Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 16/05/2011: Vrydag die 13de


Gary - 2011-05-13

Omdat dit Vrydag die 13de is, voel ek mens kan dalk ’n bietjie humor vir die bygelowiges gee. As jy “ horror movies” gaan ontleed, sal jy ’n paar reëls kry wat jy moet nakom om nie deur die moordenaar met die masker aangeval te word nie.

1. Moenie in jou sexy nagklere uit die huis uitgaan as daar ’n donderstorm is en die krag het uitgeskop nie. Jy soek vir moeilikheid!

2. As jy 1. nie kan vermy nie, sluit ten minste net die huis se deure, trek jou hardloopskoene en om vadersnaam ’n jas of iets wat jou buuste toemaak aan.

3. As jy nie 1 of 2 kan doen nie, vat ’n wapen of iets dergeliks saam om jouself mee te verdedig. ’n Groot, bad-ass slagtersmes of jou pa se panga sal die ding doen. As ’n reël gebruik die bad guys in horror movies nie gewere nie (vgl Texas Chain Saw Massacre, Friday the 13 th, Saw 1 – 63).

4. As jy wag vir die persoon wat besluit het om 1, 2 of 3 te ignoreer, en die persoon keer na ’n paar minute nie terug nie. Bel die polisie of Chuck Norris. As die bad guy die telefoon-drade geknip het (of Eskom en Telkom het saamgesweer om ALLE kontak met die buitewêreld onmoontlik te maak) sluit die deur, kry al die grootste wapens wat jy kan en bou vir jouself ’n fort iewers in die huis. Moet asseblief tog nie ook uitgaan nie.

5. Moenie jou vriende oornooi wat te veel gym maar sukkel om self hulle skoene vas te maak nie. Dis daai kombinasie van domgeit en bravade wat die bad guys van flieks lok. As jy hulle wel oornooi, maak seker hulle skep ’n diversion vir jou om weg te kom.

6. Maak seker jou kar werk en daar is genoeg petrol in die tenk. As dit moontlik is, maak seker jy het ’n Toyota (dit is bewys dat hulle minder sukkel om aan te sluit as ander voertuie).

7. Moenie gaan kamp in ’n area waar jy nog nie voorheen deur die dag was nie. As jy wel besluit om dit te doen, gaan gerus deur die dag om jou kamp op te slaan. As jy iets sien wat jou laat dink dit kan dalk ’n bad guy wees (iemand wat toevallig agter ’n boom wegkruip met ’n lang swart jas en skerp voorwerp is gewoonlik ’n dead giveaway), moenie steeds daar probeer bly nie. Kry jou hele geselskap bymekaar en maak jouself uit die voete.

Dis dit van my kant af. Probeer om hierdie wenke te volg as jy Vrydag die 13de wil oorleef.

* Dit is ’n grappie. Moet my asseblief nie ernstig opneem nie. Dis net van toepassing as jy in ’n wêreld bly waar flieks waar is en almal se telefoon nommer begin met 555.

Gary