Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

Angsaanval


Joan Hambidge - 2011-05-24

Angsaanval
’n soort ghazal 

Žižek meen pyn het geen woorde nie
en angs is die enigste ware emosie.   

Alles is aangeleer: liefde, jaloesie
begeerte, die hele santekraam.  

Žižek meen pyn het geen woorde nie
en angs is die enigste ware emosie.   

In ’n droom strek jy jouself oor my rug
so helder, so dwingend soos ’n doodsberig.   

Žižek meen pyn het geen woorde nie
en angs is die enigste ware emosie.   

’n Beoogde ghazal oor ons affaire
’n Persiese reis beplan, maar uitgestel.