Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books

Nuut by LAPA Uitgewers


2011-06-09

Untitled Document


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Junie:

Lemoenseisoen, Vuurvreter, Verklikker, 'n Brie-avontuur, My groot boek oor musiek.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Formaat:

129 x 198 mm Sagteband
ISBN:
9780799348774
Prys:
R165,00



Klik en koop

Lemoenseisoen
Skrywer:
Kristel Loots

Al wat Suzy van die lewe wil hê is ’n nuwe selfoon, dat haar dogter nie met ’n geskeide man moet uitgaan nie en ’n lyf langs hare wanneer sy in die oggende wakker word. Is dit nou regtig te veel gevra?

Suzy moet leer dat die lewe soos ’n lemoen is. Dat jy die lastige pitte tussen jou tande moet uitspoeg voordat jy jou versadig kan drink aan die stroopsoete sappigheid daarvan.

Lemoenseisoen is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Formaat:
129 x 198 mm Sagteband
ISBN: 9780799346602  
Prys:
R170,00

Klik en koop


Vuurvreter
Skrywer:
Leon van Nierop

Die vermaaklikheidsbedryf bereik in 2009 ’n laagtepunt. Baie produksiehuise speel bankrot en kameramanne sit sonder werk. Die pryswennende kameraman Henno Barnard bly op ’n rivierboot op die Chobe Rivier duskant Kasane in Botswana waar hy insetsels maak vir ’n Suid-Afriaanse TV-program wat skielik eindig.

Maar dan word verskeie moorde in die omgewing gepleeg en besef Henno dat almal nie is wie hulle voorgee om te wees nie. Boonop is iemand agter die stories aan wat hy nou vir televisie skiet en hulle nie sal huiwer om hom uit die weg te ruim om die beeldmateriaal te kry nie.

Vuurvreter is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook by LAPA Uitgewers. Kontak 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.


Formaat:
129 x 198 mm Sagteband
Prys: R170,00
ISBN:
9780799349573  

Klik en koop

Verklikker
Skrywer:
Leon van Nierop

Waarheid. Leuens. Onheil  

Treine het nog altyd vir Marco Lange ’n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie. 

Verklikker is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Formaat: 
215 x 280 mm Sagteband
ISBN: 9780799349528 Prys: R175,00




Klik en koop


'n Brei-avontuur met Suid-Afrikaanse wol
Skrywer: Dana Biddle

Kreatiewe en unieke breipatrone vir oud en jonk om die Winter te trotseer. Die moderne aanslag en interessante inligting oor breidraadvervaardigers maak ’n Brei-avontuur ’n mòèt vir enige brei-entoesias.
Die boek sluit onder andere in:

  • 22 Suid-Afrikaanse breidraadvervaardigers en hulle stories
  • Kontakbesonderhede van breidraadhandelaars en breidraadvervaardigers
  • Instruksies oor hoe om jou eie skeppings te ontwerp
  • Vrye-hand breiwerk en versiering, brei-appliek, sirkel-, buisvormige asook modulêre breiwerk
  • Meer as 40 patrone vir mans, vroue, kinders, babas en die huis
  • Volledige instruksies en grafieke
  • Grootte- en omskakelingstabelle
Die boek is ook beskikbaar in Engels as A Knitting Adventure with South African yarn en beide boeke is beskikbaar by toonaangewende handelaars en ook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.


Formaat:
301 x 252 mm Sagteband
ISBN:9780799347555
Prys: R130,00


Klik en koop

My groot boek oor musiek

Ervaar die klanke en ritmes van verskillende kulture, verken al die verskillende tydperke en style, en kom meer te wete omtrent die lewens en werk van die belangrikste komponiste en uitvoerende kunstenaars. Luister op die ingeslote CD na die musiek waaroor jy in die boek gaan lees – van ’n tradisionele Chinese melodie tot Karibiese staaltromme.

En maak dan self musiek: Daar’s ’n hele reeks prettige aktiwiteite wat jou die kans gee om jou eie musiekinstrument te maak, ’n dansnommer te choreografeer of jou eie rap-liedjie te skryf!

My groot boek oor musiek  is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.