Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Oggendrit


John de Wildt - 2011-06-08

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 Dit was ’n herfsoggend net na sewe toe ek die sms kry: “slegte nag by die hospitaal. kan ons gaan ry?”

Ek het haar al telkens genooi om saam motorfiets te ry, maar sy wou nog nooit saamkom nie. Toe ek haar oplaai, sien ek dat sy steeds in ’n slegte bui is en ek besluit om liewer nie uit te vra nie. Terwyl ons ry, sit sy ver agter, afsydig, klou aan die handvatsels vas.

By die eerste uitkykpunt hou ek stil. Sy lyk beteuterd en miserabel. Ek gooi vir ons koffie in bekers en steek ’n sigaret op. Sy hou die beker bak in haar koue hande en vat klein teugies daarvan. Ek het haar nog nooit sien rook nie, maar sy steek twee vingers na my toe uit. Ek gee die sigaret vir haar aan en sy vat ’n diep trek.

“Jy oukei?” vra ek.

Sy skud haar kop effens en probeer dapper glimlag.

Toe ons weer ry, gaan dit beter. Sy sit stywer teen my en ek geniet die draaie in die pas. Ek, sy, die motorfiets, nou in harmonie met die kronkelende pad. Ons kom by die natuurreservaat en hou daar stil. Dit is nou heelwat warmer en sy glimlag effens toe sy die valhelm afhaal. “Dit was lekker.”

By die koffiewinkel geniet ons ontbyt by ’n tafeltjie in die trietsige sonnetjie. Ons kyk uit op die kampterrein, wat, soos gewoonlik, feitlik leeg in die middel van die week is. Dan kry ek ’n gedagte. Ek verskoon myself en gaan koop ’n dagbesoekerspermit by die ontvangs en maak ’n draai by die winkeltjie. Toe ek terugkom, wys ek die permit vir haar.

“Hoekom?” vra sy peinsend. “Ek het nie lus om te gaan stap nie.”

“Ek ook nie.”

“Wat dan?”

“Jy sal sien.”

“Gaan ons ry?”

“Nie nou al nie. Kom saam.”

Ek parkeer die motorfiets in die kampeerterrein naby die verste ablusieblok, weg van ander kampeerders. Terwyl ons op ’n stomp in die sonnetjie sit, steek ek nog ’n sigaret aan.

“Wat voer jy in die mou?” vra sy, nou duidelik nuuskierig.

“Ek dink jy moet vir ons ’n lekker warm bad gaan tap.”

“Mmm, dit klink na ’n goeie plan,” antwoord sy, nou met ’n glimlag.

“Kry jou nou-nou daar.”

Sy staan op en gaan binne. Ek hoor die water vloei en ontspan nog ’n rukkie, met die sonnetjie wat nou lekker op my rug bak. Toe dit lyk of niemand ons dophou nie, sluip ek vinnig in en vind haar in die laaste hokkie, waar die bad se stoom deur die oop deur trek. Sy is kaal en sit in die wasem op die rand van die bad. Haar vingers speel in die water. Sy lyk rustig en ontspanne.

Toe ek binnekom,staan sy op en omhels my. Ons lippe raak mekaar effens en dan begin haar tong tussen my lippe speel. My tong vind hare en gou ontwikkel dit in ’n diep, passievolle soen. Ek voel ’n hittegolf in my lyf opwel en kan nie wag om van die klere ontslae te raak nie. Met ons tonge nog steeds verstrengel, help sy my om uit die swaar ryklere kom.

In die bad week ons liggame in die heerlike hitte van die warm water. Sy lê half langs my, half oor my, haar kop op my bors. Haar lang hare dryf in die water. Haar asemhaling is diep en rustig. Hoe lank ons so gelê het, weet ek nie, maar die water het al begin koud voel toe sy regop sit om nog warm water in te tap. Sy gaan lê op haar rug in die water. Haar vol borste dryf soos twee eilande net bo die watervlak, haar bene is oop.

“Maak toe jou oë en jou mond oop,” vra ek.

Ek vroetel in die rybaadjie se sak en haal ’n blok sjokolade uit. Ek breek drie stukkies af en plaas een op elke nippel. ’n Lang stukkie sit ek in haar mond sodat die helfte uitsteek. Ek gaan lê oor haar en druk die sjokolade tussen ons vas terwyl ek aan die helfte buite haar mond begin suig. Die sjokolade tussen ons lywe begin smelt, die bitter-soet geur vul die lug.

Haar tong werk eers saggies, maar toe gulsig in my mond soos wat sy probeer om soveel as moontlik sjokolade in die hande te kry. Toe dit op is, skuif ek terug en begin die sjokolade van haar nippels aflek. Sy lê met haar kop onder die water, net haar gesig steek uit. Haar hare vul die ruimte in die water om haar kop. Haar oë is toe, haar gesig vertrek van die genot. Ek voel die ritmiese bewegings van haar liefdesheuwel in my maag.

Met al die lekkerte opgelek, sit ek regop en sy kom orent. Haar lippe beweeg dadelik na my nippels, wat ook goed besmeer is. Eers lek sy die sjokolade af en begin dan liggies byt aan die stywe tepeltjies. Dit veroorsaak hewige sensasies in my onderlyf en ek word klei in haar hande.

“Kom sit op die rand,” vra sy dié keer.

Wanneer ek sit, skuif sy tussen my bene in, my penis reg voor haar mond. Dan neem sy nog sjokolade en vryf dit teen die stokstywe skag. Haar tong lek dit van die basis af op en wanneer dit bo kom, omvou haar lippe die kop. Met haar vinger volg sy die naat van my penis, oor my skrotum tot by die sensitiewe plekkie daaragter. Met die punt van haar vinger masseer sy my liggies terwyl die punt van haar tong die rand van my glans omsirkel.

Dan staan sy op en draai haar rug na my. Sy buk vooroor en haar vagina verskyn, die lippies reeds opgeswel. Ek vryf met my hand daaroor en voel die glibberigheid van haar liefdesappe. Sy is gereed. Ek bring myself in posisie, maar bedwing myself om haar nie binne te dring nie. Ek terg haar met die kop van my penis tussen die vou van haar boude, van bo af, verby haar ringspier tot by die geswolle lippies. Dan skei ek hulle effens met my penis se punt, maar penetreer haar nie. Begin weer voor. Teen die soveelste keer kan sy dit nie meer hou nie en gryp sy my penis met haar hand vas. Sy beweeg haar lyf agtertoe en sluk my in. Dan kry ons lywe ritme en neem heeltemal oor.

Skielik oor ons stemme in die badkamer …

Skoonmakers!

Ons is nou verby die keerpunt en ons kan nie meer ophou nie. Ons orgasmes kom gelyk.

Ons probeer dit so stil as moontlik hou, maar ’n diep brulgeluid wel in my op wanneer ek voel hoe intens sy my vasklem. Sy gooi haar kop agteroor en kreun kliphard. Dan word dit stil. Doodstil. Net ons asems wat nog jaag. Ek sak ek terug in die water, sy sit op my, my penis in haar vasgeklem. Dit verslap en glip stadig uit haar lyf.

Toe ons uiteindelik uitklim, kom ons agter ons het nie handdoeke nie. Ons gebruik maar ons T-hemde en droog so goed moontlik af.

Die skoonmakers het skynbaar besluit om maar buite vir ons te wag. Hulle staan en klets in die sonnetjie, groet ons vriendelik toe ons saam by die deur uitstap. Dit was toe al heelwat warmer en ons halfnat lywe was gou weer snoesig in die ryklere.

Op pad terug hou sy styf aan my vas en ons geniet die rit huis toe, bewonder die herfskleure en waardeer die vars lug.

“Dankie,” sê sy toe ek haar aflaai. “Jy weet altyd presies hoe om my beter te laat voel.”