Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Kompetisies | Competitions

Herwonne-woorde: die vrese van ons vaders


Izak van Rensburg - 2011-06-15

die vrese van ons vaders

Klik hier vir die oorspronklike artikel.

blind gebore,
in kulturele onkunde.

met geloofsapartheid
word die vrese oorgedra,

die heilige koeie
geslag.

uit die moeras van onkunde
klim die paddas uit die poel,

toi-toi die erdwurms.

in die spotprente     
van laertrek: die skynwaarhede
van indoktrinasie.