Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 15/05/2011: sjamaan


Jacobus Faasen - 2011-05-13

teen helling draai Mens, voor Mens grot ingaan,

Eerste Mens se laaste vesting, kasteel, skuilte,

prehistories inrigting, sjamaan-ateljee, studio,

figure teen rotswand, op mees geskikte plek,

begin Eerste Mens eerste keer eerste lyne trek,

sinvol vorm gee aan droomsimbool, geskiedenis,

soos dit voor Mens afflits, in lig van fakkelvuur,

soos Mens dit agterlaat, kort voor sterwensuur

 

Eerste Mens, sjamaan, banneling uit Paradys,

soos /Xam, Afrika-taal, progressief weer herrys,

“Boesman”-bordjies verhang, diorama herrangskik,

vryheidslied weer sing, in Vryheidspark-binnekring

 

noulat “Bossiesman” as oneties, illegitiem,

as anti-NDR, rassisties, seksisties, onmenslik,

verklaar is, Eerste Mens weer menswaardig, Mens,

voorouers ook, herstel tot Homo Sapiens Sapiens,

vlees en gees, soos dit sedert Eeu 17 moes wees

 

besef Mens: hoe belangrik Khoisansjamaan,

inter-trans-aktivis, medium, bemiddelaar,

droomuitlêer, reënmaker, bewaringsaktivis,

vir elke Eerste Mens, Sapiens Sapiens, is,

vir oorlewing van ’n eeu-oue samelewing,

vir aanpak van pad na Gewete-herwinning,

geregtigheid, naasteliefde, égt’ versoening

 

Jacobus Faasen