Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Kom help my


Sneeuwolf - 2011-05-17

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Om waarlik vry en ongebonde te wees is sielsalig. My geliefkoosde plek is die koelte van die Soetdoring hier, ’n paar treë van my kantoor af.

My kantoor, hier op die plot waar geen mens my kan pla nie. My rekenaar hier voor my op die tafeltjie. Hier loop en werk ek kaal. Net ek, nie ’n mens in sig nie. Privaat en alleen gee ek my menswees vrye teuels en kan ek ontspanne werk.

Ek beny ’n vrou met haar gladde anatomie. My balsak is lank. Ander mans het kort, kompakte balsakke. My broek waai eerste wanneer ek in die oggend hier aankom.  Met die anatomie wat gedurig in die pad is as ek wil sit, moet die broek liewer waai.

Ek kan vanoggend nie konsentreer nie. My bloeddruk is hoog, my hormone op hol. My voël bly so semistyf.

Dan is dit maar so. Ek staan op, gaan my kantoor binne en kry my spesiale bakkie room. Om ’n gladde draadtrek te maak gebruik ek room, smeer my voël se kop deeglik terwyl ek die voorvel heel terug trek.

Ek gaan terug na my stoel by die rekenaartafeltjie, sit my voete op die tafel wyd uit mekaar en lig my bal sak en voël heeltemal tussen my bene op. Die tinteling van jags wees jaag deur my gemoed, verstyf my voël onmiddellik. Ek vat my voël en trek die voorvel heeltemal terug. Met die vinger van my ander hand skep ek ’n skeppie room uit die bakkie.

My foon op die tafeltjie begin lui. Versteurd los ek my voël en tel die luiende foon op. Ek kyk op die venstertjie. Dit is Lynette.

”Haai, Lynette, jy bel vroeg?”

“Willie, ek het moeilikheid hier op my plot. Die wind het gisteraand my televisie se skottel afgewaai. Kom help my gou asseblief.”

Haar oproep sit my heeltemal af:

“OK, Lynette, ek is nou daar.”

Al die vuur ontsnap uit my liggaam. My voël verslap.

Ek skraap die room van my vinger af teen die bakkie se rand, trek my klere aan, ry en sluit die hek agter my.

Lynette wag my in. Sy is, soos gewoonlik, geklee in haar byna-niks kort denimbroekie met stywe bloes. Haar pragtige borste wil met mening die bloes se knope breek.

“Dankie Willem. Jy is al een op wie ek kan staat maak.”

Ek ken dié woorde van haar. Sy is alewig vryerig, maar ek spyker nie ’n ander man se vrou nie. Klaar. Dit is vir moeilikheid soek.

“Lynette, dit is ’n plesier. Is die leertjie op sy plek?”

“Willem, kom saam. Die gereedskap en die leertjie staan reg. Ek dink die skroewe het net by die muur uitgetrek.”

Ek volg haar. My oog vang haar heupe, die twee stywe boudjies, haar breë rug. In my verbeelding sien ek haar kaal met daardie spelende rugbiltonge.

Ek skud die duiweltjie van my skouer af.

“Lynette, die grond is sag van die reën gisteraand. Hou vas die leer asseblief.”

Ek sien dit is net die een skroef wat uit is. Met die skroewedraaier in my hand bestyg ek die leer. Ek skuif die stutpyp in posisie. Die skroef hang nog in die gaatjie. Ek draai dit terug in die gaatjie in die muur.

Skielik voel ek haar hand by my broekspyp ingaan. Ek knyp my bene teen mekaar.

“Lynette! Wat doen jy?”

“Willem, jy dra dan nie onderbroek nie; laat ek net bietjie voel, man, vir wat is jy so koud?”

Ek kyk in haar oë van bo af. Ek lees haar oë. Haar goue hare blink in die sonlig. Ek sien haar stywe borste duidelik hier van bo af. ’n Ontsettend warm tinteling gaan deur my are. My hele lyf bewe.

“Lynette. Wag dat ek klaarmaak. Los jou nonsens!” 

Ek maak seker die antenne is goed vas en klim af. Toe ek omdraai na Lynette, verstyf ek. Sy het haar bloes oopgeknoop en haar pragtige stywe borste vertoon ten volle. Die nippels staan styf, soos radioknoppe. Ek kyk in haar oë. ’n Lastige krul hang oor haar voorkop. Haar oë daag my uit.

Ek sit die skroewedraaier in die gereedskapkassie, staan reg voor haar, vat haar aan die skouers en kyk haar in die oë.

“Wanneer kom Hendrik terug?”

“Daar is moeilikheid in die DRK. Die Spesiale Magte se verlof is gekanselleer. Hy kom nie dié jaar Suid-Afrika toe nie.”

Sy vat my kop met twee hande en trek my af. Haar pragtige lippe is vogtig en uitlokkend. “Willem, dit is al twee jaar, ek kan nie uithou nie.”

Haar lippe sluit op myne. Haar tong, soet van seker ’n suiglekker, gly diep in my mond in, sy lig my T-hemp en druk haar borste styf teen my kaal bors. Haar hande gly agter my broek in. Sy omvat by boude en druk my heupe styf teen haar vas.

My hele wese word klei in haar smagtende wese. My weerstand verflou deur opgehoopte energie.

Sy loop agteruit en trek my saam. Ons lippe is gesluit op mekaar, ons tonge gekrul, om mekaar gevleg. Só vasgeknoop lei sy my die kombuis binne. Slaafs, met woeste verwarming en tinteling in my are, tel ek haar op en lê haar op die kombuistafel neer. Met waansinnige hande trek ons mekaar se broeke uit.

Ek merk ligte sweet op haar voorkop. Soeke, smag en honger in haar blou, blou oë.

My hele wese smag na haar.

Ons monde ontsluit en haar hande sluit weer om my boude. Sy skuif effe nader, haar boude is op die rand van die tafel. Haar bene is wyd oopgesper, haar hakke is om my bobene gehaak.

Sy vat my voël, skuif, skuif tussen haar koekie se lippe om die ingang mooi te kry. Ek voel die klam, sagte ingang. Haar hande sluit weer om my boude en my voël gly die gladde diepte in.

Haar stem is sag en hygend. Haar asem jaag. “Stadig Willem, ontspan, nie te vinnig nie, moenie gou kom nie.”

Ek druk my voël weg. Tot in die binneste dieptes. Stadig trek ek terug. Die kop is amper uit. Sy vat weer my voël styf vas. Haar ander hand hou my boude vas, hou my in die posisie.

Hygend, haar oë vas gesluit op myne, ’n hemelse lig in haar oë, mond oop en haar tong  strelend oor haar lippe, vryf sy my voëlkop teen haar klitoris. Heen en weer, op en af, in die rondte.

Skielik voel ek die warmte van haar kom. Die nat. Haar liggaam gee wilde rukkings, sy krul effe en ’n geweldige snak ontsnap uit haar keel.

Sy vryf my voëlkop vinniger en vinniger en hyg: “Stadig Willem, moet net nie kom nie.”

Haar volgende kom loop teen my binnebeen af. Ek kan nie meer hou nie. Met krag druk ek in. Diep in. Trek stadig uit, en toe kan ek glad nie meer hou nie, verloor al my selfbeheer. Met my hande onder haar boude in gryp ek haar vas en pomp. 

Ek voel hier kom dit. Ek vloek hardop: “Bliksem, donner!” 

My liggaam gee wilde rukkings. Haar heupe soek na meer. Ek stamp. Ek voel haar bekkenbeen. Haar hakke klem my vas. My kom laat my snik, ruk my spiere op hol.  Ek voel sy kom saam met my. Ek ervaar die rukke van haar lyf. Ek voel die groot nat. My laaste, kragtige pompe, laaste sterk kom, rukke van my liggaam, verseker my, ek skiet diep. Diep tot binne, deur haar serviks tot binne-in haar uterus.

Ek knak, val op haar neer. Ons monde sluit op mekaar in volle tevredenheid, bevrediging en vreugde.

Moeg en leeg.

Sneeuwolf