Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 2305/2011: Wittgenstein:


Wouter - 2011-05-20

Hello

Terwyl daar gewag word vir die Comestor se Wittgenstein wat die gewone pad sal loop van alle skrywers en denkers wat die ongeluk het om Comestor se pad te kruis en reduseer word tot die ideologie van Comestor. Nog nooit is so ’n verskeidenheid van denkers reduseer tot ’n enkele persoon se blik van die werklikheid. Henn vaar ook nie sleg in daardie verband nie.

Hoe dit ook al is daar is tans ’n groot uitstalling wat aangebied word in Berlyn tot en met 13 Junie 2011 getiteld, "Ludwig Wittgenstein: Contextualizations of a Genius”. Aangebied in die Schwules Museum. Haaretz het ’n verslaggewer gestuur en kan die verslag hier gevind word.

In die verslag verwys die verslaggewer na Terry Eagleton:

The British literary scholar Terry Eagleton wrote in a 2008 piece in The Guardian that "Wittgenstein was an arresting combination of monk, mystic and mechanic. He was a high European intellectual who yearned for a Tolstoyan holiness and simplicity of life, a philosophical giant with scant respect for philosophy."

Net soos die volgende opmerking ook komplikasies bring:

This is evident from one disconcerting claim included in "Philosophical Investigations," to wit, that philosophy "leaves everything as it is."

Filosofie verander niks en laat alles net soos dit is.

Dit is goed en dalk kan Wittgenstein soos volg gelees word in bogenoemde konteks dat die erfenis, die totale werklikheid is soos dit is, en kan nie deur filosofiese redenasie verander word nie. ’n Voorbeeld is religie byvoorbeeld, daar is genoeg bewyse wat die mensgemaakte aard van religie sonder enige twyfel bevestig tog kan dit nie uitgewis word nie of verander word tot slegs ’n historiese oorblyfsels, soos met mites byvoorbeeld.

Maar dan is ek nie Wittgenstein nie.

Wouter