Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfraad

Lewies Botha se raad aan voornemende digters


Lewies Botha - 2011-05-31

Lewies Botha se raad aan voornemende digters

  • Die beste raad wat ek het vir aspirantdigters is om liewer nie gedigte te pleeg nie, tensy die skeppingsdrang jou so oorweldig het dat jy jou nie kan verhelp nie. (Oorweeg dan in elk geval om eerder te skilder; of dalk kan jy sing. Die kanse op roem en rykdom in ’n rockband is meer waarskynlik.)

  • As jy dan moet, kan jy wenke maklik genoeg op die web Google. Soos:
    • vermy sentimentaliteit
    •  vermy clichés
    •  dig konkreet
    •  rym baie versigtig ensovoorts.
  • Word ’n liefhebber van poësie, versamel jou gunstelinge, soek en ontdek nuwe gedigte.

  • Koop tog ’n digbundel. Dit sal help as daar meer poësielesers is as digters.

  • Haal al drie dele van die Groot verseboek uit sy blik en lees hulle.

  • Op die webtuiste American Life in Poetry is daar oor die 300 gedigte vir die leser en die aspirantdigter om te geniet. Die gedigte is baie toeganklik (lees maklik). Lees en probeer agterkom hoekom werk die gedigte vir jou. Dalk leer jy iets.

  • Hier kan jy ’n gratis toepassing vir jou iPad, iPod touch of iPhone aflaai met duisende  gedigte vir lees terwyl jy op die lughawe wag.

  • In die digkuns, soos in ander kunsvorme,  geld dieselfde resep vir kreatiewe sukses: talent, tegniek, bemeestering van jou gereedskap of jou instrument, dissipline, oefening, geluk, aanhangers, publisiteit en leermeesters.  

Lewies Botha beveel die volgende boeke aan:

  • The French Lieutenant's Woman – John Fowles  
    "We all write poems; it is simply that poets are the ones who write in words."  
  • The Little Prince – Antoine de Saint-Exupéry
  • The World According to Garp –  John Irving
  • Triomf -  Marlene van Niekerk
  • Oscar and Lucinda – Peter Carey

Lees meer oor Lewies op LitNet: