Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books

Nuut by NB-Uitgewers


2011-06-01

Untitled Document

Nuut by NB-Uitgewers dié Junie:

Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands, Boereoorlogstories: 34 Verhale oor die oorlog van 1899–1902, Betrayed: A Mother’s Battle for Justice, As die stroom jou vat: Die raaisel van selfmoord, Rugbymal: Stories uit die pawiljoene en Tuis – Doen-dit-self

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Pharos
ISBN:
9781868901203
Prys: R995


Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands
Willy Martin

Dié woordeboek bevat bykans 60 000 Afrikaanse en Nederlandse trefwoorde wat in een deel saam beskryf word. Die woordeboekartikels uit albei tale is letterlik saamgevoeg en saamgesmelt. Dit maak regstreekse vergelyking van die twee tale baie makliker. By elke trefwoord word grammatiese inligting gegee, soms ook konteksleiding, en voorbeeldsinne illustreer betekenisse.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlandsnou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624051398
Prys:R195


Boereoorlogstories: 34 Verhale oor die oorlog van 1899–1902
Jeanette Ferreira (samesteller)

Die Anglo-Boereoorlog het sy spore op die ganse Suid-Afrikaanse bevolking gelaat. Hierdie is die skeppende bydrae van die voorste skrywers in die Afrikaanse literatuur. Bydraers sluit in Eleanor Baker, Chris Barnard, François Bloemhof, Kerneels Breytenbach, Alexander Strachan en Marlene van Niekerk. Met dié heruitgawe, 112 jaar ná ’n lotsbestemmende ingryping in die Suid-Afrikaanse samelewing, spreek dit opnuut daarvan dat oorlog verpletter en dat verraad ’n stukkende woord is. Want deur die kreatiewe skrywer se oog gaan oorlog in die eerste plek oor mense. In die geheel is dit vir skrywers én lesers ’n nuwe kennismaking met ons wortels, onsself en mekaar.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Boereoorlogstories: 34 Verhale oor die oorlog van 1899–1902nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624051671
Prys: R150



Betrayed: A Mother’s Battle for Justice
Carol Thompson with Roxanne Reid

Een oproep het Carol Thompson se lewe heeltemal verander: haar dogter se kar is langs die pad gevind … Dae later sou ’n plaaswerker Tracey se liggaam in ’n veld vind, naak en met ’n tou om haar keel. Carol en haar gesin se lewe is verwoes – nie net deur die moord nie, maar ook deur die polisie se onbekwame ondersoek. Hier vertel Carol Tracey se verhaal, die verhaal van ’n meisie wat van kleins af mense wou help, maar keer op keer verraai is deur die aaklige werklikheid van die lewe.  

A phone call shattered Carol Thompson’s life: her daughter’s car had been found abandoned on the roadside … Days later the body was found – but after five years, due to astonishing police incompetence and callousness, the murder remains unsolved. This heartbreaking true story is a powerful judgement on policing in South Africa.


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624049708
Prys: R165


As die stroom jou vat: Die raaisel van selfmoord
Jeanne Els

Ten spyte van ’n belofte aan haarself, ná haar pa se selfmoord, dat sy nooit selfmoord sal oorweeg nie, het Jeanne Els jare later teen dieselfde afgrond gestaan. In As die stroom jou vat beskryf sy hoe sy, danksy genade, volgehoue terapie en medikasie, haar lewe kon hervat. Sy ondersoek die raaisel van selfmoord en gesels openhartig met ander bekendes wat probeer selfmoord pleeg het en met gesinslede en vriende wat die selfmoord van ’n geliefde beleef het.

Klik hier en koop As die stroom jou vat: Die raaisel van selfmoord nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624048756
Prys:R160


Rugbymal: Stories uit die pawiljoene
Jaco Kirsten (samesteller)


Gesonde belangstelling of totale verslawing? Wat maak dat soveel Afrikaanse mans (én vroue) heeltemal rugbymal is? In dié boek verduidelik oud-Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners waarom hulle so versot is op die spel. Hulle vertel van die waardevolle lewenslesse wat hulle op én van die veld af geleer het, van Nuweland tot Soweto. In hierdie stories is Dok Craven altyd die held, klap die vuiste nog en is die ref gewoonlik verkeerd. Dit is rugby op sy beste – deur die oë van sy grootste ondersteuners.

Klik hier en koop Rugbymal: Stories uit die pawiljoene nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151429
Prys: R230


Tuis – Doen-dit-self
Tuis-tydskrif

Maklike selfdoenprojekte vir elke vertrek van jou huis. Dit bevat 35 projekte; stap-vir-stap-aanwysings by elke projek; illustrasies en kleurfoto’s; volledige inkopielyste en projeknotas en bekostigbare en maklik verkrygbare materiaal. Die boek bestaan uit vyf afdelings: leef, slaap en bed, bêre, kinders en buite. Ook in Engels beskikbaar as DIY-with Home.