Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Verklikker – Waarheid. Leuens. Onheil


2011-05-25

Verklikker
Leon van Nierop
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799349573
Prys: R186.95


Klik hier en koop Verklikker nou van Kalahari.net!

 

 







Treine het nog altyd vir Marco Lange ’n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie. 

Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë. En die rottang. Wat die skildery maak van die wese met die oopgesperde mond. Maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat net Marco kan sien.

“Ek skryf baie visueel sodat mense dikwels sê hulle sien my romans eintlik voor hulle afspeel. Terwyl ek skryf en herskryf sien ek ook die gebeure voor my afspeel.” – Leon van Nierop.

Leon van Nierop is 'n bekroonde skrywer en regisseur wat reeds 24 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale, ’n kabaret en akademiese boeke. Sy laatse besverkoper-roman is Vuurvreter wat in 2010 verskyn het.

Verklikker is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers.
Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.