Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Lekker by die see


Roel - 2011-05-17

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Lekker by die see. Tot die dag wat dit begin reën het. Al genade was om winkels toe te gaan. Ek het van die een winkel na die ander gedrentel op soek na ’n paar kledingstukke om my warm te hou die komende winter.

In een van die klerewinkels terwyl ek in die ry staan om te betaal vang my oog die dame reg voor my. Ek skat haar so in die vyftigs, maar bliksem, goed gebou en goed versorg. Sy draai skuins en ons oë vang mekaar. Mooi oë en baie mooi fyn lippe. Sy draai haar kop weg en ek raak weer verdwaal in my gedagtes. Nie lank nie of ons beloer mekaar weer. Sy glimlag vir my so saam met die wegdraai. Sy verander van posisie soos ons nader aan die betaalpunt beweeg. ’n Baie subtiele geflirteerdery ontstaan tussen ons. Die speletjie begin al lekkerder raak soos ons nader aan die betaalpunt beweeg. Met ’n laaste oogkontak beweeg sy na die betaalpunt toe en ek word na ’n ander punt toe gewink. Ek sien haar ook nie weer toe ek uit die winkel loop nie. Ten minste het dit die gewaggery korter gemaak, dink ek terwyl na die volgende winkel loop.

Drie winkels verder terwyl ek staan en wag vir die verkoopspersoon vang iets my uit die hoek van my oog. Dit is weer sy wat my oop en bloot aanstaar. Ek staar terug na haar, maar word onderbreek deur die verkoopspersoon. Ek draai half skuins sodat ek haar kan sien terwyl ek met die verkoopspersoon praat. Sy druk haar heupe vorentoe en lek sensueel oor haar lippe. Ek is opslag jags en kry ’n pielstyf wat skrik vir niks. Gelukkig verlaat die verkoopspersoon my. Regs van my sien ek die aanpashokkies en wink vir haar in daardie rigting. Sy lag vir my en stap dan na die hokkies toe. Ek volg haar by die hokkies in, net betyds om te sien dat sy by die laaste hokkie in verdwyn.

Sy wag vir my met haar rug teen die muur. Ek trek die gordyn agter my toe en neem haar in my arms. Met rou jagsheid gryp ons mekaar en begin te soen. Binne sekondes is haar tong in my mond en ons verken mekaar se monde. Met my hande op haar boude trek ek haar lyf stywer teen my ereksie vas. Ek draai haar om en soen haar in haar nek, terwyl my hande op ’n verkenningstog oor haar liggaam gaan. Twee klipharde tepels begroet my, wat ek tussen my vingers rol en liggies knyp. Haar asem begin te jaag terwyl ek verder ondersoek. Ek vryf oor haar bobene en boude. Sy het haar broek losgemaak terwyl ek haar boude vryf. My hand glip bo by haar pantie in en sy snak saggies toe ek haar hele poesie in my hande neem en begin te brei. Ek draai haar om en terwyl ek op my knieë neergaan, trek ek haar broek en pantie af. Sy skop die klere eenkant toe en sit haar voet op die bankie. Ek laat nie op my wag nie en begin haar te lek en te suig. My tong volg ’n pad van sy eie. Eers oor haar klit, wat groot uitstaan, en dan weer so diep as moontlik in haar warm nat poesie in. Met haar een hand trek sy haar klithuid terug en trek my kop hard na haar klit toe. Ek glip eers een vinger in haar in en toe haar heupe begin beweeg, nog ’n vinger. Gedempte gille verlaat haar mond. Al suigend en lekkend op kaar klit en met my vingers binne-in haar voel ek hoe die spanning in haar opbou. Met ’n gedempte kreun kondig sy haar orgasme aan. Met ’n laaste suig aan haar klit trek ek my vingers uit haar uit.

Sy trek my broek af en ek gaan sit op die bankie. Sy neem my piel in haar mond en begin om my te suig. Ek kom amper so lekker is dit. Ek trek haar op. Sy draai om en sak stadig af op my ereksie, wat sy met haar hand in haar laat ingly. Haar rug trek krom van lekkerkry toe ek haar ten volle gepenetreer het. Sy begin my diep te ry met sirkelbewegings. Ek vryf weer haar nippels – sy het haar kop agtertoe laat lê met haar oë styf toe en haar asem al jaend. Sy neem my hand en sit my vingers op haar klit. Met my en haar vingers op haar klit vryf ons haar na haar volgende orgasme. Ek kan voel hoe haar binnespiere my ereksie knyp en los soos die golwe van lekkerkry deur haar spoel. Sy klim van my ereksie af en ek staan ook op. Sy gaan staan hande-viervoet op die bankie. Haar blink, geswelde poesie wink vir my. Stadig penetreer ek haar van agter af en begin haar te ry. Met elke terugtrek trek haar binnespiere saam om my ereksie. Die gevoel is hemels. Ek vryf met my duim oor haar anus en kan voel hoe haar spiere in harmonie saam werk onder my duim en op my ereksie. My orgasme kom nader en ek begin om haar hard te ry. My voete maak skoon vuisie van lekkerkry toe ek diep binne-in haar kom.

Vinnig het ons skoongemaak en aangetrek.

Met ’n groot glimlag en oë wat blink het sy my gesoen en is sy by die hokkie uit, voor ek nog kon vra wat haar naam is.

Ek het haar nie weer die vakansie gesien nie.

Dis lekker by die see, al reën dit!