Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 24/05/2011: Herdenking van Mahler se lewe


Vega - 2011-05-23

Ek wil graag vir Johannes Comestor bedank vir sy brief oor Gustav Mahler se sterfdag. Ons was ’n paar weke gelede in Ljubljana, Sowenië en het oral in die stad plakkate gesien wat spesiale vierings en opvoerings van Mahler se werke adverteer het. Hulle vier vanaf 2010 al die 150e herdenking van sy geboortedag en hierdie jaar die 100e herdenking van sy sterfdag. Tot ons spyt het die eerste opvoerings plaasgevind nadat ons reeds vertrek het en omdat ons gedurende die nasionale vakansie dae daar was, was meeste van die museums en galerye ongelukkig gesluit. Mahler het gedurende die 1881/1882 seisoen in Ljubljana as briljante dirigent opgetree toe hy maar 21 jaar oud was.

Die foto’s is van die tuiste van die Sloweense Filharmoniese orkes.

Vega