Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

Rooikaart met Frank Opperman en teks geskryf deur Dana Snyman


2011-05-24

Untitled Document

Rooikaart
The Room | Carnival City | Die Kunste Grot
2, 10-12, 17-19, 24 Junie
Toegang:  R110 – R230


Rooikaart, geskryf deur Dana Snyman, soos net hy kan, is die storie van Wally Koekemoer. Wally, die president van ’n plattelandse rugbyklub, moet die klub se prysuitdeling op die jaarlikse dinee behartig. Maar dinge lol – bywoning is swak en die pryswenners het nie opgedaag nie. Met sy gunsteling dop as onderskraging, gaan Wally voort met die seremonie. Soos wat sy tong losser raak, word die sluier sonder seremonie gelig oor wat agter die skerms by die klub aan die gang is. Die geraamtes in Wally Koekemoer se eie kas verskyn ook een vir een. Dit wat volg, is skreeusnaaks. Wally herinner ’n mens aan iemand wat jy al iewers in jou lewe teëgekom het en raak dinge kwyt wat al te bekend klink.

Frank se vertolking van ’n man wat tot ’n val kom, is briljant. In Gys de Villiers het hy ’n uitstekende regisseur. Opperman, De Villiers en Snyman is ’n wenkombinasie. ’n Mens verlaat die teater met ’n glimlag, maar ook met ’n gevoel van deernis. “Ek glo ’n stuk moet mense vermaak – en ’n klein bietjie laat dink. Rooikaart doen dit,” sê Opperman.

Opperman glo ook daarin om teater na die mense toe te bring en daarom toer hy die land vol met Rooikaart.

Datums van optredes in Junie/Julie:
2 Junie by The Room @ Il Giardino, 44 Stanley Ave, Milpark.   R230 p/p  wat ’n tweegangmaaltyd en die vertoning insluit.  Vir meer inligting en besprekings stuur ’n e-pos aan takenotebookings@gmail.com of skakel vir Ann by 083 618 3848

10, 11, 12, 17, 18 en 19 Junie by Carnival City se Mardi Grass Teater.  Kaartjies is R110 p/p en moet deur Computicket bespreek word.
Tyd:   20:00,  Sondae-vertonings:  15:00

24 Junie – Die Kunste Grot, Thabezimbi.   R230 p/p    Om te bespreek skakel 083 744 8559

Vir verdere inligting kontak:
Ann Toerien
083 618 3848
ann@tnm.co.za