Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 31/05/2011: Bibi S se “Oorvloed en ontneming”


Waldemar Gouws - 2011-05-30

Beste Bibi

Ek het baie plesier en gestimuleerde (nie gesimuleerde nie) nadenke uit jou resensie geput. Dit is duidelik dat jy nie heeltemal is wat jy eet nie. Of dat jy leef om te eet nie – nie met so ‘n aktiewe kritiese bewuste gediversifiseerde blik op die kos op jou bord nie. Nadat hulle gelees het dat klapperolie Alzheimer se siekte effektief teenwerk, wil my oudste vriendin (92) se kinders haar aanspoor om hierdie middel daagliks te gebruik, want haar toenemende seniliteit begin nou opspraak in die buurt verwek. Of mens herbivories of omnivories leef (uit beginsel of nie) is nie uiteindelik deurslaggewend vir die gehalte van jou kophouvermoëns nie. Sal ‘n vegan wat aan geheueverlies ly ‘n stukkie wors vermy? Of ‘n vleiseter met dieselfde toestand tofu verkies? Toe sy van die klapperolie-beleid hoor, het ‘n jonger (so 50) en tans redelik beter, vriendin vir my die volgende twaalf punte gestuur. Dit mag jou miskien interesseer:

Volgens my nuwe boek* oor lewenstyl-dinge om te doen om die gevreesde groot A te keer, gaan geen EEN ding help nie, in ieder geval nie op 92 nie – vd honderde dinge wat die skryfster aanbeveel is:

Numero Uno – maak vyftig persent verskil: oefening (vir vinniger bloedvloeiing na brein).
2. Estrogeen (betyds begin in menopouse).
3. Nikotien-plakkers (maak brein oop).
4. Helderkleurige groente en vrugte eet – 5 - 9 per dag …
5. Do NEW things (mentally, physically, socially).
6.Eet Mediterreens (knoffel, uie, tamaties, olyfolie, asyn en slaai).
7. Eet borrie, kaneel, kerrie, eiers.
8. Vermy suiker – moedig Alzheimer’s aan.
9. Drink kakao, eet bitter sjokolade & drink sterk moerkoffie & drink een (vroue) tot twee (mans) glase rooi wyn per dag.
10. Drink acetyl-l-carnitine & alhpa-lipoic acid (??? hierdie goed wil ek nog gaan soek by Dis-Chem).
11. Drink sap (van enige vrugte, veral appel) elke dag en wees "easy going en upbeat".
12. Stap baie, slaap goed en eet spinasie.

*Laat sy die boek gaan koop: Jean Carper – 100 simple things you can do to prevent Alzheimer’s and age-related memory loss 2010 – maar duidelik te laat vir die ou dame …

Ek eet byna elke dag vis.

Voel van al die dinge geen snars beter nie.

Groete

Waldemar Gouws