Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Taal | Language > Nederlands | Dutch > Aanplakbord

Neerlandistiek-kongres beloof opwindende program


2011-06-22

Untitled Document

Neerlandistiek-kongres
Universiteit van Wes-Kaapland kampus
11-13 Julie
Koste: R100-R250
jpekeur@uwc.ac.za



Die sewende SAVN-kongres, ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, vind vanjaar van 11 tot 13 Julie plaas op die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland. Die 20ste bestaansjaar van die SAVN (Suider-Afrikaanse Vereniging vir Nederlandistiek, spog met ’n opwindende kongresprogram en vieringaktiwiteite. Benewens ’n groot aantal referate van hoogstaande gehalte wat gelewer word deur deelnemers uit Pole, Roemenië, Nederland, België en plaaslik, kan uitgesien word na die volgende hoogtepunte:

  • Op Maandag 11 Julie word die kongrestema ‘Intertaal en interteks’ ingelei deur Frits van Oostrom en die fokus val in besonder op die gesprek tussen Nederlands en Afrikaans, asook die voortgang van die neerlandistiek in die wêreld en in Suid-Afrika. Ander gespreksgenote is Stef Bos, Hennie van Coller, Ronel Foster, Eureka Barnard en Wannie Carstens.
  • Op Maandagaand tree Stef Bos op as gaskunstenaar by ’n skemeronthaal by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands. Antjie Krog, Abraham de Vries en Alfred Schaffer lees voor uit eie werk.
  • Op Dinsdag 12 Julie is die vernaamste item op die program die eerste bekendstelling van die ANNA (Afrikaans/Nederlandse woordeboek) in Suid-Afrika, met Rufus Gouws en Willy Martin as die sprekers.
  • Op Dinsdagaand is daar ’n gala-dinee ter viering van die SAVN se 20ste bestaansjaar. By dié geleentheid sal drie ere-lede (Jacques van der Elst, Wilfried Jonckheere en Rouston Gilfillan) vereer word en hulde word gebring aan Heinrich Grebe. Die ete by Van Rijn Brandewynkelder beloof om baie gesellig te wees, met musiek, brandewynproe en fynproewersgeregte.
  • Woensdag 13 Julie begin met lesings deur Antjie Krog en John Kannemeyer. Die slotlesing word gelewer deur Geert Buelens.

Lede van die publiek is welkom om die kongres by te woon. Dagbesoekers betaal R100 per dag vir etes. Die skemeronthaal saam met Stef Bos die Maandagaand kos R100 per persoon, en toegang tot die  gala-dinee die Dinsdagaand beloop R250 per kop.

Belangstellendes kan bespreek by Janine Pekeur:
E-pos: jpekeur@uwc.ac.za
Tel.: 021 959 2112.