Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Kennisgewings | Notices

Italiaanse kwartet met 'n jazz-aanslag


2011-06-22

Die Italiaanse Luca Ciarla Quartet sal ná hulle optredes by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad en die Volksblad Kunstefees in Bloemfontein ook in Potchefstroom optree tydens ’n konsert op Dinsdag 19 Julie 2011 om 19:30 in die Konservatoriumsaal. Hierdie Dekaanskonsert lui dan ook die Skool vir Musiek se konsertreeks vir die tweede helfte van die jaar in.

Die lede van die Luca Ciarla Quartet is tans Luca Ciarla (viool), Vince Abbracciante (akkordion), Nicola Di Camillo (kontrabas) en Francesco Savoretti (slagwerk). Hulle sal ’n program aanbied van oorspronklike liedere en verwerkings waarin kontemporêre jazz en etniese musiek vermeng word tot ’n onweerstaanbare Mediterreense klank. Die konsert word aangebied in samewerking met die Italian Cultural Institute in Pretoria.

Kaartjies vir hierdie konsert is beskikbaar gedurende kantoorure by die Konservatorium, tel (018) 299-1692 / music@nwu.ac.za of vanaf ’n halfuur voor die konsert by die loket teen R50 elk vir volwassenes en R30 elk vir skoliere, studente en pensioenarisse.