dat dit wat my as Afrikaanssprekende kunstenaar definieer, nie duidelik herkenbaar is nie, nie ’n konkrete, statiese, onveranderbare of onfeilbare monument is nie, maar eerder ’n delikate netwerk van vervaagde ideologie, veranderbaar en smeebaar.

Hoe pas die term in met betrekking tot die toekoms van Suid-Afrika?

Solank die Afrikaner homself nie in isolasie sien nie, maar eerder as een van menige kultuurgroepe, glo ek is daar ’n definitiewe en sekere toekoms vir die Afrikaner in Suid-Afrika, juis om sy lewenskragtigheid en aanpasbaarheid.



Clare Menck

Wat beteken dit vir jou om ’n "Afrikaner" te wees?

Ek is van Afrikaanse asook Duitse oorsprong (my ma is van Afrikaanse herkoms; my pa is in Duitsland gebore) en dit impliseer ’n ryk onderliggende Europese agtergrond, maar ek woon in Afrika, op Afrika-grond, en ek skilder dan ook hier.

Is jy trots om dit genoem te word?

Ja, en nee. "Ek glo dat skilder nie dood is nie. Waarom het ek ’n outobiografiese benadering tot my werk? Is Clare besig om haar trappe van ontwikkeling te dokumenteer vanaf ’n baie repressed, donker plek, na iewers ligters, meer belig? Ek kan aan niks anders dink om te skilder as om my eie lewe te dokumenteer nie, want ek kan nie uit my eie vel uit klim nie, en ek is die stom getuie van ander mense se pyn sowel as my eie. En dit voel vir my of die enigste politiese agenda wat ek as skilder moontlik met enige mate van oortuiging kan hê, dié vanaf ’n hoogs persoonlike uitgangspunt moet wees, ’n uitgangspunt met twee problematiese geskiedenisse van identiteit in een vervleg: naamlik Afrikanerdom tydens apartheid en Duitse Nazi-geskiedenis – en my uiteindelike oorlewing in die nasleep van albei, sonder helde en met niks belangriks om te sê nie. Maar om ’n mens se eie lewe eerlik en soekend te lei, met sy daaglikse beslommernisse van oorlewing, asook sy persoonlike hoogtepunte, is vir my in sigself ’n prestasie waardig om visueel te verbeeld en om in my skilderye vas te vat." (Uittreksel, uit Engels vertaal deur my, uit: Clare Menck: Verborge Lewe – Twintig Skilderjare 1990-2010, wat binnekort gepubliseer word, geborg deur Sanlam. Ingrid Winterbach skryf onder andere ’n teks daarin oor my werk.)

Vertel bietjie meer oor jou werk in die uitstalling – wat kan ons sien?

Vir Ik ben een Afrikaner het ek gekies om myself uit te beeld in ’n kappie, simbolies van my Afrikaanse oorsprong met sy onderliggende ryk Europese agtergrond, maar op Afrika-grond. Die tonele hier is in die Karoo geplaas, maar die beskilderde uitbeelding van vlak water langs ’n rivier kon net sowel die Modderrivier van my Vrystaatse kinderdae gewees het. Ek het onlangs op ’n uitgebreide reis deur die Karoo verskeie bergpasse versit en letterlik honderde foto’s van myself in ’n kappie geneem met die kamera in my uitgestrekte arm. Ek het geposeer voor al wat ’n plaasdam is, sowel as voor windpompe, uitgebrande kothuise, kerke, stoepe, koeistalle en -trôe, dekriet-piramides en ander bekende bakens van ’n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse verlede. Die skadu wat agter my val in die water in een van die huidige kappie-selfportrette op hierdie uitstalling, getuig daarvan dat ek die bronne self geneem het.
 
Wat was die boodskap wat jy hiermee probeer uitstuur?

Ek is tans besig met ’n uiteenlopende reeks, waarvan hierdie die eerste twee voorbeelde is wat my esel verlaat het. Die rooierige kleur van my borskas is tipies van my blos as ek opgewonde of verleë is; ek noem dit grappenderwys my "p o g" (post-orgasmic glow). Ek put kennelik genot uit die spel tussen die toneelspeel in – en skilder van – my eie drama (of melodrama) met my tong in my kies as ek praat van my Afrikaner-herkoms en -identiteit, en soos gewoonlik met ’n ondertoon van sensuele/seksuele plesier, die essensie van die speelse feminisme van my eksistensieel-realistiese skilderye.

Hoe pas die term in met betrekking tot die toekoms van Suid-Afrika?

Ek borduur tans juis verder aan my kappie-tema om hierdie vraag visueel te probeer ondersoek. My werk reis tans landswyd en is op die oomblik onder die titel Clare Menck: Verborge Lewe – Twintig Skilderjare 1990-2010 by die Pretoriase Kunsmuseum te besigtig.



John Murray

Wat beteken dit vir jou om ’n "Afrikaner" te wees?

Ek kan nie met sekerheid sê nie. Ek het my nog nooit werklik tuis gevoel in ’n groot groep nie, so ek sukkel om met so ’n term te assosieer. Die feit dat ek Afrikaans praat, maak my nie noodwendig ’n Afrikaner nie. Ek dink ook daar is ander goed wat mense definieer, soos inkomste en beroep, dinge wat nie bloot kultureel is nie.

Is jy trots om dit genoem te word?

Ek dink nooit regtig so daaraan nie. Ek sien myself meer as ’n Afrikaanssprekende as ’n Afrikaner. Ek is nie skaam om Afrikaans te praat nie, maar vermy eerder om myself as Afrikaner te bestempel. Daar is vir my te veel assosiasies waarmee ek nie werklik identifiseer nie.

Vertel bietjie meer oor jou werk in die uitstalling – wat kan ons sien?

Ek het die standbeelde van Jan en Maria van Riebeeck in Kaapstad as simboliese ouers van die Afrikaner gebruik. Ek het hulle as uitgangspunte gebruik en verskeie beelde en simbole om hulle rangskik. Van hierdie keuses hou direk verband met die standbeelde, terwyl ander meer toevallig of selfs verspot is. Ek het die twee skilderye manlike en vroulike identiteite gegee.

Wat was die boodskap wat jy hiermee probeer uitstuur?

Ek probeer ’n sekere atmosfeer skep met die skilderye. Tussen die warboel van al die verskillende beelde wou ek ’n melankoliese stemming bereik. Daar is vir my ’n teenstrydigheid in die simboliek van Jan en Maria van Riebeeck. Die standbeelde is vermoedelik destyds opgerig om iets positiefs te simboliseer, maar sistematies het hulle ’n herinnering van iets negatiefs geword. ’n Gevoel van meerderwaardigheid het in ’n kompleks van minderwaardigheid verander. Hulle is nie meer wat hulle was nie.

Hoe pas die term in met betrekking tot die toekoms van Suid-Afrika?

Ek weet nie of dit belangrik is om so verskriklik te probeer vasklou aan ’n “Afrikaner”-identiteit nie. Vir my is dit nie so belangrik nie. Dit lyk of dit ’n wêreldwye fenomeen is dat grense tussen verskillende kultuurgroepe begin wegval. Of dit goed of sleg is, is seker ’n ander debat.



Johann du Plessis


Susan

Interpretasie van die tema

“hart: ook maar hier iewers om by tye skielik tussen hemel en aarde op te hou lewe” – Breyten Breytenbach

My werk was nog altyd konseptueel van aard – “Eurosentries” met ’n Suid-Afrikaanse ondertoon wat tot ’n internasionale gehoor spreek, wat sedert die aanbreek van die nuwe millennium ook globale aangeleenthede en probleme aanraak. Ek is ’n gebore Afrikaner wat op ’n plaas in die Noordoos-Vrystaat grootgeword het, gematrikuleer het aan Grey Kollege, Bloemfontein, my BABK-graad behaal het en daarna hier skoolgehou het. Hierdie vormingsjare het bygedra tot die trots wat ek het oor my ryke erfenis. In ons hedendaagse, kontemporêre bestaan, waar aardsverwante gebeure op internasionale vlak problematies raak, poog ek om deur my werk te probeer uitwys hoe die individu ’n verskil kan maak in hierdie soms onverstaanbare tye. Susan is ’n portret van ’n vriendin wat ek in die vroeë jare tagtig ontmoet het en wat, ten spyte van faam/roem, nog steeds met albei voete vas op die aarde staan en vir my ’n simbool van lojaliteit en vriendskap personifieer. Die toewyding aan haar loopbaan het oor die jare verskeie hartpasiënte van oor die ganse wêreld ’n “geleentheid om te kan lewe” gebied. Die Afrikaner moet nie as ’n eksklusiewe klein groepie gesien word nie en sal in die toekoms (soos alreeds in die verlede bewys) ’n integrale rol as Afrikane speel en vervul.

Hierdie spesifieke werk is belaai met simbolisme – “persoonlike simbole” – opgebou uit verskeie vlakke/lae – vlakke van verskillende realiteite op soek na betekenisvolle momente in tyd, plek, van identiteit en Skoonheid. Die portret is ’n spieëlbeeld van die oorspronklike foto – waar die toeskouer onwetend na die model (soos gesien deur laasgenoemde se oë) kyk; waar die omgewing “onaangetas” is – ’n “utopiese” konstruksie waarin tyd (in ruimte), herinneringe en verbeelding ’n “fantastiese” milieu (wat nie noodwendig aan enige spesifieke punt of werklikheid gekoppel is nie) skep.

“And when it comes back out into the real world, your world, it’ll feel familiar, but it won’t be.” – Jim Lambie



Francki Burger

Wat beteken dit vir jou om ’n "Afrikaner" te wees?

Ek is in (Suid-) Afrika gebore. Ek praat Afrikaans. Ek hoort hier.

Van Zyl Slabbert spreek in sy boek Afrikaner Afrikaan die vraag aan as: “Om ’n Afrikaner genoem te word, is die begin van ’n gesprek, nooit ’n finale uitspraak nie.” Dit gaan vir my om hoe om ’n waarnemer te wees in hierdie tyd en plek, maar tog het ek ’n soeke om tot ’n/my kultuurgroep te behoort.

Is jy trots om dit genoem te word?

Ek is baie bewus van ons gesamentlike narratiewe en rituele. Ek kan my nie altyd vereenselwig met alle aspekte van Afrikanerskap nie. Dinge soos rassisme en rasbeheptheid. Ons het wel, om te veralgemeen, deursettingsvermoë en ’n goeie sin vir humor!

Vertel bietjie meer oor jou werk in die uitstalling – wat kan ons sien?

Ek ondersoek die Suid-Afrikaanse landskap en geskiedenis in die konteks van my Afrikaner-identiteit, deur fotografie. Ek glo dat bogenoemde se spore steeds teenwoordig is in die Suid-Afrikaanse landskap, ’n landskap wat bestrooi is met politiese ideologie wat ons identiteit bepaal. Ek is veral geïnteresseerd in hoe die Afrikaner die landskap en die veld vir politieke en nasionalistiese doeleindes gebruik het.

Die werk bestaan uit drie fotografiese beelde:

In die linkerkantste beeld (Observer I – Goed Waargenome I) het ek ’n foto gekry van ’n 19de-eeuse fotograaf wat foto’s geneem het tydens die Anglo-Boereoorlog. ’n Mens kan sy skaduwee sien soos hy die landskap voor hom betrag en fotografeer. Die argiefbeeld is toe herfotografeer, so ook ander argiefmateriaal van daardie tyd, en in die donkerkamer op mekaar gedruk. Observer II – Goed waargenome II is geneem by Magersfontein, beide ’n argieffoto en hedendaagse landskap, en saam gedruk. Observer II – Goed Waargenome II en III hang saam. Observer III – Goed Waargenome III is my eie skaduwee in die Magersfontein-landskap wat dan terugverwys na Observer I – Goed Waargenome I. Beide skaduwees wys op die fotograaf as waarnemer van ’n plek en alles wat afspeel.

In my werk poog ek om die verlede te herondersoek; die tekens van die verlede en hedendaagse word dus ’n bron van kennis en kan dien as ’n belangrike rigtingwyser waarmee mens die toekoms navigeer.
 
Wat was die boodskap wat jy hiermee probeer uitstuur?

Ek glo dat ons as Afrikaners ons historiese identiteit moet hersien. Ons moet weer kyk na ons geskiedenis as burgers van ’n land en nie ’n afsonderlike groep nie. Soos byvoorbeeld die verhale van die Anglo-Boereoorlog, konsentrasiekampe en Bloedrivier wat ons kultuur en identiteit gevorm het.

Hoe pas die term in met betrekking tot die toekoms van Suid-Afrika?

Ek hou van wat Thabo Mbeki sê: “Whites, coloureds and Asians are Africans.” 

 

  • Ik ben een Afrikaner (I am an African) is on at the ArtspaceGallery until 29th June 2011. For more information, visit www.artspace-jhb.co.za.