Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 29/05/2011: aan eie lot oorgelaat


Jacobus Faasen - 2011-05-27

aan eie lot oorgelaat

Millennium Drie Mens krities diep in krisis,
onkundig oor alles wat oor eeue verloor is,
geen kennis van kultuur, geskiedenis, reg,
of idee waar Paradys se stokou grenslyne is,
hoekom Vader, Skepper, Mens, Eigene Kind,
laissez faire, dom-nooslik, laat voortploeter

Skepsel, opper-onkunde-ontkenningskenner,
neo-aanbidder van “Duiwelspiek”-heerser,
waarde van norme, moraliteit, etiek,
deur ultra-ironie van Self-destruksie,
van Gewete-loosheid, lat Mens Mens,
Self, wat nog van Eie, Self, nog oor is,
verduiwels, destruktief, stuk vir stuk,
uit laat ruk, af laat breek, laat onderwerp,
nes “Duiwelspiek”-dissipels, neo-nepotiste,
strategies gerat vir sjatanstruktuurgeweld

“Duiwelspiek” ’n struikelblok op Mens weg,
veral vir diegene wat reeds kop, mooi besef,
sjatan ont-Mens Mens, verlei, smokkel, beroof,
stempel Siel, slagoffer-nommer op voorkop,
reg vir hlungu in sy donker sel, sjatanies hel,
een meer gewetenloos as ander, nes super-ikoon,
kloaka nihilisties wil afvee aan Gewete-herwinning,
aan enige hoop op die Sterkstes se Oorwinning

Jacobus Faasen