Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Rubrieke | Columns > André Crous: Nabyskoot

Master Harold and the Boys se inhoud is verouderd en vervelig


André Crous - 2011-05-17

Regisseur: Lonny Price
Kamerawerk: Lance Gewer
Rolverdeling: Freddie Highmore, Ving Rhames, Patrick Mofokeng

Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 13 Mei 2011


Ek wou my hare uit my kop uit trek. Dit mag dalk wees dat Athol Fugard se verhoogstuk ’n insiggewende blik is op sy eie kinderjare en die gemak waarmee ’n jong wit seun mag kon uitoefen oor ’n volwasse swart man, maar in 2011 is dit werklik vervelig. Ten spyte van Freddie Highmore se werk om ’n Suid-Afrikaanse aksent aan te leer, is dit onmoontlik om enige empatie vir hom te hê, aangesien hy optree soos ’n histeriese klein snip wat elke vyf minute te kere gaan omdat hy nie sy sin kry nie. Dan is daar ook die aanbieding van die stuk. Geen moeite is gedoen om die verhoog na ’n meer natuurlike konteks te transponeer nie en ons spandeer byna die hele fliek lank saam met die hoofkarakters in die coffee shop. Dit is koppe wat praat en die inhoud is lankal uit die mode. Die film gaan jou ’n pyn op jou maag gee. Vermy.