Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

land van die opkomende son – 11 Maart 2011


Christine Barkhuizen-Le Roux - 2011-05-17

land van die opkomende son – 11 Maart 2011

toe
kom hy
stadigaan
naderend aangeswel
’n prehistoriese amebe geopenbaar
uit seë gekolk deur oseane vure swael en sprei
sy ongevormde klomp sluk in omring verdrink braak uit
sluip land in breek deur sandkastele heinings strate teerterrasse
trap op deur vensters deure dakpanne huise en winkelhal verby menshoogte
dring in die kele af by ore uit laat lywe agter in die stroom wat slingerend styg verby
die verste skrikbeelde groei met onmeetbare sye boser verwordender vretende aan die buit
maal en verteer binne die buik bene en vleis van elke arkdier vis en homo
sapiens laat sleepspore voorspel die hel
’n armageddon in Japan
vermink die mens
se verste
dink