Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die Oase en die rally


John de Wildt - 2011-05-27

Dit was Donderdagaand toe Hannes bel. Ons gesels oor ditjies en datjies toe hy met die rede vir die oproep vorendag kom.

“Gaan jy die naweek rally toe?”

“Ek het nog nie finaal besluit nie.”

“Ek sou vinnig besluit as ek jy is. Luister eers hier. Onthou jy vir Jessica wat laas saam met my gegaan het?”

Ek onthou die pop vaagweg. Baie mooi en sexy. In haar middel-twintigs. Een van daardie leef-in-die-oomblik tipe mense. Sy kan ’n handvol wees, veral op rallies waar mense minder inhibisies as gewoonlik openbaar.

“Ek het haar belowe sy kan weer saam met my rally toe gaan, maar ek kan nie meer gaan nie. Ek gaan die hele naweek met ’n gebreekte ratkas spook. Die trekker moét Maandag loop – ek moet volgende week klaarmaak met die plantery. Sy is baie gatvol vir my. Ek het voorgestel dat sy saam met jou gaan. Dis nou as jy belangstel.”

Die saak is uitgemaak – ek gaan.

Dit is een van die kleiner rallies wat by ’n dorpie op die R62 in die Klein Karoo aangebied word. Ek pak vinnig en gaan die motorfiets na. Ek skakel vir Jessica en reël dat ek haar in die Paarl sal oplaai.

Die volgende oggend vat ons die pad. Ek vermy die Hugenoot-tonnel, want dit voel soos ’n vergassingskamer op ’n motorfiets. Ons ry eerder oor die Du Toitskloofpas, ’n opwindende roete met min verkeer en ’n pragtige uitsig oor die Boland, veral in sulke lekker weer. By Worcester draai ons af na Robertson en Ashton toe. Op Montagu drink ons koffie en klim op die R62. Na Barrydale raak die pad eentonig, sulke lang reguit stukke met min te sien. Jessica is verveeld en sy het rooimiere, skuif die heeltyd rond en verander van posisie. Ek voel lus om te stop, maar daar is nie eintlik ’n plek nie. Ons is al by Ronnie’s Sex Shop verby en daar was in elk geval te veel mense. My regterarm word swaar en draai die greepversneller effens te veel oop.

Dan sien ek dit. Bordjies langs die pad so dertig meter uitmekaar:

BIKERS
SLOW
DOWN
OASIS
1 km
AHEAD

Ek het nog nooit van die plek gehoor nie en is dadelik baie nuuskierig. Dit sal gaaf wees om ’n rukkie te stop, miskien ’n lekker koue bier te drink.

Ons kom by die afdraai, ’n gewone plaashek. By die hek is ’n bord opgesit en daar staan eenvoudig “THE OASIS, Bikers and over 18s only” ’n Verweerde man beman die hek en samel die toegangsgeld in. “R50,” is al wat hy sê.

Ek vroetel en haal ’n noot uit my sak. Gee dit vir hom.

“Sy 18?”

“Seker,” sê Jessica, zip haar leerbaadjie oop en druk haar tieties tot amper in die ou se gesig.

Hy maak die hek oop. Ons volg ’n erg verweerde grondpaadjie bult-af en kom by die sogenaamde oase aan. Die enigste permanente strukture is ’n ronde plaasdam, ’n watertenk en krip. Verder is daar ’n lendelam, krakerige ou windpomp. Om die plaasdam is ’n tydelike afskorting opgeslaan. ’n Verslete weermagtent dien as tydelike kroeg. Iemand braai wors, wat by ’n klein tafeltjie as “Boerie-rolls” verkoop word. Daar is omtrent 50 ander motorfietse. Ek parkeer en ons klim af. Jessica het haar baadjie nie weer toegezip nie en haar borsies peul steeds parmantig uit.

“Ek wil pie,” sê-vra sy die ou wat naby ons staan. Hy wys met sy vinger na ’n tydelike struktuur verder teen die bult af. Rolle toiletpapier wapper soos vlae in die wind.

“Toemaar,” sê sy en stap in die veld in. So 50 meter verder trek sy haar ry-jean af en raak ontslae van die ongemaklikheid. Niemand knip ’n oog nie.

Ek koop vir my ’n yskoue bier by die tent en kyk bietjie rond. Dan sien ek die klomp kaal lywe in die plaasdam en sommige wat onder stortkoppe, agter die afskorting, stort. Mans en vrouens deurmekaar. Jessica stap by my verby na die motorfiets toe. “Ek gaan swem,” kondig sy aan. Sy trek alles behalwe haar leerbaadjie en g-string uit. Binne die afskorting trek sy dié ook uit. Ek verwonder my aan haar pragtige, sexy lyf toe sy op die damwal staan. Dan spring sy in.

Ek koop ’n boereworsrol en staan met van die manne en gesels. Dan sien ek vir Jessica aan haar arms oor die rand van die damwal hang. Sy gesels lekker met ’n ou wat op die damwal sit. Hulle glimlag vir mekaar. Nie lank nie of sy is tussen die man se bene in en hy soen haar op haar voorkop en dan op haar lippe. Die aaklige gevoel van jaloesie begin in my opwel, maar ek besluit om hulle nie verder dop te hou nie. Sy is in elk geval 15 jaar jonger as ek; laat sy maar haar gang gaan.

Dan sien ek hulle, sy in haar leerbaadjie en g-string en hy in sy onderbroek, die paadjie volg tot verby die tydelike toiletgeriewe. Ek hou hulle dop waar sy die baadjie uittrek en hulle in die veld, tussen die karoobossies, staan en soen. Dan gaan lê hy. Sy ry hom wild, haar borsies bons en haar lang hare volg die bewegings van haar kop. Ek kyk weer anderkant toe.

Later kom hulle teruggedrentel. Hulle stort agter die afskorting, lag, speel en kafoefel. Dan kom sy uit, hy agterna. Sy trek weer haar haar ry-jean aan en maak haar hare vas. Ek het nou baie lus om weg te kom en die pad te vat. Ek wonder of ek ooit moes gekom het, of dit die moeite werd was om haar saam te bring.

By die motorfiets stel sy my voor aan Steve. Nie dat ek veel belanggestel het om hom te leer ken nie. Sy groet hom met ’n soentjie op die wang. Dan stap sy oor na my, gee my ’n lekker drukkie en soen my saggies op die mond.

“Dankie,” fluister sy in my oor.

Ons klim weer op en vat die slegte paadjie terug teerpad toe. Weer terug op die teerpad, ry ons lekker saam. Sy sit styf teen my, haar arms om my heupe. Elke nou en dan gee sy my ’n drukkie met haar arms, druk met haar bene teen my boude. Sy is vrolik en bons effens op en af op die maat van die musiek uit haar iPod. Die son is al laer en die karoobossies se sterk reuk begin my valhelm binnedring. Die wolke voor ons begin pers, blou en oranje verkleur. Die laaste 50 km tot by die rally was bike-ry op sy beste, ’n semi-erotiese ervaring.

By die rally aangekom, soek ons ’n lekker plek om die tent op te slaan en te parkeer. Sy gaan koop vir ons koue bier terwyl ek die motorfiets afpak. Dan help sy my met die tent en sit beddegoed binne reg. Die musiek het al begin en ek sien uit na die ruk-en-rol-konsert. Sy verdwyn in die tent en kom uit met ’n skoon wit T-hemp en ’n vars g-string aan, haar jean in die hand. Dié trek sy buitekant aan.

Terwyl ons opstap na die stalletjies en die musiek, haak sy by my in. Sy ruik lekker en ek voel haar hare in my nek. Ons koop vir ons aandete en gaan sit op die gras om na die musiek te luister. Toe ons klaar geëet het, gaan lê sy met haar kop op my bobeen, haar sexy lyf uitgestrek. Die meeste van die mans (en sommige vrouens) wat verbystap, bekyk haar deeglik en ek weet presies wat hulle dink. Sy steur haar egter nie aan hulle nie. Voor by die verhoog is die jongklomp aan die dans. Ek verbaas my dat sy nog nie by hulle aangesluit het nie. Later raak ek moeg en besluit om te gaan slaap.

“Wil jy nie daar voor gaan dans nie? Ek wil gaan inkruip.”

“Oukei, dis nog vroeg,” antwoord sy, staan op en stap af na die verhoog.

Daar gekom, word sy dadelik ’n sletsappie aangebied deur een van die ouens wat haar nog die heeltyd dophou. Ek bekyk die spul nog ’n rukkie en sien hoe sy haar lyf sensueel rondswaai en dadelik al die aandag op haar trek. Dan stap ek terug tent toe. Ek wonder of sy weer ons tent gaan kry en of sy ooit beplan om terug te kom. Ek gee nie eintlik om nie.

Voor ek gaan slaap, gaan stort ek. My orgaan hang slap en ek is half verlig dat ek van Jessica ontslae geraak het. Toe ek in die tent inkruip, sien ek dat sy ’n dubbelbed met die slaapsakke gemaak het. Miskien het sy tog beplan om by my te kom inkruip.

Ek het net weggesluimer toe ek ’n kabaal by een van die tente naby ons hoor. “Fok! Waar is jy! Kom help my asseblief!” Dit was Jessica.

Ek stel ondersoek in en vind haar waar sy op haar maag tussen die tente lê. Sy is in die donker deur een van die tent-toue gepootjie. Ek help haar op en neem haar na ons tent. Sy lyk beteuterd, met ’n groot vuil kol op haar T-hemp en modder op haar wang.

“Wag, ek sal jou help,” sê ek terwyl ek die T-hemp oor haar kop trek. Ek neem die nat waslap en vee die modder van haar wang af. Sy lyk pragtig in die dowwe lig van die tent. Haar borste lê vol in haar bra.

“Jy is wonderlik,” sê sy saggies. “Dankie dat ek kon saamkom.”

Dan klim ons in die groot slaapsak in, ons lywe styf teen mekaar gedwing deur die opblaasmatras wat in die middel uitsak. Haar boudjies druk styf teen my lies en ek begin ’n reaksie in my ondrlyf voel. Sy kom dit agter en vat my piel in haar hand, vryf dit saggies heen en weer, die kop in die vou van haar sagte boudjies. Ek word kliphard. Dan lig sy haar been en speel met my kop tussen die voutjies van haar poesie. Sy is reeds nat en glad. Met een beweging verskuif sy haar lyf, slurp sy my in. Dan beweeg sy haar lyf ritmies teen myne en ek voel hoe haar stywe poesie my melk. Sonder dat een van ons kom, raak ons albei aan die slaap, ek diep binne-in haar.

Toe ek wakker word, lê sy met haar kop op my maag. Ek voel haar hand op my piel, besig om dit te bewerk. Dit is halfstyf wanneer sy dit in haar mond neem. Sy lek en suig behendig, haar hand kafoefel my balsak. Wanneer ek weer stokstyf is, vra sy: “Ek wil dit vir jou lekker maak. Hoe wil jy dit hê?”

“Ek wil eers jou poesie lek en dan wil ek hê jy moet my ry soos jy gister vir Steve gery het.”

“Mmmm …” sê sy en plaas haar knieë weerskante van my kop.

Sy terg my. Met haar poesie sentimeters van my mond beweeg sy haar heupe in sirkels. Elke keer as ek my kop oplig om haar te lek, beweeg sy effens vorentoe, net buite bereik. Elke keer as sy vorentoe gaan, kry my piel ’n lek. Dan bring sy haar poesie na my lippe toe en sodra sy my tong voel, vat sy dit weer weg. Ek word mal, want ek kan haar ruik, maar nie proe nie. Dan gryp ek haar heupe vas en dwing haar teen my lippe. My tong glip instinktief tussen die gladde voutjies in. Sy vryf haar klit teen my ken. My tong werk haar lippies en die binnekant van haar sopnat vagina. Dan voel ek die onmiskenbare rukbewegings van haar orgasme. My baard is deurweek met haar sappe.

Sy gooi ’n handdoek op die grond en ek gaan lê daarop. Sy kniel wydsbeen oor my. Met haar vingers is sy besig om haar poesie te vryf, haar klit is duidelik opgehewe. Weer terg sy my. Sy sak af tot by my piel en sodra dit aan haar raak, beweeg sy weg. Oor en oor. Weer wil ek mal word, haar nou met alle geweld binnedring. Uiteindelik sak sy oor my af en ek sien hoe ek in haar lyf verdwyn. Dan begin haar heupe ritmies maal, eers stadig, maar dan al hoe vinniger.

Sy verander van posisie, sit haar voete op die grond langs my boude en haar hande op my skouers. Sy gryp my piel met haar spiere vas en beweeg opwaarts, so sterk dit voel of sy my boude van die handdoek gaan lig. As sy bo kom, laat sy los, gly hard af. Haar boude tref my bene met ’n klapgeluid. Terwyl sy my so ry, swaai haar hare wild, haar nek agteroor gebuig. Haar lang hare kielie my in my lies. Sy voel die orgasme in my opbou en dan sak sy vir die laaste keer hard op my neer. Ek ontplof binne-in haar en sy kom saam met my. Met my voete op die grond lig ek my heupe hoog op van die lekkerkry, so hoog dat haar kop teen die dak van die tent stamp. Dit lyk of sy rodeo op my rukkende lyf ry. Sy sak op my neer en ons is totaal uitgeput. Ons lyfsappe loop uit, tussen my bene af. Sy lê stil op my bors, haar asemhaling nog diep en vinnig. Langsaam kalmeer dit. Dan lig sy haar kop op en glimlag vir my, klim af.

“Jy’s great,” sê sy terwyl sy haarself en toe vir my met die wit T-hemp afvee. Sy smyt die T-hemp in die hoek. “Dié gaan nie meer saam huis toe nie.”