Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Santie die skrywer


Wayne Pretorius - 2011-05-25

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Sy is ietsie in die veertig, goedversorg met die mooiste blou oë. Sy is ’n datatikster en sommerook PA vir een van ons direkteure. Sy het pragtige wit tande en ’n maklike lag. Sy het mooi borste, 36 C. Hulle druk in die oggende die mooiste tepels deur haar bloes/trui as sy oor die parkeerterrein aangestap kom kantoor toe. Ek het al baie gewonder hoe ek hulle van naderby kan beskou.

Ons is goeie vriende en so nou en dan kan ons ligweg flirt as ek by haar tafel ’n draai gaan maak. Haar humorsin is goed en sy speel gemaklik saam, maar laat nooit blyk dat sy enigiets verder sal oorweeg nie.

So kom ek per geleentheid weer by haar tafel, waar sy vuriglik aan die tik is, haar asem effens hygend en met ’n ligte blos op haar wange. Haar houding is effens gejaagd en bewerig en toe ek nader stap, verander sy die skerm na een van ons kwotasieprogramme, en ek steur my nie veel verder daaraan nie, want die halslyn van haar bloes maak net so ’n wit wangetjie van ’n bors wat knus in ’n turkoois kantbra lê, sigbaar! Ons deel ’n grappie en ek kry die inligting wat ek soek en maak my dadelik uit die voete voordat sy dalk bewus raak van die rigting van my oë!

Die middag moet ek laat werk aan ’n moeilike saak. Die tegniese besonderhede vereis al my konsentrasie en ek kom nie agter hoe die kantoor leeg loop nie.

“Wil jy koffie hê?”

Ek skrik my terug in die hede in, en daar staan sy. “Dis al halfvyf en almal is al weg. Werk jy aan die Boshoff-saak?”

Ek moet eers sluk om my stem reg te kry vir die antwoord, want die wit wang in die turkoois bra is onwillekeurig voorop in my gedagtes.

“Koffie sal lekker wees! Maar moet jy nie huis toe gaan nie?”

Sy lag haar wit, maklike lag. “Nee, ek het ook ’n ding wat ek moet klaarmaak waarvoor ek stilte nodig het. Ek bring vir jou koffie, want ek is ook nou dors!”

Die koffie het gekom en langs my staan en koud word soos ek my weer verdiep het in die ingewikkelde syfers voor my. Uiteindelik is dit die ongemak tussen my blaaie wat my dwing om op te staan en ’n bietjie bene te rek. Ek stap na haar kantoor om te kyk of sy nog daar is en sien aan die lig wat skuins in die gang inval dat sy nog werk. Toe ek om die kosyn loer, sien ek weer die vinnige asemhaling en ligte blos. Nou begin ek wonder. Ek stap binne en sien sy het haar skoene uitgeskop en haar baadjie uitgetrek. “Kry jy warm?”

Hierdie keer is dit haar beurt om te skrik, en ek verbeel my ek sien weer so ’n teken van tepels wat opspring. Sy bloos bloedrooi en lyk erg ongemaklik. Ek wil haar siel ’n bietjie uittrek en maak my gemaklik op haar lessenaar se hoek. “Waarmee is jy besig wat jou so laat bloos? Kook jy die besigheid se boeke?”

“Nee, dis nie eintlik amptelike werk nie. Dis ’n ding wat ek nog altyd wou doen, maar by die huis is daar nie eintlik geleentheid nie, en bedags kry ek ook nie eintlik kans nie!”

My nuuskierigheid is nou buite beheer. “Nou ma’ uit daarmee!”

Sy bloos nog ’n skakering rooier. “Ek probeer skryf.”

Ek staan op en probeer oor haar skouer loer. “Laat ek sien?”

Sy keer vinnig. “Nee, nee, dis nie goed genoeg nie!”

Ek druk haar hand waarmee sy keer, uit die pad uit en sy weet haar poging is futiel. My oog vang een sin: “Sy hand gly voor by haar bloes, onder haar bra in …”

Santie sit magteloos terug in haar stoel. “As julle wil, sal ek bedank. Ek probeer al lank ’n hygroman skryf en ek moet bieg: ek doen dit op die firma se rekenaar en soms in die firma se tyd.”

Ek loop agter om haar stoel en vat haar aan haar skouers. “Moenie laf wees nie! Dis nie so erg nie!” My hand gly voor by haar bloes onder haar bra in. Sy kreun effens en lê met haar kop terug teen my ereksie. Ek voel die mooi, ferm borste en die tepel wat teen my hand beur. Sy druk sterker terug met haar kop, en haar asem jaag weer terwyl sy haar bloes oopknoop. Die bra maak voor los en die volronde borste met tepels soos hardebolkeile slaan my asem skoon weg. Ek tol die stoel om en op my knieë sak ek tussen haar oopgesperde bene in. My hande knie haar borste en my lippe en tong maak beurte om haar mond en borste te stimuleer. Intussen het sy van haar bloes en bra ontslae geraak en sit sy regop om die ferm mammillas trots te vertoon. Ek moet uit my klere uit en terwyl ek koorsagtig spook, trek sy tartend haar wit langbroek en turkoois kant-g-string uit. Toe ek, eindelik bevry, met ’n trotse ereksie oor haar staan, leun sy ver terug in haarstoel en speel met die een hand met haar poesie en met die ander met een van die hardebolkeile. Met ’n kreet is ek op haar, in haar! Haar sagte nat warmte voer my mee …

Ons derde boek is nou net persklaar.