Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

West Side Story, mentors en die Lotto


Albert Maritz - 2011-05-24

A school should not be a preparation for life. A school should be life … – Elbert Hubbard

West Side Story is pas deur De Kuilen-hoërskool se kinders opgevoer. Die name wat betrokke was, kan jy maar neerpen, en dophou. Daar was twee regisseurs, Tanya van Rensburg en Johan Grobler. Johan was ook die musiekregisseur en dirigent. En hoede af vir die skoolhoof, Herman Mellet. Om so iets aan te pak, is vir ’n skool riskant. En hulle is met vlieënde vaandels daardeur.

En etlike elemente in die produksie was van baie hoë standaard. Die waarde van die werk – bloedsweet vir die betrokkenes – is elke druppel bloed werd. Sonder om eens aan die kwaliteit te dink, is die blootstelling jare se selfvertroue en ervaring werd vir die leerders. As die kwaliteit boonop so hoog is, soos dié van hierdie produksie, is dit ’n bonus. Benewens die onmiskenbare talent van die leerders op die verhoog, was die uitvoering van die musiek suiwer en van professionele gehalte. Spesifiek die een danssekwens, met net die meisies in, was eweneens van professionele standaard. Die totale ervaring was ’n “memorabele” een. Die ontvangs wat mens geniet het, die funksie vooraf … elke bietjie was keurig en met omgee uitgevoer.

Om een of ander rede bring dit my by mentors …

As ons almal mentors kon hê wat – buiten ons ouers – ons van raad kon bedien, sommer kleintyd al!

Maar wat as jy ’n mentor het met ’n skrikwekkende temperament … ?

Sjoe, almal is anders, en as mens mooi kyk, wil dit moontlik lyk asof daar vir alle soorte plek is, selfs in harmonie.

Maar daar is een antwoord – en dis …

Ons heil lê binne onsself. Dis nie te sê jy sal jou eie heil kan bewerkstellig om ryk te wees, of om ’n mooi meisie te hê, of om jou eie six-pack-spiere op jou maag te hê nie. Selfs nie eens om bloot gesond te wees nie. Nee, ek glo nogal mens word ’n kaart gedeel wat joune is. Dat mens die kaart wat jou gedeel word, moet aanvaar, en die beste daarvan maak, staan soos ’n paal bo water. En om die beste daarvan te maak, sluit filosofies genoeg nie “aanvaar” uit nie.

Maar hoe gemaak as mens nie mentors het om jou deur die moeilikste prosesse te help nie?!

Daar is definitief mense wat ander sal te na kom omdat hulle nie van hulle hou nie.
Maar dis nie te sê mens moet die hele tyd met ’n vervolgingswaan loop nie!

Jy sal ook definitief iewers misluk. Onthou dan net dat baie mense iets wat skeefloop, sien as ’n uitdaging, ’n leerproses, ’n geleentheid!

Maar ja – dinge is nie altyd maklik hanteerbaar nie.

Sommige mense is gelukkig om ’n sê te kan hê oor wie hulle mee assosieer. Ander moet net groter wees as die venynige naaste. Groter in die hart, dat jy kan vergewe, niks energie op haat en retribusie mors nie, en in vrede leef.

Alhoewel, Louis de Villiers se Rapport-skrywe oor die Slag van Tucuman in Argentinië lees so lekker want mens assosieer so lekker. Daar was baie praat oor hoe die Argentyne die Bokke gaan dik tik. Toe neem die Bokke die baklei na hulle toe, en wen die baklei en die wedstryd.

Aijaijai – slegte mentorskap, maar weet jy – die storie lees lekker! ’n Ou wens jy is daai helde – nes in die flieks.

Maar ernstiger: slegte oordeel kom soms voor. Maar as dit aspris is, word dit ’n strafbare daad. As ek moet dink hoeveel goeie produkte al in die kultuurwêreld gesneuwel het weens slegte oordeel, hoeveel goeie mense al padgegee het weens dieselfde. ’n E-pos oor die Chris Barron-huldeblyk oor die selfmoord van Franz Dobrowsky – met moontlike redes vir sy selfmoord – herinner my hieraan.

Hoe raai jy ’n kind aan om ’n beroep te volg waarin iemand soos Jonathan Rands se afsterwe nie eens noemenswaardig genoeg is om die koerant te haal nie? Ek onthou, toe ek in die SABC gewerk het, hoe Joe Stewardson se seun Deon, te dankbaar was dat ek in ’n posisie was om iets oor sy lewe saam te stel, na sy oorlye. Anders was sy afsterwe vir ’n feit glad nie op TV gehanteer nie.

So, argelose omgaan met kunstenaars; onkunde oor die mees basiese waarde van die kultuurwêreld; gierigheid en persoonlike vendettas ...

En wat sou die rede wees dat ’n gesonde, verantwoordelike jong legende soos Peter Braaf so ’n onontginde goudmyn is. Die oorspronklike Cape Flats Players-lid.

Ag, en so kan mens aanhou.

Onverantwoordelike omgaan met die kunste is kultuurmoord. En ons klein Afrikaanse groepie is baie kwesbaar.

In en om Melkbosstrand is baie armmoedige areas waar die kinders kwalik kos het om te eet, of klere om te dra. Die ACVV help mildelik hier. Hul gryp soms selfs in en help met leerders se take. Soos Jaco Kirsten skryf: as sommige mense ophou argumenteer oor toilette, en aandag skenk aan opvoeding, is die wêreld kort voor lank ’n beter plek.

Jô, wat sou ’n West Side Story nie kon beteken vir sulke gemeenskappe nie!? Maar die mense wat die werk doen by die Lotto, kom nie eers uit by die basiese pligte wat hulle het nie, vergeet nog van iets doen wat in die gemeenskap ’n verskil maak. So af en toe kry ’n ACVV ietsie om hul vir nog ’n paar jaar stil te hou. Maar wat van progressief en effektief wees!?

Lotto is in the papers and has been on Carte Blanche because it is not doing its work. A black professor who didn’t know much about what was going on in the organisation which he heads up chatted foolishly on TV, showing how little he knows and cares. People are unwilling to speak out about the Lotto, from fear. I am more than willing to. If they need anyone to come and tell the truth.

One man who enjoyed some celebration after his recent death was Hannes Horn. He was a spectacular man who played pivotal parts in the lives of many of our stars.

Another death is that of Jaap Smit. If it sounds unfamiliar, he was married to Wilna Snyman. Jaap suffered from health problems for years, and has now passed away.

Jaap was soos ’n vader vir baie mense. As snuiter-akteur wat in Johannesburg arriveer het, was ek bevoorreg om Jaap te ontmoet. Hy was altyd net gaaf met my, selfs vaderlik. Hy het talle Randse Afrikaanse Universiteitse krieketspanne as afrigter/bestuurder vergesel – en, hoor ek, selfs vir Ben Kruger in rugby afgerig.

Ai, dis jammer ons raak so wild oor Malema. Sy teater gaan nog baie in ons guns beteken. Moenie vergeet van die ompadtegniek in sielkunde nie. Sy verwysingsveld is anders as die algemene DA-stem s’n. En mens moenie vergeet daar is ooreenkomste nie – selfs met my op daai voortvarende ouderdom. En dit maak nie altyd pelle nie. Maar gee kans. Hoe meer vroue hy op restauranttafels sien lê met soesji orals oor hulle, hoe beter sal sy houtwerk word. Dis desnieteenstaande jammer hy het nie ’n mentor in sy houtwerk-onnie gesien nie. Of iemand gehad wat hom in ’n ander rigting as houtwerk gestuur het nie. Dit lyk of hy ’n aanleg vir Formule 1 het.

En is ek nou spyt ek kon nie Broken Glass by die Fugard-teater sien nie. Nou het hulle vyf sterre by ’n Afrikaanse resensent gekry, en hulle is nie eens getoets deur ’n rowwe tegniese tongtippie-toets nie. Ek hoor egter darem die skinder van ’n paar gesiene kunstemense wat uitgeloop het en elders gaan dopsteek het toe hulle so verveel is.

Different strokes to different folks. – Sielkunde-dosent