Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die groen see


Marquesas - 2011-06-15

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 “Ek dink dit is plankton wat die groen skynsel in die water veroorsaak.”

Ons sit rustig op die balkon en kyk uit oor die see in die rigting van Robbeneiland.

“Ek weet nie,” sê ek, nog nie heeltemal seker oor hoe ek moet reageer of optree in die teenwoordigheid van my kollega nie.

Dit is heel per toeval dat ons twee hier opgeëindig het – in die “penthouse suite” van die maatskappy se tyddeel in Seepunt. Sy is ’n rekenaarspesialis en benewens haar duidelike intellek is sy ook ’n baie aanvallige vrou – in haar middeljare met die lyf en die kurwes wat drie kinders jou gee, maar ’n sprankelende persoonlikheid en ’n klassieke skoonheid. Op kantoor beskryf die manne haar alom as ’n “hottie” – nié dat sy enigsins aanleiding gee óf optree of aantrek asof sy aandag soek nie. Selfversekerd, goedversorg, uitstekend met haar werk, ’n regte dame – en ’n “hottie”.

As senior bestuurder het ek toegang tot die maatskappy se tyddeel en sy was ingeboek in ’n hotel totdat die sekretaresse, of die gode of die noodlot, haar bespreking totaal en al opgedonner het en sy voor ’n dooie deur te staan gekom het. Dit is Two Oceans-naweek en die Kaap is van hoek tot kant gepak met mense en sy het my van hotel-ontvangs af geskakel en gevra of daar enige plek in die tyddeel is.

“Ongelukkig nie,” het die concierge my meegedeel.

Toe ek haar gaan oplaai, het ek aangebied dat sy welkom is om die penthouse te deel – dit is ingerig vir ’n gesin met twee afsonderlike slaap – en badkamers – heel ordentlik, siende dat ons al twee lankgetroude mense is.

“Dit is lieflik hier,” sê sy, “en dit is ook maar goed dat jy hier is, want anders sou ek in die hotel se ontvangsarea moes geslaap het.”

“Dis ’n plesier – ek is maar te bly om geselskap te hê – solank ons net nie oor die werk gesels nie,” antwoord ek met ’n glimlag.

“Nee,” lag sy. “Genoeg is genoeg. Kan ek vir jou aandete koop om dankie te sê?”

“Absoluut,” antwoord ek. “Maar ek is old-fashioned en ek betaal.”

En so kuier ons in Five Flies – ’n baie sexy restaurant in die middestad. Die kos en die wyn en die gesels is uit die boonste rakke – sy is absoluut sprankelend en verskeie kere merk ek op hoe die ander mans in die restaurant skelm na haar loer as sy lag of ’n punt maak met haar vurk so in die lug. Sy laat my voel asof ek “tall, dark and handsome” is en saam met Jennifer Aniston of ’n ander glamorous vrou aan die tafel sit. En dis presies wat sy is – glamorous – sonder om te probeer of dat sy dit eers self weet. Sy draai die kelner om haar pinkie met twee woorde en ’n glimlag sodat hy vir haar die rekening bring om te betaal ondanks my goedmoedige teëstribbeling. Sy weet wat sy wil hê en sy kry wat sy wil hê.

Ek kan voel hoe die oë ons volg toe sy voor my uit die restaurant uitstap op haar hoë hakke en haar goedgevormde heupe al swaaiend binne die romp van haar tweestuk-ontwerperspakkie. Sy het pragtige kuite en sulke dun enkeltjies, merk ek op, en haar heupe wink met elke stappie. “Sak Sarel,” dink ek. “Hierdie is pure klas en jy is definitief nie in haar liga nie. Jy kan maar net draadtrek en droom oor vrouens soos dié.”

“Dit is regtig ’n plesier om saam met jou hier in die Kaap te kuier,” sê ek en skink vir ons die laaste van die wyn in.

“Ek geniet dit ook,” sê sy. “Ons het nog nooit werklik met mekaar op kantoor gesels nie en ek het nog altyd gewonder hoe ’n tipe ou jy is.”

Ek is ietwat uit die veld geslaan, want ek het nie verwag dat sy my eers raaksien op kantoor nie – rekenmeesters gebruik hulle persoonlikhede vir voorbehoed en ek is in daai kategorie.

“Ag, ek is maar stil – doen my werk, gaan huis toe, gaan werk toe. Niks exciting nie.”

Sy kyk vir my so deurtastend van onder daardie lang wimpers van haar met ’n glimlag om die mond en sê: “‘Stille waters, diepe grond. Onder draai die duiwel rond.’ Ek dink dis op jou van toepassing,” lag sy en ek is tog te dankbaar dat dit donker is hier op die balkon, want ek voel hoe bloos ek bloedrooi. My fok – ek is amper 50 en ek voel soos ’n teenager by hierdie vrou. My lus hang op die grond; ek loop al heelaand met ’n pynlike ereksie; ek het haar al met my oë en in my gedagtes ontklee en haar genaai op alle moontlike maniere. En sy kan dit aan my doen deur bloot vir my te kyk of na my toe oor te leun soos sy in die restaurant gedoen het as sy ’n spesifieke punt wou benadruk. Net die reuk van haar dreig om my oor die afgrond te dryf – iets soos muskus-olie en iets anders – ek kan dit nie plaas nie, want ek weet nie veel van vroumense se lekkerruik-goed nie, maar net haar nabyheid het my al amper verskeie kere vanaand in my broek laat kom.

Sy steek ’n sigaret aan, staan op en kom sit op my skoot met haar een arm om my nek. “Ek dink dit is definitief van toepassing op jou”, en skuif rond om bo-op die pynlike groot knop in my broek te sit. Sy sit die sigaret tussen my lippe in en so rook ons beurtelings in stilte die sigaret klaar terwyl sy my voël met haar boude vryf en ek probeer om dit dwarsdeur die materiaal wat ons skei in haar in te druk.

Ek soen haar liggies in haar nek en knibbel aan haar oor. Sy draai na my toe en soen my vol op die mond met haar tong wat soek na myne – dominerend, lus, bloediglik warm. “Laat ons mekaar mooi verstaan,” sê sy. “Ek is nie een van hierdie sagte, broos poppies wat geliefkoos en vertroetel wil word nie. Ek wil genaai word en ek wil hard genaai word. Hoe harder en hoe rowwer hoe beter. Ek wil hê dat jy my moet gebruik – net soos jy wil en op alle moontlike maniere. My man is te slapgat en te moeg en te oorwerk om my te naai soos ek genaai wil wees. Ons het net een nag – moenie dit opfok nie.” Sy staan op sonder ’n woord verder en in die loop trek sy haar klere uit en gooi dit stuksgewys op die vloer neer op pad badkamer toe.

Ek is te oorbluf om enige iets te sê en ek is jags – so jags soos ek nog nooit in my lewe was nie. Sy los die deur van die badkamer oop en ek hoor hoe sy die stort oopdraai. Ek stap in die badkamer in toe sy op die toilet sit en ek hoor hoe klingel haar water in die bak. “Staan op,” sê ek.

“Ek wil eers afvee,” antwoord sy.

“Ek sê staan op!” beveel ek haar met ’n bars stem vol wellus en spanning. Met ’n glimlag staan sy op – wydsbeen met haar hande op haar heupe – uitdagend met haar koekie nog nat van haar urine. Ek steek my vinger in haar in en begin haar vinger terwyl sy staan. Sy maak haar oë toe en gooi haar kop agteroor. Haar volronde borste staan trots – haar nippels lank en hard. Ek lek en byt haar nippels om die beurt terwyl ek haar staande oor die toiletbak vinger – eers met een, twee en dan met drie vingers diep in haar in.

“O fok dis lekker,” kreun sy en haar bene begin swik. Ek dwing haar om regop te bly staan en druk haar teen die muur vas sodat haar rug gebuig is oor die toiletbak met haar bene wyd oopgespalk oor die bak se rand. Haar poes is oop soos ’n blom – haar skaamlippe is opgeswel en haar sap glinster in die lig van die badkamer.

“Proe hoe proe jy,” sê ek en ek druk my vingers nat van haar sap en pis in haar mond sodat sy dit kan afsuig. Ek druk haar borste hard met my vingers sodat daar rooi merke op hulle is en byt haar nippels en haar mond totdat ek die brons smaak van bloed kan proe. “O shit, nou het ek te ver gegaan,” dink ek en trek terug, maar sy ruk my kop nader en soen my sodat my lippe kneus en die bloed vermeng in ons monde saam met haar sap.

“Moenie met die tier se bal speel as jy nie weet wat om met sy tande te maak nie,” sis sy en skeur letterlik my hemp en broek van my af.

My piel staan stokstyf en bloedrooi en ek swaai haar aan haar arm om en buig haar oor die toiletbak sodat haar poesie en gat in die lug staan. “Buig jou knieë! Ek gaan jou soos ’n hond naai,” beveel ek haar en raps haar boude met my handpalm.

“Die toiletbak maak my bene seer,” hyg sy, maar ek slaan haar dié keer ’n vol hou op haar gat en sy hyg van lekkerte en pyn.

“Buig jou knieë!”, en ek druk my vinger in haar anus in terwyl ek my voël vollengte in daardie opgeswelde, smeulende poesie instamp.

Die hitte is oorweldigend – my voël voel asof hy verskroei en haar poesie is so nat dat daar met elke steekslag sap uitborrel en agter oor haar bene en oor my balsak loop. Sy doen iets met die spiere binne-in haar en druk my voël vas sodra ek diep binne-in haar is. Dit voel asof ek in ’n vice is – ’n sagte, warm, nat borrelende vice wat my voël tegelyk wil liefkoos en papdruk.

Sy druk haar een hand tussen haar bene deur, gryp my balsak en druk dit so hard dat ek voel asof my kop gaan ontplof van die pyn. Ek slaan haar boude weer ’n bloedrooi merk, gryp haar heupe vas en stamp my voël so diep as wat ek kan in haar in totdat dit voel asof ek haar tot binne-in haar maag naai. Ek naai haar genadeloos en hard met sulke diep steekslae dat my ballas teen haar poesie klap. As ek my ballas in haar kon indruk, sou ek dit ook gedoen het, want my voël is harder en groter as wat ek dit nog ooit gesien het. Dit voel asof ek haar hele lyf uitmekaar skeur en sy hyg en gil en huil terwyl sy my aanspoor met al twee haar hande op my gat en haar naels wat diep krapmerke op my boude maak.

Dis dierlik en hemels tegelyk en sy begin diep uit haar maag uit kreun toe sy kom en kom en kom. Haar sap loop warm oor my voël uit haar uit en drup op die grond – golf na golf warm sap wat my voël omvou en selfs nog harder maak.

Dis onmoontlik – ek het nog nooit in my lewe so ’n harde ereksie gehad nie. En ek het nog nie eers gekom nie – nog nie eers naby nie. Die toneel voor my oortref my wildste drome en ek is so jags soos ek nog nooit was nie, maar dit is asof haar orgasme en behoefte om gebruik te word my amper koud gemaak het. Ek voel asof ek haar die heelnag kan naai en nooit hoef te stop nie. Ek gryp haar hare vas, dwing haar op haar knieë voor my en druk my hele voël diep in haar mond in. Ek naai haar mond – haar pragtige rooi lippe omvou my voël en sy suig terwyl sy my ballas met al twee haar hande brei.

“Genoeg,” sê ek, trek my piel uit haar mond uit en help haar om op te staan, haar hare deurmekaar, haar mond ’n rooi vlek en haar maskara oor haar hele gesig gesmeer.

“As dit die beste is wat jy kan doen, moet ek jou nog ’n paar dinge leer,” sê sy deur daardie pragtige lippe wat glinster van haar eie kom.

Ek trek haar onder die stort in en soen haar mond, haar nek, haar tiete, haar rug, haar poesie, die agterkant van haar bene terwyl sy doodstil onder die warm water staan. Ek was haar hare en haar rug, tussen haar bene, haar hele lyf, en lek die water druppels van haar lyf af. Haar oë is toe van die genot en ek hoor hoe sy hyg om asem te haal.

“Buk vooroor,” beveel ek haar en ek druk ’n vinger vol badolie in haar anus in. Dis baie styf en ek hoor hoe snik sny van die pyn, maar ek hou aan om haar gat glad te maak met die badolie.

“Naai my asseblief,” fluister sy. “Ek moet jou piel in my voel.”

“Wanneer dit my pas,” sê ek, alhoewel my voël stokstyf en kliphard voor my uitstrek – soekende na haar warm lyf.

“Was my,” beveel ek haar en sy gebruik haar hande en haar lippe en haar lyf om my te was. My voël is skoon seer so hard is hy, maar toe sy aan hom wil vat, klap ek haar hande weg en sê sy moet agter my kom kniel. “Lek my gat en trek my draad,” beveel ek haar. Onmiddellik voel ek haar skerp warm tong op my anus – sy lek en probeer om die punt van haar tong in my hol in te druk. Terselfdertyd trek sy my draad met al twee hande – hard en vinnig en dan met sagte, lang hale. Ek maak my oë toe en geniet die sensasie wat in sulke golwe deur my lyf loop. “Waar kom ek aan dié kak?” wonder ek. “Nie eers in my wildste wet dream het ek al ooit daaraan gedink om ’n vrou sulke dinge te laat doen nie.” Ek kan voel hoe die spanning in my ballas begin opbou en ek begin om my eie draad te trek – hard, sonder genade.

Ek draai om na Michelle toe waar sy op haar knieë sit op die stortvloer met die warm water wat sulke strome loop oor haar pragtige gesig, nek en tiete en so ’n dammetjie maak tussen haar sagte bobene en vat ’n handvol van haar rooi haardos om haar gesig opwaarts te draai na my toe. Daardie pragtige oë kyk na my vol wellus terwyl ek draadtrek en sy lek oor haar lippe met haar klein pienk tongetjie. “Kom in my gesig,” beveel sy my en suig al twee my balle in haar mond in. Dit druk my oor die afgrond en ek spuit strale kom oor haar gesig, in haar oë, in haar hare, sodat dit voel asof my hele liggaam ontplof het en in strome teen haar warm lyf afloop. Ek kan nie meer staan nie en sak langs haar op die stortvloer neer terwyl die water oor ons loop en ons skoon was.

Toe ons uiteindelik kan opstaan, droog ons mekaar af en soen diep en innig terwyl ons hande oor mekaar se lywe gly.

“Ek is nog nie klaar met jou nie,” sê sy.

“Wel, ek is aan die einde van my perverse verbeelding,” sê ek vir haar met ’n glimlag so tussen deur sagte soene op haar gesig. “Ek is nie seker waar dit alles vandaan gekom het nie, maar jy maak my so jags dat ek jou net heeltyd wil soen en steek en vashou en steek sonder om op te hou.”

Sy glimlag en lei my aan die hand na die bed toe. “Jy doen heel goed op dié stadium, maar ek is nog honger,” sê sy terwyl sy teruglê teen die kussings op die bed en ’n sigaret opsteek. “Eet my,” beveel sy en trek haar bene op en sprei haar poesie wyd oop met haar vingers sodat ek vrye toegang tot haar binneste het.

Ek is mal daaroor om ’n vrou te eet en laat my nie twee keer nooi nie. My tong en lippe drink haar in – haar reuk oorweldig my en my vingers speel met haar anus en klit totdat haar lyf begin ruk en haar sappe vrylik oor my ken drup tot op die sagte sy-lakens. My jagsheid ken geen perke nie en ek trek haar van die bed af op en laat haar hande-viervoet oor ’n voetbankie kniel voor die groot vollengte-glasvensters wat uitkyk op Tafelbaai en Robbeneiland.

“Ja, asseblief. Naai my hard,” hyg sy en ek lek haar anus wat nog glibberig is van die badolie. Ek trek haar boude verder oop terwyl ek wydsbeen oor haar hurk en druk en my klipharde voël in haar in – eers versigtig en dan harder soos haar anus ontspan en sy my dieper en dieper in haar toelaat. Ek het nog nooit iets so styf en warm gevoel nie – haar anus is soos ’n satyn-handskoen om my voël – sag en glad. Met elke steekslag druk ek die volle lengte van my voël in haar in en terwyl sy met haar poesie speel, stamp sy haar heupe ritmies terug om my so diep as moontlik in haar te laat in te gaan. “Trek my hare,” kreun sy en ek vat ’n handvol en trek haar kop terug totdat dit amper tussen haar blaaie rus. Sy snik van die pyn, maar sodra ek ’n bietjie skiet gee, skreeu sy op my om haar hare harder te trek en haar nog harder te naai. Haar rug is gebuig en so styf soos ’n boog getrek met sweet wat vrylik oor haar nek en rug loop tot in haar gat om dit nog warmer en natter te maak. Haar gekreun, die sweet van haar lyf, haar boude wat meedoënloos stamp teen my ballas en die toneel van my voël diep in haar gat oorweldig my en ek kom met soveel oorgawe dat dit by haar uitloop en teen haar bene af op die bank en die vloer. “O fok, o fok, o fok, moenie ophou nie,” hyg sy en haar rug en bene trek krampagtig saam terwyl ek voel hoe haar bloedige hitte teen my bene druk en my verbrand. Sy gil en ek druk haar kop in die bank in terwyl ek aanhou om haar te naai terwyl sy haar vingers naarstiglik in haar poesie indruk en ek kan voel hoe daar golwe deur haar spoel totdat sy met ’n snik op haar maag inmekaar sak.

Met arms en bene wat langs die voetbankie afhang en haar sopnat haredos oor die rand lê Michelle asof sy dood is – haar asem wat hyg wys dat sy verby omgee is. Ek gaan sit wydsbeen voor haar op die punt van die bankie en met een hand lig ek haar kop op sodat haar gesig tussen my bene is. “Suig,” beveel ek en druk my voël met my ander hand in haar mond in. Sy suig dit vollengte tot agter in haar keel in en kyk op na my met haar pragtige oë – oë wat glinster met so ’n groen skynsel – soos die see.