Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 21/05/2011: Natuurlike organiese tuin?


Hans Richardt - 2011-05-20

Ek het met gevegte teen elemente in die Karoo, oor jare lesse geleer. Die grond is goed, maar daar is ’n “suur” wat selfs vel kleur. Al wat die byt uithaal, is om kompos in grond te maak. Ek grou nou vlak slote en vul dit met papier onder, droë gras en lusern en droë mis. Maak dit weer toe. Dan plant ek vetiver-gras en suurlemoen-verbena om insekte in toom te probeer hou. Ek het ook geleer dat as ’n plant vrek, vervang ek dit nie met dieselfde nie. Bome groei baie staaadig. Dekades, eerder as jare. Die grond hou nou beter water en daar is erdwurms! Dit was 1ste maal hel om ’n staalpen met 4 pond hamer in te kap. Die pen het gebuig! Nou kan ek al plek-plek met skopgraaf spit. Dit na ’n dekade? Man kan nie aftree en dan bome plant, jy sal nooit skaduwee sien in leeftyd. Ja, toe koop ek ’n boek van Helga van der Merwe, Wild flowersof the roggeveld and tanqua. Nou is karoo nie vaal met niks. Orgideë in Karoo was ontnugtering! Skilpaddop is baie interessant. Welgedaan Helga, uitstekende boek en waarde vir geld vir my!

Hans Richardt