Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Diary of a bad year


Marietjie Steenberg - 2011-06-15

Untitled Document

Diary of a bad year
met apologie aan JM Coetzee

enkele hardnekkige rafels klou nog verbete
aan ’n verslete blad wat steeds voorgee
om met ’n rugkant, gestroop tot in die senuwee  
die rebellie van omkrulblaaie te keer

daagliks wen die penkoppe grond
merk hulle gebied met plasse ink
grys loodgroewe, neon-graffiti
en kramme om die oorname te beklink

volgens beplanning sal hierdie staat ook
op die bestemde tyd tot sy val kom
en die eens kleurvolle lint halfmas hang
voor dit traak-my-nie-meer-agtig wegrafel