Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Kompetisies | Competitions

Herwonne-woorde: Die sneeuslaper


Sunita Keyser - 2011-06-07

Die sneeuslaper

Klik hier vir die oorspronklike artikel.

(met apologie aan Marlene van Niekerk & Joan Hambidge)
Opgedra aan: die skryfproses

om terug te keer na die digkuns
’n plesier wat buite woorde bestaan
sand word in die sandloper geplaas
’n appelboord uit die lewe kaap
dis hoe ek skryf
vername woorde
ruie vertellings
’n swerm vreemde lewerike
in die digte newels van die taal
om te ontvlug vanuit
die kraaines van verlange
alles stroom deur grens en eeu aaneen
die glipraam van die aanbod
selfrefleksief
gehipnotiseerd op die draaiende spieël
is hy muse? wat blinkoog flirteer
as kreatiewe begeleier