Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfraad

Martina Klopper gee raad aan voornemende digters


Martina Klopper - 2011-05-24

Martina Klopper se raad aan voornemende digters

  • Kry ’n mentor, iemand wat jy kan respekteer en vertrou en vice versa. Alle groot musikante en skilders het mentors gehad en baie daarby gebaat.

  • Lees Groot verseboek ’n paar keer; jy moet die tradisie waarin jy dig, goed ken. Dis een van die belangrikste lesse wat ek geleer het.

  • ’n Gedig gebeur nie vanself nie – sit op jou gat en oefen en skryf en oefen en skryf. En hou al die weergawes van jou werk. Gaan dit gereeld na, sodat jy jou skryfproses kan leer ken en verstaan. Ek kon al heelwat van my eie kortpaaie, asook struikelblokke, in die kreatiewe proses so identifiseer.

  • Wees eerlik, nie noodwendig feitelik nie, maar emosioneel, en moet veral nie onderwerpe aanraak wat onbekend is aan jou nie.

Martina Klopper beveel die werk van die volgende digters aan:

  • Anne Sexton vir haar hantering van die grensoorskrydende onderwerp.

  • DJ Opperman vir vormbeheer.

  • Johann de Lange is tegnies uitstekend en ek vind baie aanklank by sy tematiese inhoud.

Lees meer oor Martina op LitNet: